|
|
|
PROFESIE / VALS PROFETE Profesie, profete en in besonder vals profete. 'n Moeilike en sensitiewe onderwerp, maar tog nodig om daaroor te besin. Wat is profesie of doel daarvan? Jer 1 : 4 - 9 Hier word Jeremia aangestel as profeet, deur die Here self, al het hy gedink hy is te jonk. Profete kom al van baie lank terug af, en hulle het 'n baie spesifieke doel. En as jy gaan lees wat die funksie was van die profete in die ou testament, dan is dit presies dieselfde vir almal gewees. Die Here het profete gebruik as 'n spreekbuis vir Hom. Onthou nou, die bedeling was daardie tyd anders as nou, daar was nie iets soos 'n Bybel nie, of ander media nie. God het direk deur mense en met mense gepraat. As ek vir jou sou vra, wat was die doel van die profete en wat het hulle gesę, wat sou jy sę? Die antwoord was eenvoudig. 1. Die doel was om mense op te rig
om namens Hom te praat. Wat is profesie nie?? Dit lyk my dat vernaam in die Ou Testament daar 'n direkte lyn getrek was tussen waarsęery en profesie. En dis vandag presies dieselfde. Mense wil so graag hoor wat vir hulle in die toekoms voorlę. (altyd voorspoed), en wil dit dan profesie noem. En dis baie baie gevaarlik!! Jer 14 : 14 "Die Here het vir my gesę: Die profete gee voor dat hulle in my Naam optree, maar Ek het hulle nie gestuur of beveel nie, Ek het nie eens met hulle gepraat nie. Dit is gesigte wat nie bestaan nie, nuttelose waarsęery, dit is bedrog wat hulle versin wat hulle vir julle aanbied as woorde van profete." Hoef daar eintlik meer gesę te word? God het 'n afsku in waarsęery. En in besonder as dit in die naam van profesie gebeur. Vandag is dit nog net so waar as duisende jare gelede. God haat dit. Waarsęery is 'n gruwel in die Here se oë, en jy kan hordes tekste daaroor kry in die Bybel. Sterre voorspel in die tydskrifte, tarrot kaarte, is verkeerd. Ek is soos ek is want ek is in 'n sekere maand gebore. Nou wonder ek of jou persoonlikheid verander as jy drie dae te vroeg gebore word. Skiet my as jy wil, maar dis verkeerd. Die doel van profesie IS nie, en WAS nog nooit bedoel om in die toekoms in te kyk nie. Daar is baie mense wat al deur diep waters gegaan het omdat hulle gereageer het op uitsprake van sogenaamde profete (vals profete), omdat dit waarsęery was. Die vals profete: Jer 23 : 16 - 17 Jer 23 : 25 - 32 Ek wil 'n baie sensitiewe ding sę (vergewe my). Ek hoor so dikwels dat mense 'n gewoonte aankweek om dinge te sę soos: "Toe sę die Here vir my " of "Die Here het vir my gewys ." "Ek sien in jou ..". Natuurlik kan dit so wees. Maar is dit altyd? Jy sien, tot valse profete het dinge gesę wat korrek klink. Vers 17 "Die Here sę daar sal vrede vir julle wees". Dit klink so reg. Maar . "Daar sal nie 'n ramp oor julle kom nie." Hand 16 : 16 - 19 Jitte, het sy enigiets verkeerd gesę? Nee, maar die motief was verkeerd. Sy het geld gemaak vir haar eienaars. En Paulus en Silas is selfs in die tronk gegooi daaroor. Kan jy sien hoe ontsettend belangrik dit is dat ons ongelooflike goeie onderskeidingsvermoë moet hę. As iemand iets sę, moet ons eintlik vra "sę wie?" Is dit God wat regtig gepraat het, of nie? Is die motief selfgedrewe, of om God se Koninkryk uit te brei? Daar is 'n groot verskil tussen wat die leuenaar - satan - doen en vals profesië. Maar, ek glo die bose sit agter albei. Want vals profesie kan so reg klink, en mens kan so maklik dit aanvaar asof van die Here af, maar dalk is dit nie. Vals profete. Nou hoe dan nou gemaak? Het mense vandag die gawe van profesie? Verseker, definitief. Dis een van die pertinente genadegawes wat die Here vir mense gee. 1 Kon 12 : 10 (ou vertaling) Die gawe van profesie - nuwe vertaling praat dit van "die gawe om God se boodskap te verkondig". Dus, om te sę wat God sę. Hoe weet ek dan waarna ek moet luister? 1. Ondersoek jou eie motief oor
hoekom jy iets wil hoor. Is dit tot jou eie voordeel? Materialisties van
aard? Of regtig om uit te vind wat jy moet doen? Dis moeilike goeters hierdie, maar as ons alles gaan toets aan motief, gaan ons reeds 'n groot element van valse profesie uitwis. En weet jy, daar is wonderlike beloftes wat saam met profesie gaan. Jes 1 : 18 "Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sę die Here: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol." 'n Pragtige profesie.
|