|
|
|
'n Pragtige liedjie wat Malvina Reynolds in 1962 geskryf het, terwyl sy en haar man in Amerika gery het. Dis na aanleiding van honderde, identiese huise wat opgespring het in woonbuurtes, en al wat verskil het was die kleur. 'n Dosent aan 'n universiteit het as volg op die liedjie gereageer:- The profundity of the satire is attested by a university professor of the time who said that, "I've been lecturing my classes about middle-class conformity for a whole semester. Here's a song that says it all in 1˝ minutes."
So maak ons ook met ons kinders. Jy MOET 'n goeie sportman wees, want jou pa was een, jy moet akademies bo-gemiddeld presteer, want jou sussie doen dit. Jy moet musiek maak, want iemand moet ouma se lendelam klavier erf en soos Beethoven daarop speel. Jy moet Universiteit toe gaan en 'n sekere graad behaal, want almal in die voorgeslagte het dit studeer. Want daar is mos hierdie familiesaak wat oorgeneem word, en as jy dit nie regkry nie, beland dit in jou nefie se hande. Nou wil ek vra:- Sę wie? Van wanneer af moet jou ingebore drome, aspirasies en talente in 'n boksie geprop word wat nie vir jou gemaak is nie? Bereik mense wat nie aan hierdie kriteria voldoen nie, dan niks nie? Ek sę jou, omdat mense nie kan aanvaar dat God hulle gemaak het soos hulle is nie, is daar soveel ongelukkigheid en onvergenoegdheid in hierdie lewe. Mense wat glo hulle is mislukkings, minderwaardig en verloorders, lei dikwels aan depressie oor hierdie ding en buig dan maar voor hierdie boksie-sindroom. Weet jy, die Here sit ons verseker nie in boksies nie. Laat 100 mense in een groot vertrek sit en klets, en elke een sal iemand anders se boksie begeer waar hy sal glo hy pas beter in. Die Here het ons egter uniek en spesiaal gemaak. Want Hy maak nie Jack-in-the-boxes nie. Ps 139 : 13-18
U het my tot in die fynste detail gemaak... Weet jy dat jy 'n unieke serienommer het? In die verlede het ons mos geglo dat ons vingerafdrukke uniek is. Maar jou vingerafdrukke vergaan saam met jou as jy sterf. Maar neem oor 'n 1000 jaar 'n haar en ontleed hom en jy lees ' n mens se volledige DNA profiel. Absoluut uniek jy! Handgemaak deur God, nie massaproduksie nie, gemaak om nou te leef met 'n doel, vir nou. Met 'n serienommer. Is jy lief vir jouself? Dis net ja of nee. Hou jy van wie jy in die spieël sien? A die Here jou kort gemaak het, is jy kort, en as jy dan makliker 'n kilo'tjie aansit as ander, dan is dit nou maar so. Of te lank, of 'n skewe neus, of wat ookal. Selfs as jy gestrem is, het die Here nie 'n fout gemaak nie. As jy nie vinnig kan hardloop nie, is dit dalk omdat jy nie vir iemand hoef weg te hardloop nie. As die Here sę jou liggaam is 'n tempel van Hom, beteken dit nie dat dit 'n kappelletjie hoef te wees nie. Dalk is ek 'n katedraal! Net miskien 'n groot boks nodig om in te pas. Ps 139 sę geensins dat volmaaktheid lę in die węreld se standaarde van perfeksie nie. Bene so lank, hare hierdie kleur, neusie so groot, oortjies so klein en dit alles boonop afgerond met 'n netjiese sixpack. Jy sien, die probleem lę nie in wat die Here van ons dink nie, maar wat ons glo ander onvolmaakte mense van ons dink. Dan maak ons ons kinders ook so groot. As jy nie dit of dat doen nie, gaan jy nęrens kom nie. Dan kry jy natuurlik hierdie ewige Geestelike boksies waarin die węreld jou wil prop. Ons lees mos graag Opinie 3:25 en wil almal daarin laat glo, en as hulle nie daarmee saamgaan nie, is hulle nie gered nie! 1 Kor 12:28-31 Hoor jy wat Paulus sę oor die spreek in tale? Party mense sę mos die spreek in tale is 'n voorwaarde vir bekering. Jammer, verkeerd. En om op 'n sekere manier gedoop te word? Ek dink nogal ek kan 'n klompie gewilde voorwaardes bymekaar sit wat sal bewys dat ek reguit op pad is hel toe. Dis nou aldus die boksie waarin party mense my sou wou prop. Maar nee, ek weet ek gaan by Jesus wees na hierdie lewe, en dit hang nie van ander mense se boksies af nie. Natuurlik is spreek in tale 'n baie besondere gawe, en daar is 'n wonderlike versekering in 'n doop ervaring. Maar spreek in tale is 'n gawe deur God gegee vir wie Hy dit wil gee. Oppas dat mense jou nie in 'n boks prop daarmee nie. Maar.... hier is 'n groot maar. Jy moet dalk uit jou Geestelike boks kom waarin jy jouself so knus bevind. Jy is tot 1000 x meer in staat as wat jy dink en glo. Jy hoef nie 'n prediker te wees om die Woord te verkondig nie, en jy hoef nie geld te gee om 'n verskil te maak nie, want die Here kan jou gebruik nes jy is. Lees gerus hierdie stukkie: (kliek om te lees) “'n Reguit hou met 'n krom stok”. Hoe lyk dit daar in jou boksie? Party mense glo mos maar dat die sonde oor jou kan heers, want “jou pa was so en jou broer was so”. Nou is jy ook maar so. Dis wat 'n persoon se rede was dat hy sy vrou verneuk het. Omdat sy pa en broer dit gedoen het, was dit nie nodig om uit sy boks te kom nie, want die sonde was te lekker. Al hoe jy uit jou boksie gaan kom, is om te aanvaar dat God jou uniek gemaak het, net soos jy is, as 'n baie spesiale skepsel, serienommer en al. Die Here wou jou nóú hier op aarde hę vir 'n sekere doel. En Jesus het vir jou persoonlik gesterf, vir wie jy is. Hy het nie “korporatief” gesterf nie, Hy het gesterf asof jy die enigste mens op aarde is. As Hy sę Hy skryf jou naam in Sy handpalms, dan skryf Hy nie “mensdom” nie, Hy skryf jou naam – soos jou ma jou genoem het – daarin. Selfs as jy dink jy was nie beplan deur jou ouers nie, was jy steeds deur God beplan, of jy dit glo of nie, want die Here maak nie foute nie. Moenie aanvaar dat die lewe maar 'n “dump” en 'n hool is nie, want omstandighede laat die lewe maar boksierig lyk. Die manier wat ander mense dinge doen lyk ook soms soos die ideale boksie en dan laat ons toe dat ons daarin gegiet word, teen ons sin. Nee wat, jy hoort nie daarbinne nie en jou kinders ook nie. Mense sonder grade is nie mislukkings nie, en kinders wat skaak bo rugby verkies ook nie. Terloops, ek het nog nooit van iemand gehoor wat op 50 jaar sukkel met 'n skaakbesering nie. Jy is ook nie 'n mislukking as jy deur egskeiding is nie, en ook nie as jy jou werk verloor het nie. Of as jy anders ge-“shape” is nie. Round is a shape! Aldus die slim mense. Ek is liewer anders gevorm as om te lyk soos iemand anders se vierkantige boksie. Little boxes on the hillsideLittle boxes made of ticky tacky Little boxes Little boxes Little boxes all the same... |