|
|
|
VADERSKAP 'n Pa vir jou kinders. Soos God 'n pa vir ons is. Sekerlik nogal woorde wat maklik gepraat - aan die een kant. En aan die ander kant, kan ek dalk sê dat ek nie myself met God kan vergelyk nie. Dis waar, maar ons kan sekerlik leer by God die Vader. En dan natuurlik uit die Bybel. En verder, hierdie geweldige sterk band tussen Jesus en Sy Vader. Jesus wat alles in totale toegewydheid aan Sy Vader doen. In Joh 10 lees ons van Jesus se gesprek met die Fariseërs waar Hy verduidelik dat Hy net onder die gesag van Sy Vader werk. Hier sien ons iets van Sy onderwerping aan gesag, Sy respek vir die Vader, Sy liefde vir die Vader, gehoorsaamheid. En dan dat Hy absoluut ferm staan in die aanvalle van die Fariseërs. En net so het ons as aardse pa's 'n rol, en 'n verantwoordelikheid, en 'n gesagsposisie en 'n opdrag. God hou ons verantwoordelik vir hierdie rol waarin Hy ons geplaas het. Die vraag is net, wat maak ons daarmee? Tot op watse mate voer ons hierdie verantwoordelikheid uit? Jesus het dikwels by Sy Vader se voete gaan sit. Dit impliseer dat die Vader altyd beskikbaar was. Hoe beskikbaar is ons? Jesus het Sy Vader goed geken!! Hoe goed ken ons kinders ons? God het Sy opdragte duidelik vir Jesus gegee. Hoe gee ons opdragte? Of moet ma dit doen? Ken ons ons kinders? Jesus sê, "Ek en die Vader is een". 'n Wonderlike verhouding. En ons, ken ons ons kinders? Is ons een? Watse pa's is ons? 1 Kor 13 vir pa's: Al sou ek die mooiste huis in die buurt hê en met die duurste BMW ry, maar my vrou en kinders geniet nie die weelde van my teenwoordigheid nie, dan is ek so waardeloos soos 'n bankkrediet met 'n nulbalans. Al het ek die gawe van woorde sodat ek 'n direksie met my argumente kan swaai, of skares na my preke kan laat stroom, en ek het nie die liefde om na my kinders te luister nie, doen ek meer kwaad as goed. Al ken ek die geheimenisse van die Beurs en die Reserwebank, en al besit ek al die kennis van rugby- en krieketreëls, en al het ek al die geloof dat ons hierdie land met gebed kan verander, maar ek het nie die liefde om my kinders die gevare van baie geld te leer, langs die baan te staan as hulle speel of hulle te leer bid nie, dan het ek niks bereik nie. Al gee ek 'n dubbele tiende vir die armes, en al beroem ek my dat ek in elke liefdadigheidsraad op my dorp dien en vakansies my gesondheid opoffer om in malariagebiede sendingwerk te doen, en ek is te moeg om saans vir my kinders boeke te lees of naweke in die veld te gaan stap, baat dit my alles absoluut niks. 'n Pa wat liefhet, is geduldig met kinders wat
sukkel met wiskunde, 'n Pa verbly hom nie oor 'n kind se foute met: Daarom wil ek my kinders se skandes met liefde
bedek, 'n Opregte drukkie en 'n intieme gesprek van 'n
ouer bly lank in 'n kinderhart. Maar die preek of toespraak wat ek liewer
in die tyd wou skryf sal oormore weer vergeet wees. Toe ek 'n jong man was, was ek gesteld op my
voorkoms, my motor en my geleerdheid, Nou kyk ek nog vas teen rebelse tienergesigte, En nou: Jitte, 'n klomp lewenslesse in hierdie stuk. Vergewe my as ek op jou gevoel speel, maar ek speel ook op my eie gevoel. Hoe lyk 'n pa duisend? · Mentorskap. Wat is die definisie van 'n mentor? Dit is iemand na wie toe jy kan opkyk, en sê, soos Rut vir Naomi, "Moet my tog nie dwing om van u af weg te gaan en om om te draai nie, want waar u gaan, sal ek gaan, waar u bly, sal ek bly, u volk is my volk, u God is my God, waar u sterf, sal ek sterf. Dis mentorskap. Pa, wat jy glo, sal ek glo, wat jy is, wil ek wees, die hemel waar jy gaan, wil ek gaan. Jou lewenswandel is die een wat ek wil wandel. Die verhouding wat jy met my het, wil ek eendag met my kinders hê. Soveel tyd as wat jy aan my gee, wil ek eendag aan my kinders gee. Dit is die moeite werd om jou kind te wees. Sjoe, kan ons dit regtig sê? · Leer jou kind. Spreuke 29 : 17 "Gee jou seun 'n goeie opvoeding en jy sal gerus wees oor hom, hy sal jou baie vreugde verskaf." Deut 6 : 6 - 7 "Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is, en as jy op pad is, en as jy gaan slaap, en as jy opstaan." Ons probeer egter afstandsonderrig gee. Leer die kind stap per e-pos, en wys ons styl per sms. En los die opvoedingstaak vir die onnie. Wat verwag ons? En dan sê ons "o koek, hierdie kinders van vandag!" En die kinders vra vir mekaar "Het jy 'n pa?" Wie is jou kind se pa? Een van vlees en bloed? Of 'n R100 noot? Net so 'n paar ander punte... · Leer om geduld te hê. Ons het nie geduld nie,
want ons ken nie ons kinders nie.
|