|
|
|
>> laai die
dokument af
in Word-formaat Daar is baie negatiewe persepsies en opvattings oor die leer van die uitverkiesing wat dit 'n onderwerp maak waaroor baie min geestelike leiers lering wil gee, bv:
1. Wat beteken die uitverkiesing? Die Woord bied nie aan ons 'n uitgewerkte sisteem rondom die uitverkiesing nie. Ons moet weet dat die uitverkiesing bokant ons verstaanshorison is. Ons kan net vanuit die Woord leer wat God oor Sy raadsplan openbaar in Christus. Ons mag nie meer as die Woord sê nie en moet altyd alles binne verband en konteks verklaar. a. Vanaf Abraham verkies/kies God Israel as volk uit om Sy Wil of verlossingsplan te help realiseer. Gen.12:1-3; 18:17-19; Deutr.7:6-8; Jes.41:8-10 b. God kies ook sekere mense vir ‘n spesifieke amp of funksie. Num.17:5; 1 Sam.10:24; 16:11-13; Jes.42:1vv; Luk.9:35; Joh.15:16; Hand.9:15. c. Sekere gedeeltes impliseer ‘n duidelike uitverkiesing deur God tov redding. Die gedagte aan 'n ewige besluit rondom verlossing, veroorsaak gewoonlik spanning. Rom.9-11; Ef.1:3-6; 2 Tim.1:9-10. Die uitverkiesing kan, net soos die evangelie, net vanuit geloof werklik aanvaar word. Deutr.29:29; 1 Kor.2:1-16. Ons moet dit egter op gesag van God aanvaar. Kernaspekte waarna ons gaan kyk, is: Wie is die God wat uitverkies? Wat is die rol van Jesus Christus in die uitverkiesing? Wat is die effek van die sondeval op die vrye wil van die mens? Kan ek regtig seker wees? Wat is die verband tussen die uitverkiesing en getuienis teenoor ongelowiges? Wat is die positiewe doel van die uitverkiesing? 2. Wie is die God wat uitverkies?
3. Wat is die rol van Jesus Christus in die uitverkiesing?
DIE LEER VAN DIE UITVERKIESING - DEEL 2 4. Die effek van die sondeval op die vrye wil van die mens. a. As God Almagtig is, waarom het Hy nie die sondeval verhoed nie?
b. Die 'vrye wil'van die mens. Die meeste godsdienste gee aan die mens 'n belangrike en beslissende aandeel in sy eie verlossing. "Jy kry in hierdie lewe niks verniet nie." Prestasie, "performance" en godsdienstige aktiwiteite speel ook tans 'n belangrike rol in die kerk. Die mens se pogings tot selfredding is egter soos die mite van Sisuphos in die Griekse mitologie. Hy moes telkens 'n groot rots na die top van 'n berg rol, sonder sukses. Die vrye wil van die mens speel 'n deurslaggewende rol in die verstaan van die mens se aandeel in sy redding. Daar is basies twee beskouings oor die vrye wil van die mens na die sondeval: dié wat handhaaf dat die mens ‘n vrye wil het om te kan kies vir die goeie (vir God) en dié wat leer dat die mens onder geen omstandighede self kan kies nie omdat die wil van die mens totaal verdorwe is. Rom.3:11 Pelagius, die Remonstrante en die Arminiane was voorstanders dat daar genoeg vryheid in die wil van die mens oorgebly het om te kan kies vir die goeie. Hulle interpreteer dan die uitverkiesing as blote voorkennis van God oor wie reg en verkeerd sou kies. Die voorstanders dat die mens totaal gebind is in sy wil deur die sondeval, is hoofsaaklik toeloë uit die Gereformeerde kring soos Augustinus, Luther, Calvyn en andere. Hulle leer op grond van die Woord dat die totale redding van die mens God se werking is, omdat die mens se verstand en wil heeltemal verdorwe is na die sondeval. Rom.5:12; Ef.2:3. Die uitverkiesing is dus die oorsaak van geloof en gehoorsaamheid in mense. Vryspraak kom dus deur geloof, uit genade. Ons word NET UIT GENADE gered. Rom.4:1-5; Gal.2:19-21. Die uitverkiesing beteken dat God vooruit guns deel met iemand. God alleen is verantwoordelik vir die redding van mense. Joh.6:37,44; Rom.9:13,16; Ef.2:8; 2 Tim.1:9. Die Heilige Gees is intens betrokke by die vesting van geloof in ons. Daarom kan ons geloof vasstaan in die persoon van God Drie-Enig. God self hou ons geloof instand. Joh.6:37-39; Fil.1:6. Die uitverkiesing trek egter nie 'n streep deur ons verantwoordelikheid nie. God red ons en roep ons tot 'n nuwe lewe van gehoorsaamheid. Fil.2:12-13; Tit.1:12-14. Ons moet bly dien in die wêreld met ons hele lewe. Ef.1:4; 2 Tim.1:9; 1 Petr.2:9. 5. Kan ek dan regtig seker wees?
Ons kan dus altyd seker wees van ons verlossing in Jesus Christus. 6. Die uitverkiesing en ons getuienis aan die wêreld / ongelowiges. Die laaste opdrag van Jesus bly altyd om die evangelie aan die hele wêreld te verkondig. VB Mat.28:19-20; Mrk.16:15-16. Christus se Versoening deur die kruis en die opstanding is voldoende vir alle mense. Joh.3:16; 2 Petr.3:9; 1 Joh.2:2. Net dié wat glo word egter gered, nie alle mense nie. Ons verstaan dit beter deur te besef dat ongeloof die mens se keuse of skuld is. God werk nie ongeloof in mense nie. Jak.1:13. God is ook nie die oorsaak van sonde nie. 1 Joh.1:5-7. Uitverkiesing veroorsaak dus nie ongeloof nie, ongeloof word gewerk deur ongehoorsaamheid. 1 Sam.15:22; Mat.23:37; Hebr.4:2. Die eindoordeel gebeur dus op grond van wat ons elkeen met die evangelie doen. Mat.25:34-40. Die uitverkiesing van Isak bo Ismael en van Jakob bo Esau gaan nie oor persoonlike heil nie, maar oor wie draers van God se openbaring sal wees. Persoonlik dien Ismael en Esau God nie, daarom verwerp God hulle. Mal.1:2-5. Israel word verwerp vlgs Rom.9:14-32 omdat hulle nie geregtigheid najaag uit geloof nie. Israel fokus net op werke om hulle saak met God reg te stel. God kies nie willekeurig nie, maar in en deur Jesus. As jy die weg deur Christus verlaat, kan jy nie bly reken op God se barmhartigheid nie. God wil altyd Sy belofte vervul aan dié wat glo. Rom.4:16. Jesus is die JA op alGod se beloftes. 2 Kor.1:20. Ons het God dus lief omdat Hy ons eerste liefgehad het. 1 Joh.4:19. Die uitnodiging in Mat.11:28 bly van krag. Ons moet bly getuig want die evangelie het 'n roepingskarakter. Mat.7:7-8; Rom.10:9-13. As jy antwoord in geloof, is jou naam in die boek van die lewe. Joh.10:28-30. Dié roepingskarakter stel elkeen wat hoor voor 'n keuse, die beslissingskarakter van die evangelie. Joh.3:18; Open.20:11-15. 7. Die positiewe uitkoms van die uitverkiesing.
|