|
|
||
Miskien moet ek begin deur my definisie van lewensvreugde vir jou te gee. Vir my is lewensvreugde 'n ervaring in my gemoed wat maak dat ek meer goed as sleg in die lewe ervaar, en dat elke dag 'n klomp lekker elemente inhou, ten spyte van … 'n Mondvol, of hoe? Voorts kan ek byvoeg dat lewensvreugde hand aan hand gaan met lewenskwaliteit. En waar sal mens dit vind? Ps 43:4 (Good News) O God; You are the source of my happiness. I will play my harp and sing praise to You, O God, my God. Die skrywer van hierdie Psalm dui geensins aan wat sy omstandighede is nie. Maar tog lees ek in die volgende vers: Ps 43:5 Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir Hom 'n loflied sing. Hy is my helper en my God. Klink vir my na iemand met wie dit nie te goed gaan nie. Sing 'n loflied, ten spyte van… ten spyte van.. Hierdie persoon soek sy lewensvreugde in God, en nie in goed nie. Waar lê jou vreugde? Lewensvreugde en lewenskwaliteit - waar soek die mens dit? Ek glo dat dit wat die wêreld, die TV, tydskrifte, ens aan ons opdis, dikwels die bron is van ons mismoedigheid. 1) Mense soek lewensvreugde in "idols" - hulle jaag iemand anders se styl en omstandighede na, en aanbid selfs die persoon. Jy weet mos wat jy op die gewilde tydskrifprogramme op TV sien …. dis die mooiste huise van die rykstes van die rykes. Manlief en vroulief sit so liefies en koer voor die kamera. Die toonbeeld van geluk, alles perfek - of is dit? Hou maar die Sondagkoerant se agterblad dop - daar is baie wat in materiële oorvloed leef, met wie dit slég gaan. Wie se lewe wil jy graag hê? Dink bietjie. En as jy dit kry, is jy bereid om die hele pakket te vat? 2) Mense soek lewensvreugde in skoonheid, gesondheid, klere, juweliersware, menseregte, vriende en verhoudinge, geleerdheid, roem, 'n goeie werk, volmaakte huislike lewens, motors, vet bankrekenings, dalk 'n wenkaartjie van die lotto. Weet jy, ek ken mense wat hierdie goed in oorvloed het, wie se lewens misrabel is. 3) Mense gaan soek lewensvreugde in verkeerde, sondige praktyke, soos bv buite-egtelike verhoudings. Jy sien, daardie gesteelde oomblikke, waar die adrenalien pomp. Dit klink so lekker, maar die waarheid is egter dat dit altyd in 'n ramp eindig. Jy weet mos, Poppie by die werk luister so mooi na my, en sy verstaan so mooi. Jy weet, sy gaan mos deur dieselfde goed. Ja, dan raak jou bagasie op haar bagasie verlief. Dan gooi julle dit bymekaar en dit verander in 'n komposhoop! 4) Mense glo partykeer dat hulle lewensvreugde gaan terugkom as hulle wegvlug van hulle omstandighede. Ek wil nie meer dit of dat ervaar en beleef nie. Weet jy, vir party mense werk dit, maar vir baie ander word die woord "sleg" met "slegter" vervang. Waar is die "regte" plek om te soek na lewensvreugde? 1) Soek dit in "vrede".
En toevallig kom vrede voor in die woord "tevrede"! Ja,
natuurlik streef mens na hoër en beter en meer en vinniger, en nog en nog…
Todat woefie die bus vang en nie weet wat om daarmee te doen nie. Die kuns
van "tevrede" is om te weet waar die plafon is. Waar is genoeg
genoeg? Tevrede met jou omstandighede, jou uiterlike (party mense weet
presies hoeveel vetrolletjies hulle het, maar nie hoeveel seëninge hulle
het nie!), jou motor, jou blyplek, ens.| Kyk nou wat staan hier: afhanklik,
treur, vervolging, belediging. Kan jy so ver soos jou seëninge tel? Kom
ek help jou met goeie raad: moenie Suid kyk nie, kyk Noord. Suid lê
Bishop's Court, Houtbaai, Fancourt, Clifton. Wow, wit strande,
"mansions", golf estates. Idilies man, of hoe? Noord lê
armoede, honger in Zimbabwe, oorlog, politiek, gemors, diktators,
verwoesting, vigs, tering, cholera, ens. Waar is jy vandag? Meer Noord as
Suid? Ek dink nie so nie! Dit spreek absoluut vanself. "Don't worry, be happy"! Wat is geluk? (Vertaal van 'n
stukkie deur C.M. Pentz) My vriend, vra jouself vandag die
volgende: En laastens, 'n moedswillige vraag: as alles voor jou donker is, moet jy nie dalk Jesus se lig daarin sit nie? Geniet jou lewe, jy het net EEN!
|