|
|
|
Ons sukkel maar almal die een of ander tyd met besorgdheid, bekommernis, stress, bangwees, tob oor sake, vrees. Ons dink al hierdie goed is dieselfde, maar dit is nie, en ek wil die volgende onderskeid tref: Besorgdheid: dit is as jy bv. besorgd is oor jou bejaarde ma se gesondheid of veiligheid; of begaan is oor haweloses wat koud slaap Bekommernis: dit is bv. wanneer jou bejaarde ma regtig siek is, dit maal die heeltyd in jou kop, jy is besorg en beangs, jy maak die heeltyd planne oor wat jy kan doen om te help Stres: dit is druk wat opbou, soos ‘n snaar wat al hoe stywer span totdat dit breek Bang: dit is wanneer jy met angs vervul is, jy hou jou asem op; dit is bv. daardie gevoel wat jy kry wanneer jy na ‘n “scary”-fliek kyk Vrees: dit is daardie gevoel wat jy het, wanneer jy hoor daar breek ‘n venster êrens in die huis, en jy weet daar het iemand ingekom; koue sweet slaan op jou uit, jy kan nie asemhaal nie, jou hart klop in jou keel. Tob: dit is wanneer kommer-gedagtes maal en maal in jou gedagtes; wanneer jy saagsels saag (wanneer hout gesaag word, val daar mos fyn saagsels af; nou vat jy daai saagsels en probeer dit weer en weer saag.....) As ek nou ‘n definisie moet gee vir bekommernis, sou ek sê “Dit is dinge wat vir ons voel of dit buite beheer is”. Die meeste van ons se bekommernis gaan gewoonlik oor geld, maar dit kan ook wees oor jou huwelik, werksituasie, gesondheid, kinders, jou gesin se toekoms, ons land se toekoms, ens. 2 Kor 11 : 27 – 28 Daar was vir my harde werk en swaarkry, dikwels nagte sonder slaap, dikwels honger en dors; en dikwels was ek sonder kos, sonder skuiling of bedekking teen die koue. Behalwe dit alles was daar nog die daaglikse bekommernisse, die besorgdheid oor al die gemeentes. Hier lees ons van Paulus se bekommernisse en besorgdhede. Dit lyk vir my of ons almal maar een of ander tyd met hierdie euwel worstel. Party mense hanteer dit egter anders as ander. Bekommernis en stres is egter ook nodig. As ek en jy dit totaal wegdruk, sal ons natuurlik nie oorleef nie. Gesonde stres maak dat ons voorsien vir ons gesinne, onsself beskerm en werk vir oorlewing. Ek praat nie vandag hiervan nie, ek praat van stres wat ons angstig en siek maak. ‘n Paar feite oor bekommernis:-
Vandag is die dag waaroor jy jou gister so bekommer het. Is vandag regtig so sleg, en gister, verlede maand, verlede jaar... ? Matt 6 : 25 – 34Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een enkele uur verleng? En wat bekommer julle julle oor klere? Let op hoe groei die veldlelies: hulle swoeg nie en hulle maak nie klere nie. Maar Ek sê vir julle: Selfs Salomo in al sy prag was nie geklee soos een van hulle nie. As God dan die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre verbrand word, so versier, hoeveel te meer sal Hy dan nie vir julle sorg nie, julle kleingelowiges? Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het. Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee. As ek hierdie deel lees, dink ek dat bekommernisse dikwels die uitvloeisel is van my ongeloof. Bekommernis is egter ‘n menslike emosie, en is ‘n realiteit vir ons as mense. Die geloof kom in by ons hantering van bekommernis; hardloop jy verward rond, en raak heeltemal siek van jou bekommernis, of wéét jy dat dit nou die tyd is om staat te maak op die Here se krag, om te vertrou dat Hy sál voorsien, dat Hy sál help, dat uitkom sál opdaag. Dit is nou die tyd om Hom te glo as Hy sê:
Ons voel partykeer of die slegte tye gaan aanhou, so asof die Here nie ‘n uitkoms kan bring nie. Soms kyk ek so na die voëltjies op my grasperk, dan besef ek hoe die Here vir hulle sorg. Ek het nog nie een gesien wat swaarmoedig loop, op ‘n hoop sit of met ‘n lang gesig sit nie; hoeveel te meer kan ons nie ook daardie vrede hê nie, want ons wéét Wie sorg vir ons. Wat is dan die teenvoeter vir bekommernis? Fil 4 : 7 sê: “En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus”. Die woord “vrede” kom voor in die woord tevrede! Tevredenheid kan na my mening help as teenvoeter vir bekommernis. Kom ons doen gou
‘n toets – antwoord eerlik: Dikwels beleef ons kommer en stres net as gevolg van my en jou onvergenoegdheid en ontevredenheid; dalk is dit juis agv dinge wat jy oor jouself gebring het soos bv oorspandering, verkeerde verhoudinge, ens. Wat maak ons met die bekommernisse in ons lewens? ‘n Paar praktiese wenke:
‘n Praktiese manier om bekommernis hok te slaan: Vra jouself:
|