|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
KAMP
6: 19-21 Augustus 2011 te Kwaggasrus Manne wil nou maar
eenmaal kamp.... en saam met Rippel het ons dit nou vir die 6de keer
gedoen. Dit klink half ge-yk om
weereens te sê dit was wonderlik, skitterend, en geseënd. Maar dit WAS!
Hierdie keer was dit 'n kamp met 'n verskil - geen ge-saalsittery
nie, dit was 'n avontuurkamp in die ware sin van die woord. Al ons
sessies was buite in die veld gehou en het gepaard gegaan met pret en
aktiwiteite. Was dit 'n geestelike kamp? Verseker! Dit was egter
gekombineer met hope pret. Ons was verstom oor die aantal inskrywings en
met 86 persone was dit een van die grootste Rippel kampe nog. Kwaggasrus
het weereens alles moontlik gedoen om dit 'n verrykende ervaring te maak
en die fasiliteite verbeter elke jaar. Die kos was nogmaals beter as
5-ster en die weer was wonderlik. Elke man is deur die Here aangeraak en
daar is ongetwyfeld groot lewensbesluite gemaak. Heelwat "bagasie" is op
Kwaggasrus agtergelaat en manne het teruggekom met nuwe hoop en 'n vars
uitkyk op die lewe. Hiermee 'n groot rippel vir Rippel, asook borge
wat dit moontlik gemaak het! Ons sien met 'n verwagting uit na die
volgende kamp.
.... 'n
getuienis deur een van die manne
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||