|
|
|
Hoe dink jy het die mens ontstaan? Dalk een van die volgende?
Die skeppingsproses begin. Gen 1 : 1-3 Die Gees van God sweef op die waters, wagtend vir Sy verteenwoordiger, die mens. Dalk millennia in mens-termes. En so beplan God Sy skepping haarfyn. Hy kry die natuur / heelal in lyn met alles wat sal kom oor die volgende milleniums en om lewe vir die kroon van Sy skepping moontlik te maak. En toe breek dag een van die mens aan. Gen 1:26 Ek sien in my geestesoog hoe die volgende prentjie afspeel: God wandel in die tuin / Sy werksplek, want vandag gaan Hy die grootste wonderwerk tot nog toe skep (vervaardig). Hy gaan soek 'n plek met geskikte materiaal om hierdie wonderwerk te skep. Dan kniel Hy op die grond en begin met Sy hande materiaal bymekaarskraap. Stadig, stukkie vir stukkie, begin Hy werk. Hy maak die lyf, dan al die organe, hart, longe, lewer, niere, Hy skep die bloedsomloop stelsel, die vel, Hy plaas al die selle en sisteme in plek vir genesing. Met eie vingerafdrukke, DNA en alles wat die mens uniek maak, sorg Hy dat daar nooit weer een soos HIERDIE een gaan wees nie. So asof hy sy eie serie-nommer kry. Dan skep Hy die bene, sodat die mens kan loop, want Hy het besluit dat die mens nooit sal vlieg nie. Hy skep die arms, nie om in bome te swaai nie, maar sodat die mens self skeppend kan wees en kan werk. Dan die kop, om die brein te huisves, sodat die mens kan kies, kan redeneer, homself kan verbeter. Hy maak die brein dat hy adrenalien kan afskei wanneer daar gevaar kom. Hy skep humor sodat die mens kan lag en die lewe kan geniet. Die “liggaam” egter lewe nie, nog nie... Eenkant, hoog in die boom, lê die SLANG en bekyk die spulletjie, verwonderd oor hierdie toneel. Dis geen bedreiging vir hom nie. Dis vir hom niks anders as 'n pop nie. Maar dan... Gen 2 : 7 God kniel by die skepsel, leun vorentoe, plaas sy lippe op die liggaam se lippe en blaas saggies, asof Hy net uitasem, stadig lewe in die liggaam in. Die liggaam begin asemhaal, vanself, want hy is so geskep, die hart klop (1miljoen keer in tien dae), bloed vloei deur die are en al die organe werk. Die brein is nog nie geprogrammeer nie, soos 'n leë rekenaar. Die “operating system” is daar, maar nog geen programme nie, want Hy gaan die mens self alles leer wat hy moet weet. Hy kry dadelik die vermoë om te loop, spraak te beoefen, gehoor, sig en al die sintuie werk. Die mens lewe. Maar God is nie klaar nie. Hy plaas die siel in die wese, sy manier van dink, redeneer, sy persoonlikheid, sy menswees, karakter. Dan... die belangrikste. Sy gees. Die plek waar Hy gaan soek na Sy Skepper. Almal kry dit, en almal soek met “DIT”. Die sentrum waarmee die mens met God konnekteer, daar waar hy Hom prys as hy bly is, en ook daar waar hy uitroep wanneer hy benoud is. Die plek waar sy gees met God se Gees in intimiteit verkeer. Dis ook die plek waar die grootste oorlog denkbaar sal heers. Oorlog tussen gees en Gees. Belangrikste van alles! HY PLAAS LIEFDE IN DIE MENS IN. DIE VERMOë OM DIT TE GEE EN TE ONTVANG. TE SMAG DAARNA, DIT IN TE DRINK EN DIT UIT TE STORT. Dan trek God die wese regop, God omhels hom en sê:- “Jy is myne” God beskou Sy handewerk, en sê:- Gen 1 : 31 En dit was baie goed. Voor hierdie laaste stukkie in Genesis het Hy elke keer gesê:- “Dit is goed”. Nou sê Hy:- “Dit is BAIE goed...” Die slang Die slang beskou die insident. Ek wonder wat dink hy? I don't care? Siestog.... iemand wat maar net verlore sal gaan? Nog een van God se mislukkings? NEE!! Die slang HAAT hierdie oomblik, God het iemand geskep na Sy beeld, iemand wat teen hom as slang in opstand gaan kom, Iemand wat God gaan aanbid, prys en vereer. KOMPETISIE! Dis toe God die mens egter regop trek en die mens voor Hom kniel en uitroep:- “My Here en my God”, dat die slang besef het hier is moeilikheid! God is nog steeds nie klaar nie. Gen 2 : 21 –
22 God maak vir die mens 'n lewensmaat – uit die man se rib, 'n helper en lewensmaat, 'n moeder vir sy kinders. Dan speel die toneel af waar die mens sondig, eet van die boom van lewe, die slang gebruik sy kans en val vir God aan deur die wese wat Hy hartstogtelik liefhet! Die mens en sy vrou eet van die vrug en maak kennis met die slang se enigste wapen. SONDE. Die mens kruip vir God weg in die tuin en verbreek daardie volmaakte band wat God bedoel het. En word uiteindelik uit die paradys verdryf. Slang en al... Vraag is vandag:- Wat het van God se hartstogtelike liefde vir sy volmaakte skepsel geword? Wie het die rondte in die tuin gewen? God of Satan? Wie was hierdie volmaakte skepsel in God na die sondeval? Hoe het Adam homself gesien na hierdie insident?
OF jy aanvaar dat God jou met 'n doel
geskep het, net soos jy is, en wie jy is. Met jou eie serienommer sodat jy
nie met iemand anders verwar word nie, sodat jy net jouself kan wees. Ek
en jy is nie in die paradys geskep nie en nie gemaak soos Adam gemaak is
nie, maar ons skepping is presies net so groot wonderwerk soos toe Adam
geskep is. |