|
|
|
Geld wat stom is maak reguit wat krom is .... geld soos bossies .... vir geld kan mens die duiwel laat dans .... waar geld is, wil geld wees .... ‘n plaas se geld ....geld groei nie op ‘n mens se rug nie .... in die geld swem .... geld in die water gooi .... vir g’n geld ter wêreld nie – dis maar net ‘n klompie sê-goed oor geld. Vandag vra ek jou ‘n paar vrae:
Luk 16:10-13 Kom ons praat oor geld, maar onthou: te veel geld, of ‘n gebrek aan geld kwalifiseer of diskwalifiseer geen mens van die hemel nie. Daar is niks fout met geld nie, daar is soms fout met ons en hoe ons met geld omgaan. Ek ken ‘n man, as hy begin praat, dan gaan dit ALTYD oor geld. Sonder uitsondering. Hy het hierdie en daardie gekoop, soveel betaal, soveel ge-“score”, so ‘n wins afgedwing, soveel beding, ens. Boonop voel hy altyd so goed as hy die ander persoon as’t ware ingedoen het ... dan is hy trots daarop en vertel dit met smaak oor. Altyd geld, geld, geld, tot vervelens toe. Dit laat my aan die volgende teks dink: Spr 20:14 Wanneer die Here in die Bybel oor geld praat, is dit hoofsaaklik negatief. Miskien is dit juis omdat dit vir so baie mense ‘n probleem is. Ek kom terug na my vrae van vroeër:
Gebed oor lotto: Hoe sou dié gebed wees: Here, ek het tans ‘n groot geldnood. U weet dit. U is ook ‘n God wat wil hê dat dit moet goed gaan met U kinders. Here, ek gaan nou geld neem wat ek nie kan bekostig nie, en ‘n paar lotto kaartjies koop. Vader, U weet hoe werk die lotto, U weet dat ek net ‘n een uit 14 miljoen kans het om te wen. Gaan dus nou asb oor die hele land, en neem die geld wat duisende mense met ‘n valse hoop om die lotto spandeer het, geld wat dalk brood uit honderde kindertjies se monde gevat het. Neem nou daardie geld, koppel dit aan my nommer, en gee dit asb vir my, want ek wil graag ‘n lekker vakansie gaan hou.
Koop jy soms skelm? Gewoonlik is dit dan ook met geld wat jy nie het nie. Sit jy jou man, of jou huishouding, onder geweldige finansiële stres? Lê jou eggenoot wakker oor jou koopdrange? Pleeg jy dalk self-bedrog? Is jy altyd ontevrede en wil altyd meer en beter hê? Dryf ander mense se welvaart jou tot armoede? Sit jy dalk jou huwelik op die spel daarvoor?
Het jy dalk al sover gegaan en geld geneem by die werk? Oppas, jy gaan uitgevang word, en dan sal tronkstraf jou voorland word.
Kom ons kyk wat
die Bybel oor die onderwerp sê; hier volg ‘n klompie toepaslike
skrifgedeeltes:
Pred 5:9
1 Tim 6:10 Spr 17:16
Pred 5:12 Spr 11:28
Spr 23:5
Spr 27:24
Spr 28:8 Ek moet sê ek ken baie mense wat regtig welaf is, wat hulle geld en welvaart baie oordeelkundig aanwend, wat nie toelaat dat dit hulle lewe oorheers nie; hulle vertrou steeds altyd op die Here. Daar is ook wel mense wat optree asof die Here se versorging oorbodig raak omdat hulle geld alles vir hulle kan koop en doen. Ek het ook al welaf mense gesien wat in ‘n kort tydjie alles verloor.
Wat is die slotsom?
Spr 22:4
Spr 15:6
Spr 3:16
Spr 10:22 Spr 14:24 Spr 13:25 Moenie bid om die lotto te wen nie – ek glo dit is verkeerd. Bid gereeld vir wysheid, oor hoe om oordeelkundig met geld te werk. Bid teen enige vorm van gierigheid of jaloesie op die besittings van ander. Bid dat die Here jou sal leer om tevrede te wees met wat jy het. Bid dat die Here jou nood sal verlig waar dit buite jou beheer is. En ja, dis sekerlik nie verkeerd om te vra vir bietjie “jam” op die brood nie. Bid vir perspektief op rykdom en besittings. Bid vir ietsie ekstra om vir ander uit te deel. Bid Spr 30:7-9 |