|
|
|
WOON EN WERK RUSTIG VOORT Is jy al op? Maak jy klaar vir werk? Het jy 'n werk? Dan is jy baie geseënd!! Weet jy dit? En as jy nie nou 'n werk het nie, is jy bloot tussen projekte. Sal verander. Hoekom werk jy? Wat is jou hoof motivering? Jip, jy kan sê, "om te oorleef aap!!" Mmm - seker waar! Maar wat nog? Iemand sê eendag ons werk òf uit vrees, òf uit gierigheid. "Greed" in Engels. Ek dink dis in 'n baie groot mate waar. Vrees dat jy jou werk sal verloor, maak dat baie ander goed ingeboet word. Familie, vriende, kinders, huwelik, ens. "Greed" maak dat ons meer en meer bymekaar wil maak. Gierigheid, hebsug, gulsigheid en inhaligheid. En die prys wat jy betaal, is presies dieselfde as om vir vrees te werk. Daar is egter veronderstel om 'n derde rede te wees. En dis om te werk asof jy dit vir die Here doen. En ja, ten spyte van jou omstandighede. Al wat die Here vra, is dat ons ons kant skoonhou. Ps 37 : 1 - 11 Met die klem op "woon en werk rustig voort". Is dit so vir jou? Die vraag is, is dit moontlik om rustig voort te woon en te werk? Waar kom werk vandaan? Hoekom is dit so dat ons dan moet woon en werk? Mmm, miskien dink jy dis Adam en Eva se vrugteslaai ekskursie!! Nee - slegte nuus, nie hulle skuld nie!! Die opdrag vir werk is al lank voor dit vir Adam gegee. Gen 1 : 27 - 28, "God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het hy hulle geskep. Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê, "Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit." Werk is dus 'n opdrag, met goeie bedoelings. Sekerlik nie om manlief besig te hou sodat vroulief ongestoord op 'n "shopping spree" kan gaan nie. En ja, ons lees na die sondeval in Gen 3 : 17 dat ons met swaarkry 'n bestaan uit die aarde sal maak. Ek dink egter nie werk is veronderstel om hel op aarde te wees nie. Het jy geweet? · Werk kan lekker wees? Jy sien, dit gaan alles oor gesindheid. Wat is my en jou gesindheid teenoor werk? En die baas? En die plek? Ja jitte, ons word soms kwaad vir die baas - of vir Klaas - maar dit mag nie ons lewensvreugde steel nie. Die Bybel gee riglyne:- Ef 6 : 5 - 9 Met 'n opregte hart, asof dit vir Christus is. Werk soos slawe van Christus. "Al is julle slawe (werknemers) doen julle werk met lus, soos vir die Here en nie vir mense nie. Ja, ongeag van die omstansighede. En eienaars (werkgewers - toesighouers - bestuurders) behandel julle slawe (werknemers, ondergeskiktes) met dieselfde gesindheid. Dieselfde as wat? Asof vir die Here. Mag - is 'n verskriklike ding. Min mense kan mag met verantwoordelikheid hanteer. Min. Spr 30 : 21 "Daar is drie, nee, vier dinge wat die lewe ondraaglik maak, wat onuitstaanbaar is. 'n Slaaf nadat hy koning geword het ……" Terug na Ef 6 : 9. Eienaars, behandel julle slawe met dieselfde gesindheid. Hou op om hulle te dreig. Dink daaraan dat die Here in die hemel hulle Here, en ook julle Here is, en Hy trek niemand voor nie. Woon en werk rustig voort!! Hoe?? 'n Klomp moenies:- 1. Moenie verkeerde / sondige verhoudinge by die
werk aanknoop nie. Wat moet jy doen? 1. Werk net oortyd as dit werklik nodig is. Woon en werk rustig voort.
|