|
|
|
OUERSKAP Ons praat oor ouerskap - ouerskap
wat iets werd is. Seker 'n onderwerp waaroor ons nooit genoeg kan praat
nie. En in besonder in vandag se lewe, waar die druk op ons kinders
geweldig raak. Druk wat van alle kante af kom. Van vriende, omstandighede,
kultuur, politiek, ja selfs op geestelike vlak. En dan - seker die ergste
- hierdie ongelooflike druk van die ouers af. Miskien juis oor hierdie
onvergenoegde gevoel wat ons oor onsself het. Job 1 : 1 - 5 Hier lees ons van Job wat sy kinders se belange op die hart gedra het. Ek wil net so een en ander uit hierdie gedeelte haal van Job as pa. 1. Job het so baie vir sy kinders
se geestelike welstand omgegee, dat daar staan dat hy elke keer na
partytjies hierdie reinigingsaksie uitgevoer het. Ouerskap. Hoe vorder ons as ouers? Wat laat ons na in ons kinders? As iemand sou sê jou kind is nes sy pa, sal dit vir jou 'n kompliment wees of nie? Spr 17 : 6 "Kleinkinders is vir oumense 'n trots; vaders is vir hulle seuns 'n sieraad" Volgens die HAT is 'n sieraad: "Voorwerp van edel metaal; 'n verfraaiing; iemand wat uitblink; iets eervol." Ja jitte, iemand wat uitblink - deesdae is die enigste blink wat ons kinders sien, die feit dat ons skitter in ons afwesigheid. Die gemiddelde kind, het net 10% van 'n pa. Want die werk het 90%. Spr 20 : 7 "Wie reg doen, en eerlik lewe, met sy kinders gaan dit goed." Wat sien ons kinders by ons? Hoor hulle hoe jy 'n 'deal' gekook het? Of suggestiewe taal uit jou mond uit? Of dalk so 'n dubbele standaard. Nou so en by die kerk so? Spr 29 : 17 "Gee jou seun 'n goeie opvoeding en jy sal gerus wees oor hom, hy sal jou baie vreugde verskaf." Nou vra ek jou in die lig van hierdie teks:- kan jy jou maltees oor e-pos leer om deur 'n hoepel te spring? Of 'n papegaai 'n deuntjie leer fluit per sms? Net so min kan jy jou kind 'n opvoeding gee as jy nooit daar is nie. Dan leer hy die waardestelsel van die dagmoeder, onderwyseres, bediende, en dan uiteindelik van sy vriende. Al gehoor van kwaliteit tyd? Glo jy daaraan? Hoe is 'n steak in die restourant, perfek gaar gemaak, gegeur, supersag, rypgemaak, volmaak voorberei - en dis so groot soos 'n vuurhoutjieboksie? Dis wat ons doen met ons kinders. Hulle word ouerloos groot, en hulle is nie weeskinders nie. Dan koop ons hulle met te veel geld. Dan het hulle darem iets van ons lang ure by die werk - skrikwekkend!! 1 Kor 13 - vir pa's. Al het ek die gawe van woorde sodat ek 'n direksie met my argumente kan swaai, of skares na my preke kan laat stroom, en ek het nie die liefde om na my kinders te luister nie, doen ek meer kwaad as goed. Al ken ek die geheimenisse van die Beurs en die Reserwebank, en al besit ek al die kennis van rugby- en krieketreëls, en al het ek al die geloof dat ons hierdie land met gebed kan verander, maar ek het nie die liefde om my kinders die gevare van baie geld te leer, langs die baan te staan as hulle speel of hulle te leer bid nie, dan het ek niks bereik nie. Al gee ek 'n dubbele tiende vir die armes, en al beroem ek my dat ek in elke liefdadigheidsraad op my dorp dien en vakansies my gesondheid opoffer om in malariagebiede sendingwerk te doen, en ek is te moeg om saans vir my kinders boeke te lees of naweke in die veld te gaan stap, baat dit my alles absoluut niks. 'n Pa wat liefhet, is geduldig met
kinders wat sukkel met wiskunde, 'n Pa verbly hom nie oor 'n kind se
foute met: Daarom wil ek my kinders se skandes
met liefde bedek, 'n Opregte drukkie en 'n intieme
gesprek van 'n ouer bly lank in 'n kinderhart. Maar die preek of toespraak
wat ek liewer in die tyd wou skryf sal oormôre weer vergeet wees. Toe ek 'n jong man was, was ek
gesteld op my voorkoms, my motor en my geleerdheid, Nou kyk ek nog vas teen rebelse
tienergesigte, En nou: Sjoe, is hierdie nie so waar nie. Hoe kan ons kinders heel agter staan teenoor alles anders? Dis eers wanneer ouers 'n kind aan die dood afstaan, dat hulle besef wat die kind beteken het. 'n Pa sê eendag dat hy so wens sy kind se kamer is deurmekaar, en sy huiswerk en skoolpunte is toe nie heel bo in die klas nie, en die kind is tog net so 'n bietjie rebels. Maar die kind is dood, en al sy lang ure by die werk het gemaak dat hy sy kind se lewe gemis het. Bid vir jou kind, maar moenie bid vir dinge wat jy self moet doen nie. Dis sinneloos. DOEN wat jy moet doen!
|