|
|
|
Joh 1:1– 18 In die begin was
die Woord daar... Vers 14 :- “Die Woord het mens geword”. Vers 3:-
“Alles het deur Hom tot stand gekom”. Vers 18:- “Sy enigste Seun,
self God”. Mark 1:16–18 Dis die geskiedenis van Jesus Christus, die eniggebore Seun van God. Wie was Hy? Watse
onbeskryflike gesag het Hy gehad om alles te skep? Wat het Hy uitgestraal
dat vissermanne alles net so los en Hom volg? Baie min mense
twyfel of daar so Iemand geleef het. Die meeste mense aanvaar dat daar wel
so 'n Mens geleef het, hoewel hulle Hom nie as God en Saligmaker erken
nie. Selfs die sogenaamd “Nuwe Hervormers” erken dat Hy bestaan het,
al glo hulle nie aan die sondeval, of die Drie-eenheid, die maagdelike
geboorte, opstanding en hemelvaart nie. Sataniste WEET dat daar so iemand
vandag leef!!! Nogal vreemd dat so baie mense soveel tyd spandeer aan
“iemand” waaraan hulle nie glo nie. Bv Ricard Dawkins (skrywer van
“The God Dillusion”) spandeer bykans sy hele lewe aan hierdie Jesus
aan wie se bestaan hy glad nie glo nie. Selfs die Koran verwys na Jesus
(nogal as die Messias). Daar was op aarde nog nie een enkele bewys voorgelê
dat hierdie persoon nie bestaan het nie. Oor die algemeen
is die mensdom dit eens dat Jesus geleef het. Wie was Hy? Kom ons gaan so 2000 jaar terug… Hy word gebore in
'n klein obskure dorpie uit 'n jong, onbekende, beskeie meisie, wat 'n
maagd was. Hy word in die stofstrate groot tussen ander gewone seuntjies.
Hy lyk waarskynlik net soos enige ander kind. Hy speel speletjies in die
stofstrate, kom vuil by die huis, kry ook tandpyn, infeksies en skete. Hy
word
moeg na 'n dag se harde werk in sy pa se timmermans werskwinkel, sny Sy
vinger en kry ook griep. In die hele
geskiedenis van die mensdom het geen mens ooit die impak op die lewe van
mense gehad wat Hy gehad het nie. Geen
mens, regering, organisasie, weermag, niks, kon dit ewenaar nie. Oor geen
van bogenoemde is daar soveel boeke geskryf, liedjies gesing, byeenkomste
gehou of oor bespiegel nie. Geen enkele mens in die hele geskiedenis van
die mensdom het soveel mense se lewens positief verander nie. In geen mens
is soveel hoop geplaas nie. Van geen mens kon daar met soveel ywer getuig
word nie. Daar is van geen mens getuig dat hy genees het, hoop gegee het
of wonderwerke gedoen het nie. Geen mens se lof is nog ooit so besing soos
Jesus s’n nie. ‘n Eenvoudige man wat nooit ver van sy geboorteplek af
gegaan het nie. Blykbaar so ‘n maksimum van 200 myl. En toe, ten spyte
van dit alles, kruisig hulle hom oor die aansprake wat Hy gemaak het. Ons woon op die
aarde. ‘n Ongelooflike planeet, waarskynlik die enigste van sy soort in
die HELE heelal. Ons bly naby aan ‘n ster (150 miljoen kilometer), alles
is net reg vir lewe. Ons het ‘n maan (380 000 km weg) – net ver genoeg.
Ons planeet is in die melkweg (‘n spiraal) – galaksie, met ongeveer
100 biljoen sterre, met tonne planete en mane. Hier heers onbeskryflike
orde, alles is perfek gevorm, presies beplan met onbeskryflike detail wat
enige ingenieursprojek belaglik laat lyk. Baie ver weg is Andromeda (ons
naaste galaksie-buurman). Hy is baie ver weg, maar kan van die aarde af
gesien word met ‘n verkyker. Van hierdie galaksies, wat elk tussen 100
en 300 biljoen sterre bevat, is daar meer as 100 biljoen van in die
heelal. Ongelooflik
groot, ver en indrukwekkend. Duiseligwekkend kompleks. Die dwases sê
alles het sommer so toevallig tot stand gekom, met hierdie ongelooflike
orde en kompleksiteit … sommer net toevallig. Maar dieselfde mens sal
nie glo dat ‘n ratjie van ‘n horlosie sommer toevallig sal ontstaan
nie. Nie eens te praat van ‘n hele horlosie nie, of ‘n motor, of ‘n
kernkragstasie nie. En al hierdie tegnologie in die hele wêreld bymekaar
gegooi, is nie eens ‘n aks so kompleks soos een sel in ‘n mens se
liggaam nie, en dan sê Joh 1:3 “Alles het deur Hom tot stand gekom: ja,
nie ‘n enkele ding wat bestaan het sonder Hom tot stand gekom nie” DIS
Jesus, dié een wat in die stofstrate geloop het. Hy het niks besit nie,
weet jy? Net liefde. Hierdie
ongelooflike Skepper, en Ontwerper, wat alles, maar alles gemaak het, Hy
… GEE OM VIR JOU! Hy wat
alles tot stand gebring het deur net te spreek. Jy kan Hom ken. Hy ken
jou. Jy wil Hom ken, weet jy? Hy is ‘n “gentleman”. Hy klop aan jou
hart se deur en wag dat jy moet oopmaak sodat Hy kan inkom (Openbaring
3:20) As Hy hierdie
hele, volmaakte, majestieuse projek, wat ons skepping noem, tot stand kon
bring, kan Hy jou vandag help. As Hy miljoene der miljoene mense met hoop
kon vul, kan Hy dit vir jou ook doen. As Hy blindes kon laat sien, en
kreupeles en verlamdes kon laat loop, kan Hy dit vir jou ook doen. As Hy
duisende kon voed met 5 brode en 2 vissies, kan Hy jou ook voed. Daar
staan nie op één plek in die Bybel dat Hy vir mense geld in die hand
gestop het nie, wel dat Hy duisende gevoed en versorg en genees het. Hy
was bitter lief vir die armes en gebrokenes, die swakkes en uitgeworpenes.
Iemand sê anderdag dat armoede ‘n vloek is. My hart het ineengekrimp,
want dis nie waar nie. Die Bybel sê nie so nie. |