|
|
|
LEWENSKWALITEIT Die lewe … wat is die lewe? Wat is die sin van die lewe? Hoekom is die lewe soms so 'n pyniging? Kan daar vandag nog gepraat word van 'n kwaliteit lewe? Hoe meet mens kwaliteit van die lewe? Hoeveel kwaliteit is daar vandag in jou lewe? 'n Definisie van kwaliteit sou wees: iets van goeie gehalte. Ander woorde sou wees: duursaam, waarde vir geld, die moeite werd, iets wat goed is… dus iets wat beter is as iets anders. Hoe sou mens kwaliteit meet? Waarin lê die kwaliteit van jou lewe? Dit kan dalk
help om te vra: "Wat het gister in jou lewe gebeur?": Sou jy jou lewe as 'n kwaliteitlewe beskou, of sou
jy sê: Pred 2:17-26 Die prediker het dieselfde gevoel. Maar …. Vandag gaan ek en jy sin soek in die lewe. Ek wil dit vir jou vergelyk met 'n vendusie, veiling. Ek het lank gelede elke Saterdag by 'n veiling gaan rondsnuffel, en eintlik net 'n klomp stukkende goed gekoop. Mensig! Daar was gemors by die plek, wat geen mens wil hê nie. Ten spyte daarvan was daar 'n klomp mense wat elke week daar was, en wat baie dikwels puik winskopies opgeraap het, nadat hulle gebie het dat die spoeg so spat! Jy sien, hierdie ouens het iets besef: as jy lank genoeg tussen die rommel grou, kom jy dalk op 'n diamant af. Soms moet jy diep grou en hard werk om iets te kry, soms was daar teleurstelling, soms 'n winskoop … maar hulle was elke week daar. Só is die lewe. Soms is dit soos 'n hoop vendusie-rommel, soms moet jy krap, diep krap om op iets sinvol af te kom. Soms is daar teleurstellings, maar grou diep genoeg en jy kry dalk 'n diamant. Net dié wat die rommel wegwerk het 'n kans. Het iemand al 'n vendusie na jou huis toe gebring? Nee! Gaan die goeie van die lewe agter jou aanstap? Nee! Is die lewe nét rommel? Nee! Is daar genoeg diamante daarin vir almal? Ek dink so… vir dié wat die vendusie bywoon. Verbeel jou jy is op die vendusie van die
"lewe" : Iemand anders kom by dieselfde rommelhoop en sê:
"Hier moet iets wees". Dis die mense wat die diamante van die
lewe onder die hoop rommel raaksien, want hulle fokus nie op die rommel
nie. Hulle doen nog meer: hulle pak die rommel van bo af weg, soekend,
gefokus, met 'n verwagting op iets goed. Hierdie is die mense wat elke
lewensdag met 'n verwagting aanpak, wat die arms uit die moue steek, die
sokkies optrek en aan die werk spring om die beste uit elke dag te haal. Langs hierdie persoon staan iemand anders wat sê: "Jy sal nooit iets kry nie". Self probeer hierdie persoon nooit, hy staan net en kritiseer… en dan pak hy op en gaan soek na iets beter op 'n ander rommelhoop, want die rommel is mos altyd mooier aan die anderkant van die draad …! Om die lewe te geniet is 'n kuns. Om voluit te lewe vra iets: geduld, vasbyt, uithou, deurdruk, ens. Kwaliteit van lewe lê in jou gesindheid, in hoe jy na die lewe kyk, en nie in jou beursie nie. · "I look to the future because that's where
I'm going to spend the rest of my life" Drie vrae: Dit is waar dat die rommelhoop dalk groter word, maar die diamante is DAAR. Die kompetisie word groter, maar jy kan nog altyd bie! Begin vandag om die kuns van lewe aan te leer. Jy KAN. Hou jou oog gerig op Jesus.
|