MANNEKAMPE
 


KAMP 7: 7-9 September 2012

Rol af om na foto's te kyk >>

Hierdie kamp was vir myself regtig iets besonders. Ons was bekommerd dat die groepie-ding nie lekker gaan werk nie omdat die mense dalk nie sal saampraat nie, maar die Here het ons verstom! Wat 'n belewenis was dit nie! Van die intrapslag was daar konneksie tussen almal en het die ouens soos ou kennisse gekuier en hulle verhale gedeel.
Daar was vir my wonderlike hoogtepunte, wat natuurlik die pret en speel insluit, nie eers te praat van die kos nie!
Maar, Saterdagaand het die fliek my geboul, al het ek dit voorheen gesien. Kan iemand dalk iets ontwerp wat 'n traan afvee sonder dat jy jou hand hoef op te lig?
Die ondertekeing van die "onderneming" was die cherry op die koek. Elkeen wat geteken het was ernstig daaroor en het gevoel dis nodig om bietjie rigting te verander. Ek het erns gemaak met my besluit en gaan poog om dit na te kom! Dit sal ook eersdaags op die muur pryk.
Dankie vir almal wat daar was wat op 'n besondere manier in my lewe ingebou het. ~ Willem Botha
Willem Botha.


Dit was een van die mees anders maar tog uitstekende “kerk kamp” in 'n lang tyd wat ek bygewoon het! Dit het al my verwagtinge oortref in die oortreffende trap. Die teken-seremonie van ons “kontrak” met onsself het my op 'n geestelike vlak getref en geraak dat dit my heeltemal onkant betrap het! Belaai met emosie het dit my weer eens laat besef dat alle oupa’s , pa’s en seuns tog 'n diep gewortelde begeerte het om tog maar as die beste oupa , pa en seun te wil wees ten spyte van al die tekortkominge in ons huidige lewens! Daar was nie een persoon wat uit daai Kerkie gestap het wat nie vervul was met nuwe krag , moed en hoop en 'n begeerte om, wat dit ook al gaan kos, 'n verskil in hulle huishouding te gaan maak nie! Hierdie instelling mag maar 'n vaste punt op die agenda vir alle Rippel kampe wees! Die “ou” manne kan kom getuig en ook die nuwe manne bemoedig om ook die stap te neem en teken! My “kontrak” hang klaar in die gang by die voordeur vir enige persoon wat my huis binne kom om te lees! Aan almal wat deel is vir al die reëlings vir die Rippel kamp sê ek baie dankie, dit was 'n Geesvervulde ervaring gewees!  ~ Piet Malan

Ek wil net vir julle seën en sê baie dankie vir die seën wat ons as manne en vaders op hierdie kamp ontvang het. Dit was reeds my 5de kamp en ek het, soos gewoonlik, met 'n groot vewagting by die kamp opgedaag. Die kamp het egter my widste drome oortref en ek kan net saam met elkeen wat die kamp meegemaak, het die Here loof en prys vir Sy genade en krag wat hy vir ons elkeen kom gee het. Ek is een van die ouens wat maar min praat op so 'n kamp, maar die Here het my voor die kamp so deur sy Heilige Gees kom lei dat ek ook die vrymoedigheid kon neem om my getuienis in ons groepie te kon deel. Dankie vir elkeen se pa-storie en dat ek kon deel dat nie net my pa nie, maar ook my oupa 'n wonderlike pa-storie in my lewe ingebou het. Ek het baie keer gefaal in my pa-storie, maar na hierdie naweek wil ek met die Here se krag en Sy bystand met my onderneming wat ek geneem het, my pa-storie vir my vrou en kinders ten volle begin uitleef. Ek kan net weereens die Here loof en prys vir hierdie wonderlike kamp en sien regtig uit na volgende jaar s'n, as die Here wil, om dit saam met my seun te kan bywoon.
Groete en seën op julle en Rippel se werk. ~ Nico Venter

Wat 'n wonderlike ondervinding was die mannekamp naweek van 7-9/9/2012 nie gewees nie. Daar in die stilte van die Bosveld het ek weereens, opnuut die grootheid van God besef en sy alomteenwoordigheid beleef. Dit het my weereens laat besef dat God my ook dra wanneer ek van die pad afdwaal. Om ook weereens jou lewe in God se hande te plaas, het my laat besef dat al my sondes reeds vergewe is en dat ek dit nie in ongeloof hoef saam te dra nie. Alle eer aan my Hemelse Vader vir die geleendheid om weereens my geloof in Hom te kon versterk. ~ Francois Malherbe.

Ek wil getuig dat die kamp awesome was. Dit was my 4de kamp en elkeen was baie sielsverrykend en padkos vir my Christenskap. Met hierdie kamp het ek weer besef dat ek nie 'n goeie man en pa was nie. Dankie ook aan my groep boeta's; hulle het ook my oë oop gemaak en hulle het my ondersteun. Die ooreenkoms wat ek geteken het gaan 'n groot uitdaging wees. Met God en die Heilig Gees aan my sy en in my sal ek dit kan doen.
Dankie dat ek met vrymoedigheid kon praat oor sensitiewe onderwerpe wat ek gehad, dat ek daar 'n groot broederskap kon ervaar het en dat ek nie alles hoef op te krop nie. ~ Bertus Joubert

Ek het die voorreg gehad om bykans al die Rippel Mannekampe by te woon en elkeen was baie besonders. Hierdie naweek se kamp was egter "anders" met die nuwe formaat en dit was besonders en baie geslaagd. Dit was mooi om te sien hoeveel nuwe gesigte daar was en dat die manne so gou gemaklik gevoel het en spontaan ingeskakel het. Die "tema" was `n treffer en so nodig vir vandag se tyd want daar is duisende gesinne wat uitmekaar val omdat Christus nie die belangrikste is nie en ons Pa`s nie meer weet hoe om hulle Vaderskap reg uit te leef nie. Die mooi was hoe manne hulle ervarings en probleme openbaar het en daar soveel raad en advies gegee is. Hierdie is vir ons mans baie sensitiewe sake en min het die vrymoedigheid om dit met familie of vriend te bespreek. Die gevolg is dat ons dit saamdra en onsself en ons gesinne daarmee vernietig. Vandag se "PA" het `n uiters belangrike taak om gesinne op te bou en die toerusting wat ons die naweek gekry het kan beslis die "weg" wees om in ons doel te slaag. Die "Ooreenkoms" wat ons aangegaan het gaan `n groot uitdaging wees maar as ons totaal op GOD vertrou SAL ons die "Ooreenkoms" kan laat realiseer en gaan daar opregte vreugde in baie gesinne wees. Dan moet die "Speeltyd" ook genoem word. Dit was `n ontlading en die manne het dit onsettend geniet. Sien julle volgende jaar !!! ~ Adriaan Spies

Kuier en vriende maak:

Praatjies

Stilword in die veld

 

Maak gereed om te speel:

Pret ....

 

Ernstige oomblikke:

 

Nagmaal: