Vas en Gebed - Elizabeth Jordaan (Jericho Mure)


Laai die Word-dokument af >>

Bybelse vas het ‘n geestelike en godsdienstige oorsprong en was nooit bedoel vir gesondheidsredes of vir gewigsverlies nie.

Die Bybelse verstaan van vas is “om jouself te verloën of te misgun”. Dit het gewoonlik gepaard gegaan met die dra van ‘n roukleed (sackcloth) en die gooi van as op die kop (tekens van uiterste ontsteltenis, hartseer en berou).

Redes vir vas
· Omstandighede van geweldige nood of gevaar. Dit het dan daartoe gelei dat mense die uiterste vorm van liggaamlike straf gebring het (Hanna 1Sam1)
· Uitdrukking van droefheid (grief) – 2Sam3:35 (Abner); Esra10:6 (ontrou van ballinge); Neh1:4(Jerusalem se verwoesting)
· Woede/verbittering – Jonatan (1Sam1:34), Agab (1Kon21:4).
· Om ‘n beroep te doen op God; jou op God te beroep (appeal – appèl aanteken) (2Sam12:16-23 – kind); (Ester4:16); (Esra8:21)

Landswye of nasionale vas:
· In tye van oorlog – Rigt20:26 (burgeroorlog – Benjamiete); 2Kron20:3 (Josafat – Midianiete);
· Ekologiese ramp – Joel1:13

· Vas was dus ‘n erkende manier om God se beskerming of guns te vra.
· Vas het meestal gepaard gegaan met sondebelydenis en bekering (repentance). Dit was ‘n onaanvegbare getuienis of teken van berou oor sonde.

Nuwe Testament
· Om rigting by God te vra (Hand 13:2,3)

In opdrag van God
· Versoendag (Lev23:27-32) – wanneer die hoëpriester die bloed in die allerheiligste inneem en op die versoendeksel sprinkel

Na ballingskap – nuwe manier van vas – omdat daar nie offers kon gebring word by die tempel nie.
· Vas as offer van jou eie liggaam
· Sag 8:19 – verskillende vasdae volgens die Talmud in 4de, 5de, 7de en 10de maande – herdenking van nasionale rampe (goue kalf, Moses en breek van klippe met wet op, vernietiging van Jerusalem en die tempel), ook herdenking van Purim, Fees van Toewyding (herbou van tempel) (John10:22). Baie van hierdie fees en vas tye is weer opgeneem deur die Jode nadat Jerusalem en die tempel deur die Romeine verwoes is.

Hoe?
· Gedeeltelik – onthouding van sekere kosse (Daniel10:3)
· Totaal – geen kos of water, geen slaap, geen ablusie (Ester, Moses, Jesus)
· Vas van seksuele gemeenskap (Eks19:15; 1Kor7:4) – is deur die Middel-Eeuse kerke tot die ekstreem geneem deur die priesters te verhoed om te trou – gesien as totale toewyding van hulle hele menswees – onderdruk normale drange.
· Afsondering - geen menslike kontak (Moses, Elia, Jesus, Johannes die Doper – Essene)

Hoe lank?
· Van sonsopkoms tot sononder (Rigt20:26; 2Sam3:35)
· Sewe dae (1 week) (1Sam31:13)
· Drie weke (21 dae) (Daniel10)
· 40 Dae (Moses, Elia, Jesus)
· Leefstyl van vas (Num 6:2-9; Daniel1:16; 1Kor8:13) – Nasireër

Onaanvaarbare vas
· Nie ‘n uiterlike vertoon nie (skynheiligheid) maar innerlike offer en toewyding – Jes 58:3-10; Jer 14:5; Matt 6:16; Luk 18:12 (fariseër)

Isa 58:3 Hulle vra: “Waarom vas ons, maar U sien dit nie, verootmoedig ons ons, maar U gee nie aandag daaraan nie?” Dit is omdat julle op die vasdae doen wat julle wil en die mense wat vir julle werk, nog harder laat werk. Isa 58:4 Julle vasdae loop uit op twis en rusie, julle dam mekaar met die vuis by. Julle kan nie op hierdie manier vas en dan verwag dat julle gebed verhoor sal word in die hemel nie. Isa 58:5 Is dit ál wat Ek op 'n vasdag wil hê: net dat 'n mens homself verneder, dat hy sy nek buig soos 'n biesie en in sak en as sit? Noem jy dít 'n vasdag, 'n dag waarvan die Here hou?

