|
WIE IS JESUS?
Jesus Christus. Die mees bekende, mees
indrukwekkende, gesaghebbende, beminde, verwerpte, gespotte persoon wat
ooit geleef het! Sy navolgers aanbid Hom, Sy vervolgers verwerp en haat
Hom. Dit is twee pole van mense wat reageer op Jesus Christus. Dan is daar
nog 'n klomp ander:-
1. Soos gesê, dié wat Hom aanbid.
2. Dié wat Hom haat, dis nie ateïste nie.
3. Diegene wat glad nie glo Hy bestaan nie.
4. Sommiges erken Sy bestaan - 2000 jaar gelede, maar glo nie in Hom nie.
5. Party akkommodeer die gedagte dat Hy kon geleef het ….. dalk.
6. Party glo Hy was net 'n gewone mens.
7. Ander glo Hy is God, maar was nie op aarde nie.
8. Nog sê Hy is God se Seun, het opgevaar hemel toe, en vergeet van ons.
Wat glo jy?
1. Dat Hy 'n historiese figuur was wat maar net vir
ons 'n goeie lewensstyl kom leer het?
2. Dat Hy net 'n slim profeet was?
3. Dat Hy vêr is, en nie in jou belangstel nie?
4. Dat Hy met 'n sweep sit en wag om jou te straf?
Baie opinies oor Jesus, baie uitgangspunte, 'n
klomp dogma, ens. Maar wie sê jy is Hy, vir jou?
Wie is Jesus? Jy sien, vandag word flink geredeneer
oor Hom, net soos lank lank gelede.
Joh 10 : 22 - 39
22 Dit was daardie tyd die fees van die tempelwyding in Jerusalem, en dit
was winter.
23 Jesus het in die tempel in die Pilaargang van Salomo geloop.
24 Die Jode het daar om Hom saamgedrom en vir Hom gesê: "Hoe lank
gaan u ons nog in onsekerheid hou? As u die Christus is, sê dit reguit
vir ons."
25 Jesus antwoord hulle toe: "Ek het dit vir julle gesê, en tog glo
julle nie. Die dade wat Ek in die Naam van my Vader doen, bewys wie Ek is.
26 Maar julle glo nie, omdat julle nie van my skape is nie.
27 My skape luister na my stem; Ek ken hulle, en hulle volg My.
28 Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit
verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie.
29 Dié wat my Vader vir My gegee het, is die belangrikste van almal, en
niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie.
30 Ek en die Vader is een."
31 Die Jode het toe weer klippe opgetel om Hom te stenig,
32 maar Jesus sê vir hulle: "Op gesag van die Vader het Ek julle
talle goeie dade laat sien. Oor watter een daarvan wil julle My
stenig?"
33 "Dis nie oor 'n goeie daad dat ons jou wil stenig nie,"
antwoord die Jode Hom, "maar oor godslastering, omdat jy, wat 'n
gewone mens is, jou as God voordoen."
34 Daarop sê Jesus vir hulle: "Staan daar nie in julle wet geskrywe:
'Ek het gesê: Julle is gode'
35 God noem hulle tot wie sy woord gekom het, dus 'gode', en wat daar
geskrywe staan, kan nie verander word nie.
36 Hoe sê julle dan vir My wat deur die Vader afgesonder en na die
wêreld toe gestuur is: 'Jy praat godslasterlik', omdat Ek gesê het: 'Ek
is die Seun van God'?
37 As Ek nie die werke van my Vader doen nie, moet julle nie in My glo
nie.
38 Maar as Ek dit wel doen en julle tog nie in My glo nie, moet julle ten
minste aan die werke glo, sodat julle kan insien en weet dat die Vader in
My en Ek in die Vader is."
39 Hulle wou Hom toe weer gevange neem, maar Hy het hulle ontglip.
Jesus praat met die Jode, hulle vra of Hy die
Messias is, Hy beaam dit, en dan wil hulle Hom stenig. Hy vertel self vir
die Jode wie Hy is, maar hulle glo dit nie, tot vandag nog. Mense sukkel
maar nog altyd oor Jesus, die Seun van God. 2000 jaar gelede sien hulle
Hom beweeg, praat met Hom, oor Hom, sien Sy wonderwerke, maar kry nie in
Hom geglo nie.
Vandag sien ons steeds Sy wonderwerke, verskyn Hy
aan mense, lees ons van Hom in die Bybel, en duisende ander geskrifte, en
mense glo steeds nie. Hoe is dit moontlik? Daar moet tog iets wees! Hoekom
sal mense duisende jare terug profesië oor Hom geskryf het? Hoekom sal
daar soveel dwase op die aarde rondloop en blindelings glo in iets wat
opgedis word?
Hoekom sal daar soveel boeke oor Hom geskryf word,
liedjies oor Hom geskryf - en gesing - word, skilderye gemaak, kommentare
uitgereik, argumente gevoer, ens? Daar moet tog iets wees. Wat sê jy, wie
is Hy?
Wie is Jesus? Waar kom Hy vandaan?
Joh 8 : 48 - 59
48 Die Jode het toe vir Hom gesê: "Ons het mos gesê jy is 'n
Samaritaan en van die duiwel besete!"
49 Jesus het geantwoord: "Ek is nie van die duiwel besete nie, maar
Ek eer my Vader, en julle doen My oneer aan.
50 Ek soek egter nie na eer vir Myself nie; daar is Een wat eer vir My
soek, en Hy is regter.
51 Dít verseker Ek julle: As iemand my woorde ter harte neem, sal hy in
alle ewigheid nooit sterwe nie."
