HEL OF HEMEL?

Genesis 1 : 26 - 28 Toe het God gesę: Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip. 27 God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep.

God skep die mens. Met 'n doel, om 'n spesifieke rede. Die mens leef, vermeerder, en word baie. Die mens bewoon die aarde, bewerk dit en heers daaroor. In die proses van lewe kom mense by, en baie sterf. Statistiek wys dat die węreldbevolking teen 'n enorme tempo toeneem. Baie vinniger as wat die nodige bronne kan bybly. Dus, ons is op pad na 'n groot probleem toe, omdat ons bronne stadig maar seker besig is om af te neem. Energiebronne raak op, voedselbronne sal al hoe skaarser word, water word al hoe groter probleem, "global warming" - die temperature wat styg węreldwyd, weerpatrone wat verander.

Sjoe, die prentjie klink nogal moedeloos. En dan, een van die grootste uitdagings van alle tye, is vigs, wat absoluut verwoesting saai. Dan wonder ek maar net of dit wat gebeur, regtig God se bedoeling was. En dan het ons nog nie eers by misdaad uitgekom nie. Wat was God se plan toe Hy gesę het "word baie, vermeerder, wees vrugbaar, en bewoon en bewerk die aarde"? Ek weet nie. Klink net of ons in die moeilikheid is.

Nou ja, mense word gebore, en mense sterf. Ek gaan nou met 'n metronoom vir jou die tempo laat hoor wat mense sterf. 1,64 persone per sekonde. Amper 100 per minuut. So byna 2500 voor die einde van hierdie program. As jy vannaand 10 uur gaan slaap, sal ongeveer 95000 mense in die hiernamaals wees, ňf in die hemel, ňf in die hel. In een van hierdie twee plekke.

Matt 7 : 13 - 14 Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en dié wat daardeur ingaan, is baie. 14 Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en dié wat dit kry, is min.

Interessant - baie gaan probeer, maar min gaan dit regkry. Dit impliseer dus, dat meer as 50% van die węreldbevolking, hel toe gaan. Dus, enigiets van 50 - 100% mense sal hel toe gaan. En om dit bymekaar te vat, sal tussen 26 en 52 miljoen mense jaarliks hel toe gaan. Party sal jy ken, party sal jou familie wees, of jou vriende, of jou kollegas, of iemand baie naby aan jou. Satan se oes is dus groter as God sin. Skokkend!!! Kan jy glo teen watter tempo die geweeklaag sal toeneem in die hel? En dink aan Lazarus en die ryk man!! Waar die ryk man smeek vir net 'n druppeltjie water op sy tong.

Luk 16 : 22 - 25 Toe die arm man te sterwe kom, is hy deur die engele weggedra na die ereplek langs Abraham. Die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. 23 Toe hy in die doderyk in pyn verkeer, kyk hy op en sien vir Abraham daar in die verte en vir Lasarus langs hom en hy roep: 24 "Vader Abraham, ontferm u oor my. Stuur tog vir Lasarus dat hy net die punt van sy vinger in water steek en my tong afkoel, want ek ly verskriklik in hierdie vuur." 25 Maar Abraham sę: "My kind, onthou dat jy in jou leeftyd altyd die goeie gekry het en Lasarus die slegte. Nou gaan dit hier goed met hom, maar jy word gepynig.

Party van hierdie menigte sal jou kennis, vriende, familie, kollegas of dalk jyself wees. Die vraag is:

Vraag 1. Maak dit vir jou saak? Pla dit jou? Dink jy daaraan? 1,64 mense sterf elke sekonde. Waarskynlik gaan meer as een per sekonde hel toe. Maak dit vir jou saak?

Vraag 2. 'n Baie moeiliker vraag - Maak dit vir jou genoeg saak om iets daaraan te doen? Weet jy dat jy dič na die hemel toe kan vergroot? Deur net te vertel!!!

1,64 mense sterf per sekonde. En 2,3 word per sekonde bygevoeg. Dit is geboortes minus sterftes. Die węreldbevolking groei (winste bo verliese) met 2,3 mense per sekonde. Dus, 200 000 mense kom per dag by op planeet aarde. Hulle almal gaan sterf. Die meeste gaan hel toe. Maak dit vir jou saak? Maak dit genoeg saak om iets daaraan te doen?

Matt 28 : 19 - 20 Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en 20 leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die węreld.

Vir wie is hierdie opdrag? Ek dink ek kan met redelike sekerheid glo, dat as jy nou na hierdie program luister, jy 'n kind vn God is. Want jy wil hierna luister. Waar gaan jy? Al vasgemaak met God? Jy sal weet.

Baie gaan dood. Dalk vandag een van die wat jy ken. Weet jy of dič wat naby jou is, gered is of nie? Maar meer kom by. Die bevolking groei, die werk word meer, dus behoort die tempo waarteen ons evangeliseer, toe te neem. En al daardie gaan doodgaan. Ook ek en jy. Maar omdat die węreldbevolking groei met tyd, word die siele-oes in die hel toenemend groter.

Vraag 1: Maak dit vir jou saak? Vraag 2: Maak dit vir jou genoeg saak om iets daaraan te doen?

Wat kan ons daaraan doen? Is daar iets wat ons kan doen? VERSEKER.

1. Maak seker van jou eie geloofsekerheid. Deur Jesus aan te neem as jou Verlosser en Saligmaker. 2. Vra vir mense of hulle dit al het? Simpel, eenvoudige vraag: "As jy vandag sterf, weet jy of jy in die hemel of in die hel gaan wees" En as iemand nie weet nie, is hy in die moeilikheid. Jy wil tog nie hę dat jou kennisse teen hierdie tempo sal hel toe gaan nie, of hoe? 3. As iemand nie weet nie, vertel dat Jesus die enigste weg tot saligheid is. Dat as jy Hom aanneem, jy gered is. 1 Joh 5 : 12 "Wie die Seun het, het die lewe, wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie". Joh 6 : 47 "Dit verseker Ek julle, wie in My glo, hčt die ewige lewe". 4. En die duisende wat per dag bykom? Help om dit moontlik te maak. Finansies, gebed, ondersteuning van sendelinge, gee, gaan, doen.

2 Tim 4 : 2 "Verkondig die Woord, hou daarmee vol, tydig en ontydig, weerlę, bestraf, bemoedig deur met alle geduld onderrig te gee."

Jy sien, ons kan nie die tempo van die sterftes węreldwyd be-invloed nie, maar ons kan 'n invloed hę op die tempo waarteen mense hel toe gaan. Of aan die ander kant, die tempo waarteen mense hemel toe gaan.

Lekker nę, ons getuig, en mense word gered. Gaan doen dit!!

Gebed: Here, gee dat ons werklik die ernstigheid van hierdie saak sal besef en vandag sal uitgaan en mense na U toe sal lei. Ons hoef net te vertel en U sal die werk doen - dankie daarvoor Here!! Amen

TERUG NA LYS MET TEMAS