KAMP 8 : 16-18 AUGUSTUS 2013

Rol af om na foto's te kyk >>
 

Ek wil net graag deel oor my ervaring oor die mannekamp by Kwaggasrus: 

Die kamp van die naweek 16-18 Augustus was weereens vir my ’n groot sukses en eye opener. Hierdie was my 6de kamp en elke keer leer ek meer van God en myself. Vir elkeen wat gaan is dit ’n afsonderlike ervaring. Of dit is om nader aan God te beweeg, of om net jouself te vind of om na die verskillende praatjies te luister, bly dit ‘n ervaring wat nie misgeloop kan word nie. Die kamp en die plek Kwaggasrus voel soos ’n 2de tuiste. Die kos wat fantasties is, die gereelde gesigte wat elke keer terugkeer na die kamp, en nuwelinge wat mee kennis gemaak word maak dit ook ‘n baie lekker naweek. 

Ek veral geniet die pragtige natuur met al die verskillende diere. Die stilte om daar in die bos te gaan sit en tyd saam met God te spandeer is amazing en ek het nie woorde om dit te beskryf nie. As mens dit maar net elke dag kon beleef. 

Ek wil dankie se vir my vrou wat die kamp vir my moontlik gemaak het. Ek het weer ’n closer verhouding met God en die kamp het weereens vir my gewys en geleer dat ek die Koning van die huis moet wees en die leiding moet neem en in die regte gees moet wees.. Ek hoop om weer op die volgende kamp te wees, hopelik in die somer. Dankie vir almal wat dit lekker maak op die kamp en vir almal wat die kamp aanbied en die praatjies lewer.  

Groete 
Darius


Soos gewoonlik het ek baie geleer hierdie naweek op die mannekamp van God. Dit was nou my sesde Rippel mannekamp, elke keer as ek na die kamp toe gaan leer ek baie en vind baie pitkos. Onder andere  hoe ’n man moet leef in Geloof, en hoe om sterk te staan in hierdie gebroke wêreld van ons. Dis lekker om ook te sien dat so baie mans bymekaar kom en hul harte oopmaak en hoor wat hulle ook al deurgemaak het. En ek het al my ou boetas gesien en nuwes ook gemaak.

Ek sien elke keer uit na die kamp en kan  nie wag vir die volgende kamp nie. Ek hoop ons Liewe Vader sal help sorg dat hierdie kampe sal aan gaan om ons manne net nog en nog te voed is sy Woord. Dis elkekeer bo my verwagtinge. Elkekeer voel  ek of ek nader aan my God kom. 

Wil net vir die span mense wat dit reël baie dankie sê vir die naweek. Ek het soos gewoonlik baie geleer en voel weer soos ’n ware man van God.

Bertus Joubert


Dit was  vir my weer 'n groot  voorreg en eer om die Mannekamp by te woon. Elke kamp oortref my  verwagtinge. Die kamp is vir my voeding en inspirasie vir my gees en so relevant tot ons daaglikse lewe en elke man  behoort hierdie kamp by te woon. Maar dan is daar ook die  vriendskappe wat gesluit word lekker gesels en harte oopmaak. Kwaggasrus is by verre die beste Kampterrein. Ek is ongelooflik baie toegerus met ewigheids waardes en kennis van ons Groot God en is so geïnspireerd. Ek voel nou weer om my toekoms met moed aan te durf. Lank lewe die Heuning Mannekamp en alles moet gedoen word om hierdie onmisbare kamp te laat plaasvind maar ook te groei.

Groete in Christus.
Adriaan Spies.


Sjoe wat kan ek sê , dit was soos altyd weer ’n kamp wat my grense van denke oop geskeur het en my met baie meer vrae gelos het as wat ek gehad het toe ek daar aangekom het , maar ook het dit ’n verligting en tevredenheid oor my gebring wat weer in my  moed , durf en aanhou laat vrug  gee het! Tog voel dit vir my of ek heeltemal te vroeg van die tafel af op gestaan het en nie genoeg “geëet “ het nie! Daar’s so ’n hol kol op my maag en ’n honger vir al vir van die onderwerpe wat op bespreking was! “Wie is GOD en wat weet ons van ons GOD……of nie!” Verleë moet ek sê ek ken nie my GOD nie - daar’s so baie wat ek nie weet nie! Ek het regtig gedink ek ken HOM! Die “of nie ken nie” het my geboul  onderste bo! Die kamp het deure laat oopgaan om te gaan verken en te soek wat weer nuwe  betekenis  aan Bybelstudie gee! Man ek is so opgewonde! 

