|
|
|
Terug
na HOOFBLAD Christen … is JY 'n Christen? As iemand jou sou vra oor jou geloofsoortuiging, sê jy sekerlik ook dat jy 'n Christen is. Dit beskryf tog sekerlik iets van dit waarin in jy glo, of wát jy glo. Ek het al die vraag gehoor: "Was Jesus 'n Christen?" Ek dink dit is 'n sinnelose vraag. As jy vra: "Willem, is jy 'n stoeier?", dan kan ek sê: "Nee, want ek stoei nie". As ek vir 'n Mercedes vra: "Is jy 'n kar?", dan is die vraag mos sinneloos, want wat anders kan die Mercedes dan wees? So, was Jesus 'n Christen? Natuurlik, want Hy gee definisie aan die term. As ek en jy dan vra: "Is ek 'n Christen?", dan moet ek seker op die een of ander manier kwalifiseer om dié status te kan "verdien". Die antwoord sal natuurlik ook afhang van die definisie van wat 'n Christen is. Hand 11:19-26: Deur die vervolging wat na Stefanus se dood ontstaan het, is die gelowiges uitmekaar gejaag. Party van hulle het na Fenisië, Siprus en Antiogië toe gegaan, maar hulle het die woord aan niemand anders as net aan Jode verkondig nie. Onder die vlugtelinge was daar sekere mense wat van Siprus en Sirene afkomstig was en wat in Antiogië gekom en daar ook aan die Griekssprekendes die evangelie dat Jesus die Here is, verkondig het. Die Here het die gelowiges gehelp, sodat daar baie mense tot geloof gekom en hulle tot die Here bekeer het. Die berig hieroor het die gemeente in Jerusalem bereik, en hulle het vir Barnabas na Antiogië toe gestuur. Toe hy daar kom, was hy bly om te sien hoe God in sy genade onder hulle gewerk het, en hy het hulle almal aangespoor om met hart en siel aan die Here getrou te bly. Barnabas was 'n goeie man, vol van die Heilige Gees en met 'n vaste geloof. 'n Aansienlike groep mense is tot geloof in die Here gebring, en Barnabas is na Tarsus toe om vir Saulus te gaan soek. Toe hy hom kry, het hy hom na Antiogië toe gebring, en hulle twee het 'n hele jaar lank saam in die gemeente gewerk en baie mense onderrig. In Antiogië is die gelowiges die eerste keer Christene genoem. In Antiogië is die gelowiges die eerste keer Christene genoem. Die woord "Christen" kom twee keer in die Nuwe Testament voor, en die woord "Christene" ook twee keer. In nie een van hierdie vier tekste word die woord "Christen" per definisie verklaar nie. Ons moet dit dus op die een of ander manier self 'n definisie aflei en formuleer. "Ek is 'n Christen" - jy sien, die wêreld hou nie van hierdie stelling nie, want die oomblik wat jy hierdie stelling maak, begin die wêreld 'n kraak soek. So het Ghandi gesê hy sou dalk 'n Christen kon geword het, was dit nie vir die Christene nie. Wel, mnr Ghandi het iets nie verstaan nie. Sy stelling beteken net mooi niks nie. Wat bedoel ek hiermee? 1) As ek sê: "Ek is 'n Christen", sê ek
nie ek is sondeloos nie. Rom 3:23 sê, "Almal het gesondig, en het
nie deel aan die heerlikheid van God nie". Ek is een van die
"almal". Ek kry dit elke dag reg om te sondig, en ek is verseker
nie trots daarop nie. Daar staan "almal", maar Goddank, daar is
ook 'n vers 24: "Maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op
grond van Sy genade vrygespreek, vanweë die verlossing deur Jesus
Christus" Nou wat sê ek dan? 1) Ek sê: "Ek is 'n Christen", juis
omdat ek te swak is, en Jesus in my lewe nodig het.
|