|
|
|
Gen 1:1-4 Was jy al in ‘n plek wat totaal, totaal donker was? Waar daar absoluut geen lig was nie? Jy voel mos sommer die donker druk so om jou; jy probeer jou oë groot rek om net iets te kan uitmaak. Donker is ‘n interessante konsep. Donkerte bestaan nie eintlik nie, want dit kan nie geskep word nie. Donkerte is eintlik net ‘n toestand wat heers waar daar ‘n totale gebrek aan lig is. Dus, om ‘n plek donker te kry moet jy al die lig wegneem. Die Bybel gebruik die beeld van donker baie sterk in die konteks as die plek waar die bose heers. Satan en sy demone sal jy nie vind waar daar lig is nie. Natuurlik verwys dit nou na die geestelike wêreld. Donker is nie lekker nie. Dit voel of dit jou dooddruk, dit maak jou onseker en bang, dit voel of jy geen beheer het nie, of dit alles wat sleg en boos is na jou toe aantrek. Dit voel of daar sulke snaakse vingers aan jou nek vat, of spinnerakke oor jou gesig span. Sjoe, nee, dis nie lekker nie! God beskryf Homself as die absolute teenvoeter vir die donker. Jesus het gekom as die Lig vir hierdie wêreld, om die donker te verdryf en te vernietig. Jy kan in die donkerste, donkerste plek wees, dan sal die kleinste vlammetjie onmiddellik die donker verdryf. Lig is wonderlik. Dit beweeg konstant teen ‘n snelheid van 30 000 km/sek, ongeag van die bron. Dus kan jy teen 1000 km/sek vlieg en ‘n ligstraal voor jou uitskyn, en die straal sal steeds teen 30 000 km/sek beweeg. Lig is baie belangrik in die natuur, so bv het die proses van fotosintese (waar suurstof vervaardig word) lig nodig. Einstein het bewys dat niks ooit vinniger as lig kan beweeg nie. Dit het ‘n absolute waarde. Lig is energie. Materie en energie is uitruilbaar; materie moet prysgegee word om lig voort te bring. Dit is ‘n natuurwet. God vergelyk Homself met lig. Soos wat ‘n ligstraal teen ‘n vaste snelheid beweeg, so is God altyd dieselfde – gister, vandag en more. Lig is energie, so is God die bron van energie. Die wetenskap sê energie kan nie geskep of vernietig word nie; dit kon nooit en sal nooit gebeur nie, so kan God nie vernietig word nie. Die vraag is: waar kom al die energie van die heelal vandaan? Daar móét dus ‘n skepper wees. Dit is God. Hy is lig. Het Sy lig al op jou geval? Hand 9:1-5 Saulus was nog so rustig op reis toe lig uit die hemel uit op hom neerdaal teen 300 000 km/sek, en in ‘n oogwink elke stukkie duisternis uit hom uithaal. Toe God besluit Hy gaan vir Saulus red, het hy iets in Saulus ingeplant wat sy hele wese verander het. Jy sien, om lig voort te bring, moet jy iets prysgee. God het dus iets van Homself in Saulus ingeplaas, en dit was liefde. Hoewel Saulus gedink het dat hy ter goeder trou die Christene vervolg het, was hy die ene duisternis. Die probleem is, hy het dit nie geglo of geweet nie. Toe God se lig egter op hom skyn, kon die duisternis in hom eenvoudig nie kers vashou nie. Duisternis het nie energie nodig nie, geestelike duisternis is doodsheid. Dis hoekom Satan in die duister beweeg. Hy het geen bron van energie nie, en hy is geen bron van energie nie. Daarom kan hy niks van homself gee nie, en soek hy Christene wat die lig in hulle het om so bietjie van sy duisternis te verdryf. 2 Kor 11:14 Na-aper, voordoener, ligloos, energieloos, nutteloos. Nee, vir hóm het ek en jy nie nodig nie. God is die Lig vir hierdie wêreld, die enigste, ware bron. 1 Joh 1:5 Kan jy sien dat ‘n wedergebore Christen nooit weer vir Satan hoef te vrees nie? Toe Jesus sterf aan die kruis, was dit vir 3 ure donker, en toe nie meer nie, want toe het die Lig die duisternis oorwin. Joh 8:12 Nou weet ons dit. Wat gaan ek en jy daarmee doen? Ek dink dit sal een van drie dinge wees: 1) Jy kan die lig weerkaats – soos
‘n spieël , terug na die bron toe. Dit is om God te weerstaan, om nie Sy
genade en verlossingswerk te aanvaar nie. Dit is moontlik. As ek en jy nie skyn in hierdie wêreld nie, wie sal? |