Daar is geen ander manier om konings ,priesters en profete  weer doel en leeue moed te gee in die gejaagde onregverdige lewe  nie, manne saam, in die bos,  een doel en visie….. God drie-enig! (als in my moeder taal nogal!!) Die sprekers was regtig van baie hoë gehalte en het hulle “maanhare “ regtig vol gestaan!...... en ander goeters ook!

Willem en span, ons kan onder geen omstandig hede die “rippel” kamp (of wat ons dit ook al noem Heuning kamp, miskien FM …)  tot ’n einde laat kom nie. Daar is so baie, baie goeie dinge wat uitvloei uit die kampe dat ek in my hart weet dat dit God se seën het! Daar is so baie manne wat “Leeue Moed”  nodig het om net te oorleef van dag na dag. En ek praat nie net van geld nie. Daarom die sukses van die kamp was ook  dat ons kon praat oor hoe onder druk die man van vandag  is by die huis (geld, verhoudings, werkloosheid, nie meer die broodwinner…ens) en dat daar vir die manne weer moed gegee is om Sondag aand te kan huis toe gaan! Die netwerk vir ondersteuning het ook baie groter geword maar ek sidder om te dink dat daar so baie manne NIE daar was wat dit nie kon bekostig het nie en ook nie van die kamp geweet het nie en wat so ’n  kamp vir  hulle kon beteken! Hoe wonderlik sal dit nie wees as ons die hele Kwaggasrus kon uitboek vir n naweek propvol manne van heide en ver en hulle aanry met busse nie - oom Angus styl!

Dis my gebede en harts begeerte vir die “kamp”. Ek persoonlik sal armer wees sonder die mannekamp! Dankie weereens vir die leierskap hier in, en aan die vriende by Kwaggasrus: dankie vir julle gasvryheid en die kos!

Jesus liefde
Piet Malan


Baie dankie vir ’n baie interessante en leersame mannekamp. Dit was weereens ’n voorreg om dit te kon bywoon. Die kos en verblyf was puik. Ek bedoel dat die kos was baie en smaaklik. Dankie ook vir die musiek begeleiding van jou en Dennis. Ons kon heerlik saam die HERE se naam groot maak.

Die verskillende temas wat aangebied was,was uiters leersaam en insiggewind. WAT GAAN ONS IN DIE HEMEL DOEN het ons verbeeldings op ver paaie laat loop. Ek glo nie ons besef wat God werklik vir ons voorberei nie, maar ek sien baie uit daarna.

God se liefde vir ons is onbeskryflik groot. Weereens besef ons menslike verstand nie die omvang daarvan nie. Die sterrestelsels se groottes is absoluut verstommend! Ek wens ek kon alles opneem van wat gesê is.Ek sou vele kere daarna kon luister. Ons dien ’n groot en wonderlike GOD. Raymond se insette en boodskap was baie leersaam en ek het sy kwinkslae baie geniet. Piet se Nagmaal weereens goed voorberei en puik. Met Phillip kan mens ure gesels. Willem se aanbieding was ook puik en ek sal my kinders seën en die stokkie oorgee. Eugene het ek ook baie geniet. Almal wat aangebied het was goed en aanbiedings goed voorberei.

Ek het ’n verrykte mens teruggekeer huistoe en kon baie met my vrou deel.

Nogmaals baie dankie .

Jesus groete.
Johan du Plessis


Graag wil ek net van die kans gebruik maak om jou en jou span te bedank vir die naweek kamp by Kwaggasrus.  

My ervarings van die naweek sal my nog lank by bly , ek is verskriklik dankbaar vir die kans wat ek gehad het om ’n bietjie stil te word en om my kop weer skoon te kry , die gejaagde lewe in die stad is meestal maar besig om ons almal na mate van tyd in ’n  groef in te dryf met tonnel vissie .  

Die naweek was beslis een afspraak wat die Vader vir  my gereël het om my weer op die regte dinge te laat konsentreer . 

Die stilte en die natuurlewe was ’n ongelooflike  ervaring, dit het my weer laat besef dat ons Vader ongelooflik groot is, en as ’n mens die duisende sterre aanskou , en ’n mens dink daaraan , dan besef ’n mens dat vir God niks ontmmontlik is nie, Hy hou alles perfek  instand , waarom sal my problem vir hom te groot wees om op te los? 

Weereens baie dankie , vir al die opoffering , dit was vir my lewensverrykend , laat weet my a s b weer van komende kampe . 

Groete en seënwense
Anton Putter