|
|
|
SLAAP - 15 Oktober 2008 Wat is die slaap 'n wondersoete
ding! Vir laas beef oor haar lippe 'n
fluistering: Só skryf D.F Malherbe as hy sien hoe sy dogtertjie aan die slaap raak, en dan vergelyk hy dit met sy eie ewige rus ná hierdie lewe. Slaap is eintlik maar 'n vreemde ding. Jou liggaam gaan in 'n staat van rus, waar jou spiere ontspan, jou oë gaan toe, asemhaling raak rustig en jy reageer nie op lig en klank solank jy aan die slaap is nie. As jy genoeg slaap, is dit so 8 ure per nag, en dan beteken dit jy slaap 'n derde van jou lewe. Slaap en rus is 'n tyd wat die Here vir ons geskep het waarin ons kan afsluit van die werk en woel van die dag. Ongelukkig is dit ook 'n tyd van hoë risiko, want dan is jy onbewus van wat om jou aangaan. Nou ja, dink bietjie wie het jou laasnag beskerm terwyl jy geslaap het: Ps 3:6 "As ek gaan lê, slaap ek goed, ek word ook weer wakker, want die Here sorg vir my" Is dit nie waar nie? Het jy dalk gisteraand daaraan gedink toe jy gaan slaap het? Dalk het die Here se engele rondom jou stelling ingeneem. Ek weet nie hoe werk dié goed nie, maar miskien was daar die een of ander gevaar gewees waarvan jy nie eens bewus is nie. Dalk het iemand oor jou muur geklim, om deur 'n hond verwilder te word… want die Here het daarvoor gesorg. Jy sien, die Here sluimer of slaap nie, en sy versorging stop nie met slaaptyd nie. Hy is besig om Sy oog oor jou te hou. Klink dit nie wonderlik nie? God se genade aan die werk, wanneer ek en jy uitgeklink het! Wat is die slaap 'n wondersoete ding? Wat gebeur gedurende hierdie klompie ure? Hoewel jy droom, het jy nie beheer oor jou gedagtes nie, ook nie oor jou liggaam nie. Dit lyk my hierdie is 'n tyd wat die Here gemaak het waarin jy nie kan droogmaak nie - kan ons dalk sê in hierdie tyd is ons sonde-vry? Het jy al na 'n slapende kind gekyk? Só onskuldig dat dit jou laat smelt! Miskien kyk die Here ook in ons slaaptyd so na ons .. wow, dink net, 'n derde van jou lewe is jy rein in die oë van die Here. Ek dink God het ook laasnag met sulke oë na jou gekyk. Miskien het Hy ook gedink: "My handewerk is só volmaak" en "Ek is só lief vir hierdie stukkie skepping van My". Kan jy dit glo? Wel jy moet dit maar glo, want Hy
is onbeskryflik lief vir jou: Ps 127:1-2 Die Here praat ook met ons deur drome. Dit was baie algemeen in die Bybelse tyd, en dit gebeur vandag nog. Die Here praat soms met mense om boodskappe te bring, of om hulle harte te verander. Dit is verseker 'n tyd wat die Here ons onverdeelde aandag kan kry. Dis ook waar dat dit waarmee ons in
die dag worstel, beinvloed ons vannag. Is dit nie waar nie: min laat jou dalk bekommerd slaap, maar te veel laat jou onrusting slaap. Maar … as ons verhouding met die Here reg is, slaap ons goed, want: · ons vertrou op die Here |