AS JY OP DIE WATER WIL LOOP

Matt 14 : 22 -32 22 Net daarna het Jesus sy dissipels in die skuit laat klim om solank voor Hom uit te vaar na die oorkant toe terwyl Hy nog eers die mense huis toe laat gaan. 23 Nadat Hy die mense weggestuur het, het Hy alleen na die berg toe gegaan om te bid. Toe dit aand word, was Hy daar alleen. 24 Die skuit was reeds 'n paar kilometer van die kus af en is deur die golwe geteister, want die wind was van voor. 25 Met dagbreek die volgende môre het Hy op die see na hulle toe aangeloop gekom. 26 Toe sy dissipels Hom op die see sien loop, het hulle groot geskrik en gesê: Dis 'n spook! Van angs het hulle hard begin skreeu. 27 Maar Jesus het dadelik met hulle gepraat en gesê: Wees gerus, dit is Ek. Moenie bang wees nie. 28 Toe sê Petrus vir Hom: Here, as dit regtig U is, beveel my om op die water na U toe te kom. 29 Kom! sê Hy.Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. 30 Maar toe Petrus sien hoe sterk is die wind, het hy bang geword en begin sink en uitgeroep: Here, red my! 31 Dadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesê: Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel? 32 Hulle het toe in die skuit geklim, en die wind het gaan lê.

Ek sien 'n boek "As jy op die water wil loop, klim uit die skuit uit". John Ortberg

Die boek het 'n groot indruk op my gemaak. Luister net weer "AS JY OP DIE WATER WIL LOOP, KLIM UIT DIE SKUIT UIT" Hierdie stelling - is dit bemoediging, waagmoed? Soms sit ons so vas in die skuit ten opsigte van werk, huwelik, persoonlike lewe, geldsake, geestelike lewe. Dikwels voel ons ons moet in beweging kom, maar ons ploeter tussen die riete. Iets moet verander!!

· Werk - korporatiewe leër - frustrasie - onderdrukking - ongelukkigheid. 
· Kinders - besluite neem - praat met hulle - dissipline probleme. 
· Persoonlike lewe - nuwe uitdagings - nuwe stokperdjie of iets wat sin kan gee - afhanklikheid (drank?) · Huwelik - dinge regruk - ander verhoudinge stop - nuwe besluite maak - stappe neem - berading.

As jy op die water wil loop, klim uit die skuit. Wat verhoed jou? Vrees, onsekerheid, ongeloof, selfdissipline, verkeerde fokus? Kyk na Petrus. Matt 14 : 25 - 27.

Petrus: "As dit U is, beveel my om op die water te loop".

Jesus: "Kom". So sê Hy ook vir ons. Interessant dat Jesus hom nie uitnooi nie - Sy begeerte - Jesus sê: "Kom".

Hier kom die kruks. Petrus klim uit!! Dink - water, is nie solied onder sy voete nie - hou nie vas nie. Petrus loop!!

Petrus verloor fokus. Daar was wind - hy neem sy fokus van Jesus af - en hy sink.

Jesus sê: "Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?" Twyfel hou ons weg van geloofstappe af. Petrus neem die stap. Watter stappe moet jy dalk neem?

Hoe het Petrus teruggekom in die skuit? Geloop? Op die water?

As jy op die water wil loop, klim uit die skuit. Soms verduur ons maar net omstandighede. Die Here maak soms deure oop, maar ons ignoreer dit. Hy maak soms vir ons geestelike deure oop, in die vorm van bedieninge.

Die Here verwag van ons om dalk 'n groot geloofstap te neem - dalk om iets te doen in Koninkrykswerk, dan doen ons dit nie. Dalk wil die Here ons grondgebied vergroot - Jabes.

Die Here vertrou iets aan ons toe - ons weier. Die boot is te gerieflik. Die Here maak weer deure toe.

Wat is die verskil tussen rede of vrot verskoning? Bid vir antwoorde? As die Here oopmaak? En God se reaksie as ons konstant vrot verskonings het?

Waar moet jy nog uit die skuit kom? Werk - besigheid.

Wat hou mense in die boot was? Gebrek aan geloof? In God? Geloof in jouself? Ons sien ander op die water loop, maar wil nie dieselfde geloofstap neem nie. Dan word ons jaloers. Beny mense. Praat altyd van hulle lekker lewens.

Joh 10:10 "Ek wil jou die lewe gee, en dit in oorvloed". Nie noodwendig geld, of materiële dinge nie, maar oorvloed vrede, geluk, genade, liefde. Ons ontneem onsself soms van die seën van waterloop, saam met Jesus.

Soms is dit vrees of ongehoorsaamheid. Soms word omstandighede slegter en slegter - ons glo dit moet maar so wees.

Die Here wil die lewe gee, in oorvloed. Kom ons neem dit!!

Gebed: Here, gee dat ons uit die skuit sal klim en op die water sal loop - met ons oë op Jesus. Amen

TERUG NA LYS MET TEMAS