|
|
|
SATAN
– 6 Julie 2009 Hoe praat mens
oor iets wat die slegste moontlike entiteit op aarde is? Dié party wat
die meeste vernietiging denkbaar saai, wat die bron van álles is wat
onvolmaak is, wat absoluut niks goed bevat nie… mens kan dalk wonder
hoekom mens hoegenaamd oor só iets wil praat. Wel, as mens jou vyand se
stategie ken, sy sterkpunte en swakhede, kan jy seker enige situasie waar
dié een is beter hanteer. Wat noem die
Bybel hom? Die aanklaer, die bose, die god van hierdie wêreld, dier uit
die see, dier uit die aarde, draak, duiwel, moordenaar, owerste van
hierdie wêreld, slang van ouds, vader van die leuen, verleier, versoeker,
vors van hierdie wêreld, vors van die onsigbare magte. Sy naam? Satan.
Lelike naam, vloekwoord, verskrikking! Vyand nommer 1. Nou ja, ek hou nie
daarvan om oor hom te praat nie, ek verwys selde na hom, ek is nie bang
vir hom nie, en verkies om geensins eer aan hom te gee nie. Wel, so sleg as
wat die kalant is, verkies ek gewoonlik om my te distansieër van
praatjies waar hy die skuld gegee word vir alles wat sleg is. Die volgende
hoor mens gereeld: Satan het my sonde laat doen; hy het my gekeer om dit
of dat te doen; hy het gemaak dat my wekker nie afgaan nie, toe verslaap
ek; hy het in die klankstelsel by die kerk ingevaar; hy het my kar laat
breek oppad na ‘n goeie geleenteid toe. Mmmm … soms wonder ek –
darem maklik om iemand die skuld te gee vir my eie swakhede, of wanneer ek
dinge nalaat, ens. Karre breek maar, weet jy? Klankstelstels ook – die
goed raak oud, en kan onklaar raak op ongeleë tye. En verslaap? Party
mense verslaap gereeld in die naam van die bose. Sonde? Nee, as ek besluit
om sonde te doen, kan ek dit nie eers voor sy deur gaan lê nie. Dis ‘n
keuse. Die feit dat sonde so aan ons vaskleef, is ons eie keuse. Openb 12:7-9 2 Pet 2:4 Sien, dis
laaankal wat hierdie ou met sy streke besig is. Hy was ‘n engel ... van
alle dinge! In die hemel begin hy met sy truuks, en verloor sy hemelse
tuiste. Onthou, Jesus was nog altyd daar – alles is deur Hom en vir Hom
geskep. Toe Satan die stryd verloor, het hy verseker nie vir hom ‘n
pizza-oond gaan bou om hom en sy vriende warm te broei nie. Nee, TOE breek
daar oorlog uit. Selfs ook toe Jesus op aarde met sy openbare bediening
begin, was Satan heel eerste by. Matt 4:1-11 Vers 8: “Toe
neem die duiwel Hom na 'n baie hoë berg toe, wys Hom al die koninkryke
van die wêreld met hulle prag en sê vir Hom: "Dit alles sal ek vir
U gee as U neerval en my aanbid."”
– Satan is só arrogant dat hy selfs iets vir Jesus aanbied wat
nie eens aan hom behoort nie. Openb 12:9 praat
van die slang van ouds. In Genesis IN die paradys was hy teenwoordig.
Verstommend waar hy dit waag om sy kop uit te steek, nê? Skrik vir niks. Vandag is die
Satan verseker ook baie aktief. Daar is een ding wat ons goed moet weet:
hy háát jou. Met alles wat in hom is. Hy haat die Here, hy haat elke
Christen, en hy haat selfs elke Satanis wat op hierdie aarde loop. Nogal
jammer Sataniste verstaan dit nie. En dis nogal baie keer só dat mense
wat nooit liefde ervaar nie, hulle toevlug neem tot iemand wat hulle meer
haat as enige iemand anders. Wat doen hy
vandag?
Nou waar los dit
ons dan?
Sien jy? Geen vrees is nodig. Geen knie-buig voor hom nie. Hy is klaar oorwin. Jesus sê: “Tetelestai”
|