|
|
|
Suur druiwe ... mmm, glad nie lekker nie. Veral as mens so ‘n boksie druiwe oopmaak en vol verwagting aan een byt. Kyk, lekker druiwe is darem maar lekker, maar suur druiwe is vrek sleg. Die ergste is dat mens niks daaraan kan doen nie. Soos hy is, so is hy. Volgens die HAT beteken die uitdrukking “suur druiwe”: “gesê van iets begeerliks wat ‘n mens minagtend afkeur as jy dit nie kan kry nie. Jes 5:1-6 Wat kan Ek nog vir my wingerd doen wat Ek nie reeds gedoen het nie? Wat is dan die rede dat dit suur druiwe voortgebring het terwyl Ek verwag het dat dit goeie druiwe sou dra? Ek maak julle nou bekend wat Ek met my wingerd gaan doen: Ek gaan die doringheining verwyder en verbrand, sy muur afbreek, sodat die wingerd vertrap kan word. Ek gaan hom tot niet maak. Hy sal nie meer gesnoei of geskoffel word nie, maar ingeneem word deur doringbosse en onkruid. Ek sal die wolke verbied om daarop te reën. Baie harde woord dié van die Here. “Hy het verwag dat dit goeie druiwe sou dra, maar toe bring dit druiwe voort wat suur bly” Teleurstelling, woede, waarskuwing. Dan sê die Here in vers 6: “Ek gaan hom tot niet maak”. Sjoe, dis nogal erg as mens jou druiwe se suiker inhoud toets en uitvind dis suur. Oneetbaar. Onaanvaarbaar. ‘n Klompie jare
gelede was ons op ‘n druiweplaas anderkant Brits wat net uitvoergehalte
tafel druiwe geproduseer het. Alla wêreld, dit was lekker druiwe! Stroop
soet, net die beste. In die verbouing van hierdie druiwe het baie
ingegaan. Ek ken nie die detail nie, maar ek onthou hoe streng die
gehaltebeheer was. Hoe die druif fisies gelyk het, was nie die
belangrikste nie. Sy suikerinhoud was die bepalende faktor. As daardie
druiwe gepluk was en die druiwe was suur, is die hele oes daarmee heen. Ek
dink nogal ‘n boer sou baie teleurgesteld wees as so ‘n oes die uiteinde
van sy harde werk is. Jes 5:1-2 Omgespit, klippe
verwyder, parskuip, uitgekap... alles net vir slegte vrugte. Ek wil amper
sê: Vervlakste Israeliete, hoe kán julle? Hoe kán julle die Here so
teleurstel? Terwyl Hy alles gedoen het wat nodig was. Sy bedoeling vir Sy
wingerd is só goed, maar dit het niks gehelp nie. Die Here het alles in
hulle ingebou wat Hy kon, maar dit was nie goed genoeg nie. Steeds neem
hulle die verkeerde besluite. Mens kan sê die Here het Sy kant ten volle
gebring, hulle eintlik bederf, maar toe kies hulle om suur te wees. Ai,
ons mensdom is darem maar goed daarmee om die Here teleur te stel. Hier is so bietjie goeie taktiek: Sê nou iemand skuld jou iets, of moet iets vir jou doen en hy doen dit nie, of jy is afhanklik van iemand om iets te doen, en jy wag en wag en niks gebeur nie, dan werk dit nogal goed om te vra: Wat kan ék doen dat hierdie saak afgehandel word? Dit werk nogal. Nou hier vra die Here vandag vir jou en my: Wat kan Ek nog doen dat jy soet druiwe dra? Het Ek nie álles gedoen wat Ek moes nie? Miskien vra die Here vandag vir ons: mens, My kant is skoon, Ek het gedoen wat Ek moes doen, hoekom bring jy nie jou kant nie? Wat moet Ek nóg doen? Het Ek nie reeds alles moontlik gedoen nie? Ek het jou volmaak geskep, al die kennis en inligting gegee wat Ek moes, Ek het My Seun gestuur, Ek het vir jou die Heilige Gees gegee, Ek het vir jou My Woord gegee, Ek het riglyne neergelê, mense op jou pad gestuur om jou te lei en te leer. Ek het My Woord in jou hart ingeplant, vir jou ‘n gewete gegee..... en tog is die druiwe suur, en die vrug is sleg en onbruikbaar. Die wingerd val uitmekaar uit, die onkruid neem oor en die doringbossse verdring die druiwestokke. Die bietjie vrug wat oorbly is suur en oneetbaar. Wat moet die Here dan nóg doen? Hier is ‘n paar dinge wat die druiwe suur maak:
Daar kan baie ander dinge wees.... Wat moet God nóg doen vir Sy wingerd? Niks! Hy het reeds alles gedoen. Die res berus by ons, en ons keuses. Wat kies ons vandag? |