Aanvaarbare vas
Isa 58:6 Is die vas wat Ek wil hê, nie dít nie: om dié wat onregverdig gevange gehou word, te bevry, om die juk wat op mense druk, af te haal, om verdruktes vry te maak, om elke juk te breek? Isa 58:7 Is dit nie dat jy vir dié wat honger is, van jou brood gee nie, dat jy aan die armes en die dakloses 'n blyplek gee nie, dat wanneer jy iemand sonder klere sien, jy vir hom klere gee nie, dat jy jou medemens nie aan sy lot oorlaat nie? Isa 58:8 Dan sal die lig vir jou deurbreek soos die rooidag, jy sal gou herstel. Hy wat jou red, sal voor jou uit gaan, die mag van die Here sal agter jou aankom. Isa 58:9 Dan sal jy roep, en die Here sal antwoord, jy sal om hulp roep, en Hy sal sê: Hier is Ek! As jy sorg dat mense nie meer by jou verdruk word nie, nie meer gedreig en vals beskuldig word nie,
Isa 58:10 as jy jou wy aan dié wat honger het, as jy voorsien in die behoeftes van dié wat in nood is, sal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag.

Moderne tye
· Vas soms gesien as outyds
· Vas gesien as oordrewe godsdienstigheid, ekstreme uiterste a.g.v. asketiese beoefening van vas in die Middel Eeue. Asketisme – afstand doen van vleeslike begeertes deur self-dissipline, eed aflegging van onthouding – poverty, worldly pleasure and position (ambisie).
· Afkeer a.g.v. skynheiligheid en wettisisme van voorstanders van vas

Hoe die moderne Kerk vas beoefen
· Geen Bybelse riglyne vir vas in die Kerk nie – alhoewel Jesus oor vas gepraat het (Matt 6:16; 9:1), kerk in Antioch gevas het, kerk in Asie (Hand 14:23).
· Behalwe vir die Rooms Katolieke en Ortodokse Kerke is vas nie ‘n algemene tradisie onder Protestante nie.
· In Charismatiese en Pinkster kerke is vas meer algemeen, maar steeds die keuse van die individu en onder die leiding van die Heilige Gees.
· Tradisie in Suid-Korea en sommige Afrika lande – Berg vir vas en gebed – sluit dan afsondering in.

Tipes vas in die moderne Kerk
· Normale vas – geen kos nie, net water, vir 1-40 dae
· Ester vas – geen kos of water vir 3 dae – baie uiterste vorm van vas. Menslike liggaam kan nie langer as 3 dae sonder water funksioneer nie. Buitengewone toestande met Goddelike ingrype as vas van water langer duur.
· Daniel vas (gedeeltelike vas) – geen vleis of delikatesse – gewoonlik met groente en vrugte – enige aantal dae – meestal 21.
· Vas gaan gepaard met intense gebed en tyd in die Woord – daarsonder is vas nutteloos. Meer tyd met God is die rede!

Verenigde vas die geskiedenis

1756 – Koning van Brittanje roep ‘n nasionale vas uit – dreigende Franse inval.

Verenigde vas in Suid Afrika

1990 – David Mniki (Transkei) – 40 dae vas – tema: Kan ‘n nasie in een dag gebore word.
1992 – 40 dae vas
1994 – 40 dae vas voor verkiesing
1994 – 2de 40 dae vas – a Day to change the World – Jesus marse
1996 – 40 dae vas voor Nasionale Dag van Gebed – 100 000 deelnemers landswyd
1998 – 40 dae vas – 500 000 deelnemers landswyd
1999 – 120 dae vas – voor verkiesing – ongeveer 800 000 deelnemers
2000 – 40 dae kontinentale vas – 56 Afrika lande deelgeneem

Uitwerking van vas
· Baie getuienisse oor diepe invloed van vas in mense se verhouding met God – toenemende effektiwiteit in intersessie gebed, leiding vir besluite, skerper konsentrasie, bevryding, beter gesondheid, groter openbaringe van God, ens.
· Vas veroorsaak dikwels dat dinge in onsself oor onsself aan ons geopenbaar word – konfrontasie met God se Gees en die Woord – woede, bitterheid, jaloesie, twis, vrees, trots – mens kan rasionaliseer dat die emosies a.g.v. die vas is – maar dis eintlik goed wat jy normaalweg onderdruk
· Vas openbaar ook watter dinge ons lewens beheer – wat ons verstand en emosies beheer en besig hou
· Vas laat ons ook besef dat die alleenlik God is wat ons kan onderhou – want tydens vas neem ons meer Woord as normaalweg in.

