|
|
|
HOEVEEL KAN 'N MENS HANTEER? Hoeveel kan 'n mens hanteer? Jy ken seker die spreekwoord: "It doesn't rain, it pours"? Daardie dae, of tye, dalk jare wat kom, wat 'n mens vra: "hoeveel nog?". Miskien kan jy daarmee assosieer. Dalk 'n siekte wat net nie wil wyk nie, probleme met geld, swaarkry, slegte verhoudinge, eensaamheid …. Dis 'n tyd wanneer mens voel dat jy net nie meer kan nie en dan vra: "Hóéveel kan 'n mens hanteer?". En dan kom die volgende vrae gewoonlik: "Hoekom?", "Waarvoor straf God my?", ens. Jer 20:14-18 Jeremia vind homself in 'n put van depressie, en sien nie meer kans vir die lewe nie. Ek dink, dis 'n toestand waarmee baie mense hulleself kan vereenselwig. Slegte dae, moeilike tye. Die lig in die tonnel is af. Die silwer randjie het verdwyn om die donker wolke, en die nagte word al hoe langer en langer. Daardie tye wanneer mens nie tot slaap kan kom nie … wanneer jy wens die nag is al verby, maar jy sien ook nie kans vir die dag om te kom nie. Tye wanneer die drukgang net té nou word. Hoeveel kan 'n mens hanteer? Die mens is 'n wonderlike wese, en kan BAIE verder gaan as wat hy dink, baie meer uithou, langer uithou. Op fisiese valk is dit verstommend tot hoeveel die mens in staat is, en hoeveel die Here in ons ingebou het om onsself te beskerm, en om slegte en moeilike situasies te bowe te kom. Fil 4:13 bevestig dit: "Ek is tot alles in staat, deur Hom wat my krag gee". MAAR, dit voel nie altyd so nie. En dan kom mense (ja, Christene ook!) soms met vreeslike onsensitiewe opmerkings, soos: "Jy moet eers alle sonde uit jou lewe verwyder" - so asof daar enige sondelose mense op aarde is. Of opmerkings soos: "Ruk jou reg" - so as of iemand sal kies om in 'n gat van depressie te verval. Of miskien 'n uitspraak soos: "Die Here straf jou vir iets wat jou voorouers gedoen het (of in betrokke was)". Jammer, maar ek verstaan dat God se genade en vergifnis nie só beperk is nie! Die mens se drang vir oorlewing is geweldig sterk, en sy vermoëns is verstommend. Dit is nou op fisiese vlak, maar op die vlak waar jou siel begin spartel, raak dit 'n ander saak. Hoeveel kan 'n mens hanteer? En wat as jy voel jy kan net nie meer nie? En dan vra mens dalk: "waar is die Here?", Dis die moeilike een. Sekerlik dié moeilikste vraag. Dis maklik om te sê: "wag op die Here", of: "Jy sal nie nou verstaan nie, maar eendag sal jy". Dis gewoonlik ook die tyd wat almal jou verlaat, en dit voel of jy alleen staan. Voel jy vandag so? Of miskien ken jy iemand wat só voel? Hoeveel kan 'n mens hanteer? Baie!! Vreeslik baie, maar net tot op 'n punt. En as daardie punt bereik word, is daar net een uitweg oor … en dit is om op die Here te vertrou, te kyk na sy "track record", en te weet dat Hy tot alles in staat is. Wanneer ons nie meer kan nie, KAN HY! Watter mens kan ek vertrou? Kan geld my probleme oplos? Wie kan ooit doen wat God kan doen? Iewers moet ek op die punt kom wat ek moet sê: "Here, nou nie meer ek nie, maar U" Die Here se beloftes is tog meer werd as enige mens s'n. En kyk wat sê Hy: · Jos 1:5 "Soos Ek by
Moses was, so sal Ek by jou wees. Ek sal jou nie in die steek laat nie,
jou nie verlaat nie." Kan jy DIT glo? Kan jy sien dat God aan jou kant is? Hoeveel kan 'n mens hanteer? As jy alleen staan, MIN. Maar saam met die Here, baie! Hoe maak ek as dinge te veel word? Pred 4:9-12 3) Weet dat die slegte tye en dinge
nie vir altyd aanhou nie. Daar kom gewoonlik iewers uitkoms, al lyk dit
nie so nie. Hoeveel kan 'n mens hanteer? Op sy eie nie veel nie, maar ... "Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee" (Fil 4:13)
|