|
ERFENISDAG
- 24 September 2008
Wat is 'n erfenis? Dit is om
iets te ontvang wat voorheen aan iemand anders behoort het, maar aan jou
oorgedra word, op grond van:-
· Een of ander verbintenis
· Iemand se besondere guns op jou
· 'n Familieband
· 'n Afstammeling
· Iemand se keuse
Jy kry dus iets waarvoor jy nie
gewerk het nie, wat jou nie per definisie toekom nie, wat na enigiemand
anders toe sou kon gaan. Dit impliseer ook kosbaarhede of bates wat aan
jou oorgedra kan word. So kan jy dalk die een oomblik brandarm wees en die
volgende oomblik skatryk!
As kinders van die Here het ons ook
'n erfenis, ons is Sy erfgename. Ons kry dit sonder verdienste, sonder dat
ons daarop kon aanspraak maak, sonder dat ons daarvoor gewerk het. Dus,
dit is God se genade wat maak dat ons iets beërwe, waarop ons nie
noodwendig geregtig is nie.
Erfenis in die Ou testament:
· Eersgebore seun ontvang ("erf") geboortereg - spesiale
posisie binne sy gesin
· Eersgeborene erf 'n dubbelle deel
· Dogters erf eers indien daar geen seuns was nie
· Indien daar geen kinders is nie, erf 'n familielid
In die Nuwe testament lees ons dat
Jesus die erfgenaam is van ALLES:
Heb 1:2 .. maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur
die Seun. God het Hom deur wie Hy die wêreld geskep het, ook erfgenaam
van alles gemaak.
'n Mens kan net erf van iemand wat
gesterf het. 'n Lewende persoon kan vir jou iets skenk, maar jy kan eers
erf as die persoon sterf.
Na Jesus se sterwe aan die kruis,
word óns erfgename, maar… nie elke mens op aarde nie, want, die
"voorwaardes" soos vroeër genoem, geld tog sekerlik hier ook,
nl.
Daar moet 'n verbintenis wees met Jesus
Sy genade (guns) is op jou
Daar is 'n familieband
Jy is 'n afstammeling (jy is Sy kind)
Dit is God se keuse
Ons is erfgename wanneer:
Ons kinders van God word:
Gal 4 : 7 Jy is dus nie meer 'n slaaf nie; jy is nou 'n kind van God.
En omdat jy sy kind is, het God jou ook sy erfgenaam gemaak.
Wanneer ons in Jesus glo:
Rom 4 : 13 Dit is trouens nie omdat Abraham die wet van Moses onderhou
het dat aan hom en sy nageslag die belofte gegee is dat hy die wêreld as
besitting sal ontvang nie, maar omdat hy vrygespreek is deurdat hy geglo
het.
Heb 6 : 12 Julle moet dus nie traag word nie, maar die voorbeeld navolg
van dié wat deur geloof en geduld deel gekry het aan die dinge wat God
beloof het.
Wanneer ons God se genade
ontvang:
Gal 3 : 18 As 'n mens dit wat beloof is, kry op grond van die
onderhouding van die wet van Moses, kry jy dit nie meer op grond van die
belofte nie, en God het sy genade aan Abraham juis deur 'n belofte
toegesê.
Ons word mede-erfgename saam
met Christus
Rom 8 : 17 En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is
erfgename van God, erfgename saam met Christus. Aangesien ons deel het aan
sy lyding, sal ons ook deel hê aan sy heerlikheid.
Wat erf ons?
Die aarde
Matt 5 : 5 Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde
ontvang.
Koninkryk van die lig
Kol 1 : 12 Met blydskap moet julle die Vader dank wat julle geskik
gemaak het om deel te hê aan die erfenis wat vir die gelowiges wag in die
ryk van die lig.
Koninkryk van die hemel
Matt 25 : 34 Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: 'Kom,
julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van
die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit.
Koninkryk van God
1 Kor 6 : 9 Of weet julle nie dat mense wat onreg doen, geen deel sal
kry aan die koninkryk van God nie?
Die ewige lewe
Matt 19 : 29 En elkeen wat ter wille van my Naam afgesien het van huise
of broers of susters of vader of moeder of kinders of grond, sal honderd
maal soveel ontvang en die ewige lewe as erfenis kry.
Alles
Op 21 : 7 Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry, en Ek
sal sy God wees, en hy sal my seun wees.
Die erfenis wat ons as
kinders van God kry is vir ewig
Heb 9 : 15 Daarom is Hy ook die Middelaar van 'n nuwe verbond. Sy dood
het plaasgevind om mense te verlos van die oortredinge wat onder die
eerste verbond begaan is, sodat dié wat geroep is, die beloofde ewige
erfenis kan ontvang
Ons erfenis het 'n waarborg:
die Gees
Ef 1 : 13 - 14 Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van
God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van
julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die
Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël.
Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God
belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos.
Daarom moet ons sy grootheid prys.
Kom ons pas hierdie erfenis goed
op, en leef voluit met dit wat ons uit genade ontvang het.
Dit is so dat mens goed wat jy verniet kry, nie so goed oppas as goed
waarvoor jy gewerk het nie. Daarom moet ons besef hoe duur die prys was
wat Jesus aan die kruis betaal het, sodat ons erfgename kon word. Jesus se
genade is verniet, maar dis nie "cheap" nie.
Daarom moet ons so leef dat ons
as't ware Jesus se skoene volstaan.
TERUG
NA LYS MET TEMAS
|