Motiewe vir vas
· Matt 6:16 – Jesus praat oor ons motiewe vir vas – is nie om mense te beïndruk nie, ook nie om God te beïndruk en te probeer manipuleer nie.
· Vas is God-gesentreerd en word deur die Heilige Gees beheer
· Gesindheid van diepe verootmoediging (humility) voor God (Ps 69:10 – Dawid verneder homself voor God met vas)
· Dieper toewyding, begeerte om God te ontmoet, Sy Woord te lees, te WAG in sy teenwoordigheid.
· Om in God se raad te staan en genade te vra vir sekere omstandighede (persoonlik en nasionaal)
· Om ‘n bepaalde gewoonte te breek, of bevryding te kry van verkeerde gewoonte en sonde wat oor jou heers

Praktiese aanbevelings vir vas
· Begin met ‘n gedeeltelike vas vir ‘n periode van 24 uur. Eet twee etes nie. Drink water of verdunde vrugtesap. Doen dit een maal per week vir ‘n paar weke.
· Probeer dan ‘n normale vas vir 24 uur – slegs water.
· As jy ‘n normale vas ‘n paar keer gedoen het, oorweeg ‘n vas van 3 dae of ‘n week.
· Veertig dae vas is baie ingrypend. Raadpleeg ‘n dokter indien jy enige mediese toestand het om die wysheid van so ‘n vas op jou liggaam te bepaal. Kan ook ‘n 40 dae gedeeltelike vas doen. Diabete, swanger vrouens, mense met hartprobleme moet liewers gedeeltelike vas oorweeg.
· Hoor baie duidelik by die Here vir ‘n Ester vas, en raadpleeg jou geneesheer.
· Indien slegs met vloeistof vas – vermy te veel vrugtesappe (suur), moenie jou “steak liquidize” nie, vermy te veel sout, vermy koffie en tee, behalwe kruietee.
· Voor ‘n verlengde periode van vas moet jy geleidelik ophou koffie en tee drink, en ook geleidelik ophou om vleis en melkprodukte te eet. Omdat jy nie eet nie gaan jou ingewande ophou funksioneer. As jy reeds ‘n paar dae voor jy begin vas nie swaar kosse soos vleis, proteïene en koolhidrate eet nie, behoort jy nie spysverteringsprobleme of hardlywigheid te ondervind nie

Wat om te verwag tydens ‘n vas
· Jy gaan honger word!
· Hoofpyne a.g.v. onttrekking van sekere stowwe (kafeïen).
· Slegte smaak in mond a.g.v. onttrekking van sekere stowwe
· Eerste drie dae van ‘n langer vas is die moeilikste
· Duiseligheid en moegheid is algemeen – sal later verminder
· Verwag dat jy aan die begin meer gaan slaap – verminderde energie
· Later gedurende die vas het jy minder slaap nodig – liggaam begin gestoorde vette/koolhidrate gebruik
· Hoe langer die vas, hoe meer gebruik jou liggaam gestoorde energie – te lank vas kan jou liggaam laat oorgaan in ‘n toestand van uithongering (hongersnood) – dan is dit tyd om die vas te breek
· Gewigsverlies vind plaas tydens ‘n vas, maar met die aanvang van normale eet tel jy vinnig weer al die gewig op.
· Omdat jy energie opgebruik kry jy kouer as gewoonlik gedurende ‘n vas
· Christene vas oor geestelike redes. Alhoewel mens tydens ‘n vas intiemer met God wandel en God met tye intens beleef, moet jy ook geestelike aanvalle verwag, veral aan die begin van die vas en nader aan die einde wanneer jy dalk meer ontspanne is en begin uitsien na die breek van die vas.

Hoe om ‘n vas te breek
· Dit is baie nadelig vir jou liggaam om direk na ‘n vas dadelik swaar kosse in te neem. Breek jou vas geleidelik oor 3-5 dae. Begin met vrugte en groente, dan koolhidrate, melk of yogurt en laastens proteïene. Vermy vetterige kos die eerste paar dae.
· Begin met klein hoeveelhede kos. Jou maag het gekrimp en jou spysverteringstelsel slaap – maak dit sagkens wakker.
· Drink steeds baie water.

Ander vorme van vas
· Vas van mense – gaan alleen êrens heen – vermy gesprekke met mense – wees net besig met jou eie gedagtes en die Woord
· Stilte – vêrdere vorm van alleen wees – vermy musiek (selfs geestelike musiek), radio, ens. Gebruik oorproppe!
· Vas van die wêreld/media – Vermy TV, internet en winkels vir die tydperk van jou vas. Vermy koerante, boeke, ens. Lees slegs jou Bybel.
· Vas van jou selfoon!
· Vas van jou gemak – gaan besoek die armes, gebrokenes, siekes, ens.
 

Duplisering en verspreiding word toegelaat sonder veranderinge en met verwysing na die webruimte (www.heuning.co.za)