|
|
|
HULLE KYK VIR JOU …. In 1948 het 'n boek uitgekom met die titel "1984", geskryf deur George Orwell. Hierdie boek het gehandel oor 'n tyd wat sal kom waar die mens nie meer privaatheid sal hê nie. Alles van jou sal iewers op rekord wees. Alles wat jy doen, alles wat jy besit, alles oor jou verlede, al jou bewegings, jou finansiële status, jou kontak met ander, jou gewoontes … al hierdie inligting sal gedokumenteer word, en sal soms téén jou gebruik word. Sjoe, dit klink erg, of hoe? En dit klink bekend, of hoe? Inderdaad, dit is toe so: in meer as een opsig word ek en jy fyn dopgehou. Kamera'tjies hou jou in jou huis dop, mikrofoontjies is oral … in die meeste huise. Alles wat jy doen, oral waar jy gaan, alles wat jy sê, elke beweging, word waargeneem, gedokumenteer en teen jou gebruik. Dit word gestoor, oorgedra, ge-"copy", aangestuur vir ander. Klink erg! George Orwell gebruik die uitdrukking in sy boek: "He who controls the past, controls the future". Wat gesien is, is gesien, wat gesê is, is gesê, wat waargeneem is kan nie uitgevee word nie…. "big brother is watching you" Die waarheid is: ons as Christene word dopgehou. Die wêreld soek fout in ons mondering, daar word fyn gekyk na ons bewegings, fyn geluister na ons taalgebruik - en dit word deur verskillende partye gedoen: 1. Ons kinders: Hier leer Salomo ons om ons kinders te leer, om hulle te onderrig in die lewe. Ons vertel hulle elke dag wat reg en verkeerd is. Ons raas, ons skree, vertel, slaan … alles om 'n goeie opvoeding te probeer verseker. En dan .. kom die kamera'tjies uit (die oë), en die mikrofoontjies (die ore), en elke beweging wat ons maak, elke woord wat ons sê word opgeneem en op 'n harde skyf gestoor … in hulle breine, van kleins af. Hulle hou ons dop: hulle hoor hoe ons praat in die motor, en op die telefoon, daar tussen ons vriende. Hulle sien waarna ons kyk op die TV, sien hoe ons op ons selfoon praat terwyl ons bestuur, sien as ons nie by die stopstraat stop nie - hulle neem alles waar, en die volgende word dalk waar: "He who controls the past, controls the future". En weg is ons magsbasis; die kinders sê: "Maar Pa, jy doen dit dan"… die inligting wat hulle oor jou bymekaar gemaak het word teen jou gebruik, en jy het jou opvoeding met 'n plank geslaan! If jou don't walk the talk, watch out, little Jannie's watching you". Hy ken jou verlede, hy kan jou toekoms beheer. 2. Die wêreld: Spr 14:12: "Daar is 'n lewenswyse wat vir 'n mens reg kan lyk, maar die uiteinde daarvan is die dood." Daarom gee die Here vir ons riglyne
wat onfeilbaar is: As ons nie só leef nie, neem die wêreld kennis en dan word hierdie waar: "He who controls the past, controls the future" 3. Satan Wat is die oplossing dan? Wel, dis maklik. As ons ons hele lewe en lewenswandel vir Jesus gee, gebeur 'n wonderlike ding! Toe Jesus aan die kruis gesê het: "Tetelestai", het Hy die hele verlede uitgewis, alles wat ek en jy ooit verkeerd gedoen het, is met "Tetelestai" uitgevee, die harde skyf is ge-"format". Jesus kyk nie terug nie, onthou nie die verlede nie …. Hy kyk vorentoe. Hy verander Orwell se uitdrukking na "He who controls the future, forgets the past". Hy het reeds met die verlede klaargemaak, dit aan die kruis afgehandel … "dit is volbring". Niemand kan jou oor jou verlede by Hom aankla nie. Maar nou: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing - teen sulke dinge het Jesus niks nie.
|