|
|
|
MET WATTER WAPENRUSTING? - 23 Julie 2008 Met watter wapenrusting gaan jy in die geveg in? 'n Wapenrusting bepaal hoe goed jy voorberei is vir 'n geveg. Jou wapenrusting berei jou voor, en bepaal jou strategie. Dit gee jou 'n voorsprong, óf 'n nadeel. Dit laat jou offensief of defensief veg. Die wapenrusting moet pas by die gevegsplan, die terrein, die aanslag en die vermoëns waaroor jy beskik. Ons is in 'n geveg. Ons almal! En … anders as wat jy dalk mag dink, praat ek nie vandag oor die Christen se wapenrusting van Efesiërs 6 nie. Ek praat doodeenvoudig oor die moeilike tye van vandag. Hierdie geveg wat jou in 'n drukgang vasgeknel hou. Die onsekerheid oor jou werk, te min geld (ja, en dit is deesdae omtrent almal se probleem, né?), alles rondom jou wat jou dalk onderkry. Die geveg om oorlewing. Daarom vra ek weer: met watter wapenrusting vat jy hierdie geveg aan? Verskillende mense gebruik verskillende strategieë: sommige onttrek in 'n "bunker" onder die grond - die skote klap om hulle, maar soos 'n volstruis met die kop in die sand, sit hulle en wag dat die geveg oorgaan. Sommige vlug, en hoop die geveg sal agterbly - iets wat selde gebeur. Ander probeer om hulle uit die ding uit te onderhandel. Nóg ander steek die wit vlag op en gee oor. En dan … kry jy dié wat bereid is om terug te veg. Om moeilike tye en swaarkry tromp-op aan te vat. Hoe lyk jou lewensomstandighede vandag? Is jy op moedverloor se vlakte? Lyk môre stikdonker? En hoe lyk jou wapenrusting …? Jou gevegsmondering? 'n Geveg is net die moeite werd as daar 'n kans is dat jy dit kan wen. Ek gee vandag vir jou net een enkele teks wat jou kan laat wen: "Hou vas aan die geloof, en behou 'n goeie gewete" (1 Tim 1:19) Kragtige woorde - iets waaraan elkeen van ons maar kan vashou in die huidige oorlewingstryd. Wat jou geveg ookal mag wees, vra jy seker ook vrae soos: "Waar gaan hierdie geveg heen? Het hy 'n einde? Het ek 'n kans om te oorleef? Gaan dit finansieël ooit beter gaan? Sal ek weer werk kry? Gaan ek my huwelik deur hierdie stormwater kry?" Ek glo die antwoord is JA, as jou wapenrusting reg is. Niemand van ons het gevra vir hierdie omstandighede nie, en dalk het jy nie veel daartoe bygedra dat jy hierin beland het nie. Die punt is net, veg sal jy moet veg! Elke dag, elke oomblik, sal jy die storms moet miskyk en 'n stukkie lig sien deurbreek. Al lyk dit hoé donker. Baie hang af van jou gevegsplan .. daarom is die "bunker" nie 'n opsie nie, ook nie die wit vlag nie, ook nie onderhandelings nie. Net vasbyt, hakke inkap, swaard in die hand, geloof in plek, reg vir die stryd. Veg of gaan lê - wat kies jy? Met watter wapenrusting kan jy veg teen swaar tye? Hier is 'n paar praktiese punte: 1) Merlin Carothers skryf in die
boek "Prison to Praise" dat jy die Here moet prys as iets sleg
met jou gebeur … want, jy ken nie die uiteinde nie. Dalk sal jy soos
miljoene ander kan sê "Die swaarkry was die moeite werd". 'n
Moeilike een! Begin vandag om die Here te prys vir jou moeilike situasie,
al klink dit onlogies. Prys die Here, en wag geduldig vir die uitkoms.
|