|
|
|
RIGTINGWYSERS IN DIE LEWE Daar is so baie plekke in die Bybel
waar ons kan lees wat God se bedoeling vir ons lewens is. Hoe wil die Here
hê moet ons dag vir dag leef? Jesus se koms aarde toe het vir ons alles
geleer wat ons nodig het. Maar die Bybel in sy geheel is die totale
rigtingwyser wat ons nodig het om 'n goeie, sinvolle bestaan te voer. Niks
meer is nodig nie, alles is daar. Ja, selfs ongelowiges sal maklik verwys
na die sogenaamde Goeie Boek. Inderdaad is daar niks anders wat die Bybel
in hierdie konteks verbysteek nie. As jy enige enkele skrywer oor boeke,
opvoedingsboeke, kinderboeke, besigheidsetiek, verhoudinge, of wat ookal
jy in die hande kan kry, bymekaar sit, sal dit steeds nie die Bybel
oortref nie. Niks die insig, of wysheid van die Woord van God in die skadu
stel nie. En inderdaad, as ons almal al hierdie reëls nakom, kan daar bykans niks verkeerd loop nie. So gee die Bybel vir ons al hierdie reëls en rigtingwysers vir dieselfde doel. Jy sien, mense sien hierdie dinge verkeerdelik as wettiese handelinge - om weer die wet getrou en slaafs na te volg, maar dis nie die bedoeling nie. Die Bybel vertel vir ons wat nodig is om 'n goeie sinvolle bestaan te maak. Dis nie om ons te straf nie, dis om ons te lei. Die Here het net die beste vir ons in gedagte. Soos jy ry, sien jy hordes padtekens. Van nou af, as jy 'n padteken sien, probeer om dit te vergeestelik en kyk watse interessante dinge gaan jy besef. 1. Roete-aanwyser: Dit is so
'n blou bord met inligting. Joh 14 : 6 "Jesus het vir hom gesê,
Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe
behalwe deur My nie." As Jesus sê "Ek is die weg", dan
bedoel hierdie bord dat Jesus die pad is wat na die Vader lei. Geen ander
pad gaan jou daar bring nie. Jesus sê duidelik dat NET hierdie roete jou
daar gaan bring. Daar is geen ompad, kortpad, lang pad, snelweg, niks wat
soontoe lei nie. Soms wil die Here hê ons moet net so bietjie by Sy voete kom sit en rustig raak. Stil word saam met Hom en net Sy teenwoordigheid geniet. Stiltetyd saam met die Here is soos om te parkeer in Sy teenwoordigheid en net Sy teenwoordigheid te geniet. 3. Stilhou verbode. Moenie hier stop nie, nie eers stilhou nie. Hou net verby. Spr 6 : 24 - 35 Sjoe, hierdie waarskuwing is hard. Daar is baie dinge in die Bybel wat die Here nie toelaat nie, soos in Sy wet uiteengesit. Dit is alles waarskuwings wat sê "moenie". Hier lees ons in Spreuke van 'n element van die lewe waarvoor ons so versigtig moet wees. Die boodskap is duidelik "Moenie". 4. Waarkuwingsteken - Rivieroewer. Ek sien nou die dag so 'n teken met 'n karretjie wat in die water val. Spr 14 : 12 "Daar is 'n lewenswyse wat vir 'n mens reg kan lyk, maar die uitende daarvan is die dood". Hieroor kan ons sekerlik vir 'n paar dae praat. Soveel mense wie se lewe op 'n ramp afstuur, maar hulle leef asof hulle dit nie weet nie. Sagte misdaad, wit leuens, ietsie vaslê of vat wat nie joune is nie. Baie dinge wat mense doen wat hulle oënskynlik nie weet verkeerd is nie. Dalk ken jy ook so iemand wat jy sê hierdie persoon gaan nog in die tronk land - of 'n vroeë dood tegemoet gaan. Almal waarsku maar hulle luister nie, en weet klaarblyklik nie waarheen hulle op pad is nie. 'n Lewenswyse wat reg mag lyk, maar die uiteinde is die dood. 5. Nou ja, die lewe is darem nie
net vol swaar goeters nie, nee wat, die Here het ook die lekker vir ons in
gedagte. Soek bv dié teken: Pred 2 : 24 - 26a En so wys die Here ook vir ons dat Hy die goeie en die lekker van die lewe vir ons bedoel. 6. Waarskuwing: Oppas vir diere Het jy al so 'n bord langs die pad gesien wat sê jy moet oppas vir diere? Spr 12 : 10 "Die regverdige sorg goed vir sy diere, maar die goddeloses is wreed". So maak die Here ook vir die res
van Sy skepping voorsiening. 8. Padvernouing Hierdie
teken herinner ons dat die weg na saligheid 'n smal weg is. Soms bietjie
moeilik, maar die uiteinde is salig. As almal gehoorsaam is, is daar geen probleme nie. Dan gee die Here vir ons die LEWE en dit in oorvloed.
|