|
|
|
HANTEER
BEKOMMERNIS SOOS JESUS – 20 November 2009 Ons almal het dae
van benoudheid en bekommernis; tye wanneer mens voel jy het géén beheer
nie, jou kop is suf planne gemaak, jy sien geen uitkoms nie en die
maagswere groei geil. Die
vraag wat ek jou wil vra is: dink jy dis ‘n sonde om jou te bekommer? Of
moet ons sê: Die Here weet alles, en ons moet net roekeloos op Hom
vertrou; Hy weet beter; Hy sal voorsien? Wel, dis dalk malklik om dit te
beaam, maar die realiteit is dat ons net mens is, en dat ons ons bekommer!
Ek dink min mense het regtig die krag om in tye van nood alles
onvoorwaardelik net te aanvaar en alles net in die Here se hand oor te
laat. Hoe moet ons bekommernis hanteer? Die Here sê in Sy Woord: Vertrou
My. Maar ons weet dat dit maar nag kan wees totdat die deurbraak kom. As
daai vrees mens so beetpak, dat jy voel of jy van jou verstand af raak … Kom ons kyk hoe
het Jesus opgetree in Sy donkerste uur: Matt 26:36-46
Daarna kom Jesus met sy dissipels
by 'n plek met die naam Getsemane, en Hy sê vir hulle: "Sit hier
terwyl Ek daar gaan bid." Hy het vir Petrus en die twee seuns van
Sebedeus saamgeneem. Toe het Hy bedroef en beangs geword en
vir hulle gesê: "Ek voel doodsbenoud. Bly hier en waak saam met
My." Hy het 'n entjie verder gegaan en daar gekniel met die gesig
teen die grond en gebid: "My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie
lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar
soos U wil." Daarna kom Hy na die dissipels toe terug en kry hulle
aan die slaap. Hy sê toe vir Petrus: "Kon julle nie eens een uur
lank saam met My waak nie?Waak en bid, sodat julle nie in versoeking kom
nie. Die gees is gewillig, maar die vlees is swak." 'n Tweede keer
het Hy gaan bid en gesê: "My Vader, as hierdie lydensbeker nie by My
kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied." Toe
Hy terugkom, kry Hy hulle weer aan die slaap, want van die vaak kon hulle
nie hulle oë oophou nie. Hy het hulle weer alleen laat bly en 'n derde
keer gaan bid en dieselfde woorde gesê.Toe kom Hy na die dissipels toe
terug en sê vir hulle: "Slaap en rus julle nog? Die uur het gekom.
Die Seun van die mens word in die hande van sondaars oorgegee.Staan op,
kom ons loop. Kyk, die man wat My verraai, is hier naby." As ek hierdie
deel lees, dan sê dit vir my baie oor hoe om bekommernis te hanteer.
Selfs Jesus was doodsbenoud, beangs, bedroef ... Luk 22:44 sê Sy
sweet het soos bloeddruppels op die grond geval. Dit lyk my Jesus was
waarlik diep bekommerd. Hy het beslis geweet wat kom; Hy het reeds vir Sy
dissipels daarvan vertel. En Hy was doodbang vir wat voorlê – kan jy
jou in daardie situasie indink? Ek dink ons kan
‘n klomp dinge leer uit hierdie gebeurtenis:
As jy dalk vandag in ‘n moelike situasie sit, probeer die volgende:
Mag ek jou vandag bemoedig met Haggai 2:4-5? Maar nou
…. skep moed, sê die Here! Begin met die werk, want Ek is by julle, sê
die Here die Almagtige. My belofte wat Ek met die uittog uit Egipte aan
julle gemaak het, sal Ek nakom: my Gees sal altyd by julle bly. Moenie
bang wees nie! Sien jy, skep
moed! Begin met die werk. Doen wat jy moet doen … alles wat jy kan. Gaan
staan by die fontein van moed, Jesus Christus, druk jou hande in hierdie
fontein en skep hande vol moed. Jesus gee die moed. Skep dit, drink dit
in. Die Here weet altyd wat die beste is. Hy is die bron van moed. Moet
nie eers dink aan selfmoord nie, want by Jesus is geen probleem te groot
om op te los nie. Dis juis omdat Jesus NIE die kruis vrygesrping het nie,
dat ons moed kan hê … kom skep! |