|
|
|
LEEF VANDAG VOLUIT Inderdaad. Dit is die dag wat die Here gemaak het. Laat ons daaroor juig en bly wees. (Ps 118 : 24) Wat hou hierdie dag vir jou in? Waarna sien jy uit vir vandag? Is daar lewe in vandag. Ek maak 'n stelling, ons het die kuns verloor om vir vandag te lewe. Iemand noem vir my hierdie aanhaling: "Yesterday is history, tomorrow is a mystery, but today is a blessing." Hoe moeilik is dit nie vir ons arme mensdom om vandag voluit te leef nie. Ek het die vraag gevra, "Wat hou vandag vir jou in? Vir jou, as individu. Vir die meeste mense is dit of niks, of spanning, of harde werk, of sommer net 'n totale leegheid. So asof ons sommer soms net opgee om te leef. Sjoe, maar dit klink darem swaarmoedig en stroef, maar dis ongelukkig die realiteit. Ons as mense het die kuns verloor om te leef vir vandag, om uit te sien na more en om dit wat tot 'n goeie vandag gelei het, te koester. As kind het ek altyd iets in my kop gehad wat lekker was om aan te dink, en altyd iets gehad waarna ek uitgesien het. Ek onthou ook as kind dat ek soms my ma gevra het, wat gaan "eendag" gebeur. "Eendag" was vir my iets misterieus wat voorgelê het. So leef ons ook vir eendag, en nie vir vandag nie. Carpe Diem - Gryp die dag. Moeilik om vandag voluit te leef. Ons leef maar almal vir môre, of iewers in die toekoms, en maak in alles voorsiening vir môre, ipv vandag. Die makelaars vertel jou om soveel moontlik vandag opsy te sit vir môre. Op die ou end is ons almal meer werd dood as lewendig. So asof môre 'n uitgemaakte saak is... Jak 4 : 13 - 17 Môre wat meer inhou as vandag. So werk ons ons vandag oor 'n mik om môre beter daaraan toe te wees. Ons sê vandag vir ons kinders nee, omdat ons hard moet werk vir môre. Ek dink deel van die probleem is die feit dat môre 'n misterie is, en dan vergeet ons van vandag. Weet jy, die Here maak nie onbeperk dae nie. As Hy weer op die wolke kom, is die dae hier op aarde verby. Hoeveel van hulle kan ons sê is gewaarborg? Oor hoeveel dae in die toekoms het ons beheer? Ek en jy weet nie of ons môre nog hier gaan wees nie. Maar vandag, lyk my, is ten minste al hier. Ps 118 : 24 "Dit is die dag wat die Here gemaak het, laat ons daaroor juig en bly wees." Want hierdie dag is hier, oor môre weet ek niks. Daarom is daar dalk so bietjie vrees vir môre. Ek bid een oggend dat die Here vir my genoeg werk moet voorsien vir die volgende maand, of verkieslik nog langer, maar toe lees ek weer die "Onse Vader" …… Gee my vandag my daaglikse brood. Is dit nie God se bedoeling nie? Een dag op 'n slag. Hier is enkele verse uit die Bybel. Pred 4 : 7 - 8 "Ek het in hierdie wêreld nog meer gesien wat tot niks kom nie. Daar was 'n man wat alleen was, sonder seun of broer. Tog was daar geen einde aan al sy inspanning nie, en was hy steeds op soek na meer rykdom. Hy moes later sê, vir wie sloof ek my af en ontsê ek my die aangename dinge?" Sjoe, klink so bekend. Niks lekker in die lewe nie. Maar ons het dalk 'n kind en doen presies dieselfde. Werk maak dat ons al die aangename dinge mis en ons kinders afskeep. Jak 6 : 3 "'n Man kan honderd kinders hê en baie lank lewe, maar hoe oud hy ook al word, as hy nie die goeie dinge kan geniet nie, en nie eens in 'n graf begrawe word nie, is 'n doodgebore baba beter daaraan toe as hy." Jaag vir die rykdom van môre en mis die genietinge van vandag. En dan haak ons natuurlik net so erg by gister vas. So asof gister dan nou so wonderlik was. Hoe dikwels praat ons nie van die goeie ou dae nie? Pred 7 : 10 "Moenie sê die ou dae was beter nie, as nou nie. Dit is nie uit wysheid dat 'n mens so sê nie." Daar het jy dit. Ons sê dit so maklik. Die goeie ou dae. Waarna verlang jy terug in die verlede? Wat was soveel beter dat jy dit sal wil terughê? Was dit regtig beter? Dit lyk my ons is vasgevang tussen die bekende van gister en die misterieuse van môre, en weet nie wat om met vandag te doen nie. Weet jy wat? Vandag is die dag waaroor jy so lank terug bekommerd was. En dis toe nie so sleg nie. Onthou jy die oorlog van 1994? Toe gebeur niks ….. inteendeel. Nee wat, kom ons leef!! Pred 9 : 3 - 10 Kom ons leef vandag voluit. Matt 6 : 34 "Moet julle dus nie oor more bekommer nie, want more bring sy eie bekommernis." Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie. Hoe leef ons vir vandag? · Doen vandag iets sinvol of
lekker, iets wat jy kan geniet. Drink koffie saam met jou lewensmaat.
|