Vader van Kersfees
 (~ Phlip Gibson)


In die winkel op ‘n troon
Reg langs ‘n reuse Kersfeesboom
Vet in sy rooi jas en baard so wit
Bring kinders hul wense as hul op sy skoot kom sit 

Een nag ‘n jaar, so lui die storie,
Deurkruis hy die aarde in sy oomblik van glorie
Hy glip deur die skoorsteen met rendier wat wag
Waar kindertjies soet was en slaap daardie nag

Maar ek ken die ware Vader van Kersfees
Wat elke dag by Sy kinders wil wees
Sien die Vader van Kersfees gee altyd Sy beste
Nooit halwes en nooit reste

In die begin woes en leeg
Toe net Sy Gees oor die water sweef
Skep Hy aard’ en hemel, lug so blou
Die hele heelal net vir jou

In ‘n nag vol wonders soveel eeue terug
Volg wyses ‘n ster wat verskyn in die lug
En herders hoor eng’le in die velde sing
Sy geboorte ‘n geskenk wat later verlossing bring

Met Paasfees herdenk ons die geskenk van lewe
Toe Hy Sy lewe gee om ons te vergewe
Het Hy vir eens en altyd vir ons gewys
Die graf het nie krag oor Sy kruis 

Op Pinksterdag ontvang ons die Helige Gees
Sodat ons nooit weer sonder God sal wees
Om ons reg te lei en inspireer
Sodat ons lewe ook nou Sy naam sal eer 

Nog is Hy nie klaar gegee!
Elke dag vul sy genade ons weë
En as Jesus op die wolke terug kom
Wag ‘n lewe van heerlikheid saam met Hom 

Ek wonder soms leer ons die kinders nog bid
En dat die Vader van Kersfees nie in ‘n winkel sit
Vertel ons hul van hierdie geskenke nêrens onder ‘n boom
En hoe graag Hy in hul harte wil woon

 

Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die webruimte (www.heuning.co.za)