FOTO's VAN NOG KAMPE VIR GESTREMDES >>



Klik op die groepfoto om dit in volgrootte te sien

Ons is weereens sprakeloos oor die wonderlike voorreg wat ons die naweek van 18-19 September kon beleef op die kamp vir gestremdes. Dit was die vierde Rippel kamp van hierdie soort, waar 'n gewillige span van 10 mense 15 gestremdes met hulle 6 helpers bedien het. Ons het heerlik gekuier, gespeel en baie pret gehad in die vars bosveldlug by Deo Volente Bush Adventures; vriendskappe is gesmee, trane het gevloei, en die Here is met oop arms en liefdevolle harte gedien. Ons deel graag een van die kampers se opsomming van die kamp:
 

Hier is ek! (kamp vir gestremdes 18 – 19 September 2010) 

Ek was een van die BAIE bevoorregtes om die kamp vir gestremdes by te woon, ons het BAIE ge-eet, ge-speel en van onsself geleer!

Hier is net ‘n paar punte wat aangeraak is:

* Die Here het ons elkeen uniek gemaak en ons is BAIE WAARDEVOL vir Hom is (al het die węreld ons somtyds vertrap en weggegooi) – Hy het ons elkeen by die naam geroep en ons is Syne…
* Ons almal het besluit om Jesus se hande en voete op aarde te wees – as die Here jou roep om iets te doen vir Hom SAL HY BY JOU WEES!
* Om naby die Here te wees moet jy stil kan word – eers as jy stil word kan jy God se stem hoor .
* Jy MOET  ‘n medemens wees vir elkeen waarmee jy te doen het. 
* Enige mens kan sonder Jesus leef maar NIEMAND kan (of wil) sonder Hom sterf nie.  

BAIE dankie vir al die mense wat die kamp vir ons moontlik gemaak het! Die meeste van ons het ‘stukkend’ Saterdag oggend daar aangekom (party liggaamlik en ander geestelik) maar Sondag middag is ons ‘heel’ die węreld ingestuur met die wete dat die Here by ons is en bly is oor elkeen van ons! (Madeleine Myburgh)

Hier is ek: kosbaar, uniek & spesiaal

Aidan & Lindie Barend & Werner Christo & Hester

Madelein & Diana Sheri-Lee, Amorie, Tony & Stephanie Marencha & Wilna

Samantha & Louise Rina, Ria & Susan Francina & Maureen
Ian & Marietjie Noddy, Cornelius & Elsabé Linda & Johan
Marietjie & Dennis Susaar & Jan Willem & Wilna

Vriendskappe word gesmee ... al singende, moe-ende, blaffende, kekkelende.....

Span aan die werk

Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne

Ek sal ontvanklik wees vir elke gebed hiervandaan (2 Kron 7:15)

Gesigverf

Vlaggies verf

Spangees

Blou span skree "Blou Blits" .... was al daardie woorde toelaatbaar....?

Geel "CHOMP" span se geel vuvuzella het die ding gedoen!

Oranje (FIRE BALL) span praat mekaar moed in, terwyl die groen Shrekkies toekyk

Speel

Konsert

Nagmaal

 

Is hulle nie mooi nie?

Terugvoer by Rippel