52 Die Jode sê toe vir Hom: "Nou is ons seker dat jy van die duiwel
besete is. Abraham het gesterwe en die profete ook, en tog sê jy: 'As
iemand my woorde ter harte neem, sal hy in alle ewigheid nooit sterwe
nie.'
53 Jy is tog nie groter as ons voorvader Abraham wat gesterf het nie? En
die profete het gesterwe. Wie verbeel jy jou is jy?"
54 Maar Jesus antwoord: "As Ek Myself verheerlik, beteken my
heerlikheid niks. Dit is my Vader wat My verheerlik. Julle sê: 'Hy is ons
God,'
55 en tog ken julle Hom nie. Maar Ek ken Hom. As Ek sê Ek ken Hom nie,
sal Ek net soos julle 'n leuenaar wees. Maar Ek ken Hom, en Ek neem sy
woorde ter harte.
56 Abraham, julle voorvader, het hom daaroor verheug dat hy die dag van my
koms sou sien, en hy het dit gesien en was bly."
57 Die Jode sê toe vir Hom: "Jy is nog nie eens vyftig jaar oud nie,
en het jy vir Abraham gesien?"
58 Jesus het hulle geantwoord: "Dít verseker Ek julle: Voordat
Abraham gebore is, was Ek al wat Ek is."
59 Hulle het toe klippe opgetel om Hom daarmee te gooi. Maar Jesus het
gaan skuil en van die tempel af weggegaan.
Daar sê Jesus Hy was al voor Abraham daar. Genesis
1 : 26 sê: "Kom Ons maak die mens as Ons verteenwoordiger." Ons
lees ook "alles is deur Hom geskep." Verseker, Jesus was nog
altyd daar!! En sal altyd daar wees. Hy het nie eers begin bestaan in die
nuwe testament nie. Nee, dit is toe Hy gebore is in 'n menslike liggaam,
Sy menslike geboorte het 2000 jaar terug gebeur, maar Hy was altyd deel
van die Drie-eenheid. En Hy het nie opgehou bestaan met die Hemelvaart
nie. Hy leef vandag nog, en heers aan die regterhand van die Vader. Nog
meer, Hy was, en is en sal vir altyd dieselfde wees. Boeke oor Hom sal
nooit ophou om geskryf te word nie. Films oor Hom sal meer en meer die lig
sien. Mense sal meer en meer geestelike liedere skryf, en sing. Sal nie
ophou nie. Inteendeel. Ons gaan nog groot dinge sien. Hy het baie gedoen,
en sal nog baie doen.
Joh 21 : 25
25 Daar is nog baie ander dinge wat Jesus gedoen het. Maar as dit een vir
een beskrywe moet word, dink ek, sou die hele wêreld nie genoeg plek vir
die boeke hê nie.
Wie sê jy, is Hy?
Matt 16 : 13 - 20
13 Toe Jesus in die streke van Sesarea-Filippi kom, het Hy vir sy
dissipels gevra: "Wie, sê die mense, is die Seun van die mens?"
14 Hulle antwoord: "Party sê Johannes die Doper, party Elia, party
Jeremia of een van die profete."
15 "Maar julle," het Hy gevra, "wie, sê julle, is
Ek?"
16 Simon Petrus het geantwoord: "U is die Christus, die Seun van die
lewende God."
17 "Gelukkig is jy, Simon Barjona," het Jesus vir hom gesê,
"want dit is nie 'n mens wat dit aan jou geopenbaar het nie, maar my
Vader wat in die hemel is.
18 En Ek sê vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou,
en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.
19 Ek sal aan jou die sleutels van die koninkryk van die hemel gee, en wat
jy op die aarde toesluit, sal in die hemel toegesluit bly; en wat jy op
die aarde oopsluit, sal in die hemel oopgesluit bly."
20 Toe het Jesus sy dissipels beveel om vir niemand te sê dat Hy die
Christus is nie.
U is die Christus, die Seun van die lewende God!!
Matt 22 : 41 - 45
41 Toe die Fariseërs bymekaar was, vra Jesus vir hulle:
42 "Wat dink julle van die Christus? Wie se seun is
Hy?""Dawid s'n," antwoord hulle Hom.
43 Hy sê toe vir hulle: "Waarom het Dawid deur die ingewing van die
Gees Hom dan 'Here' genoem? Hy sê tog:
44 'Die Here het vir my Here gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek jou
vyande aan jou onderwerp het.'
45 As Dawid self Hom 'Here' noem, hoe kan Hy dan Dawid se seun wees?"
Jesus, die Seun van God.
Joh 1 : 18 "Niemand het God ooit gesien
nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, diè het
Hom bekend gemaak."
Jesus, die Seun van God, Jesus, self God.
Waar pas Hy in jou en my lewens in?
· 'n Stukkie geskiedenis?
· 'n Konsep?
· Net 'n goeie Mens?
· Dalk 'n slim profeet?
· Iemand waarmee kinders - en mense - bang gemaak word?
· Miskien 'n spaarwiel - vir tye van nood?
· Dalk "Die regte ding om te doen soos, kom ons open die vergadering
op 'n gepaste manier?
Dit beteken niks. Of eerder dan:-
· Verlosser
· Saligmaker
· Vriend
· Die Deur tot die lewe
· Die Brood wat lewe gee
· Die Weg, die Waarheid en die Lewe
· Die Een wat vir ons 'n plek voorberei in die hemel?
Jesus, die grootste persoon wat ooit geleef het, en
sal leef. Vir jou en my.
TERUG
NA LYS MET TEMAS
|