RIPPEL KAMP vir GESTREMDES 10-11 Sept 2011

KLIEK HIER VIR FOTO's VAN DIE VORIGE KAMPE VIR GESTREMDES >>
 

 kliek hier om meer te lees oor almal wat op die kamp was >>

Eddie & Ria André en Louise (voor)
Wentzel & Lindie (agter)
Willie, John, Martin & Essie
Michel, Loraine & David Christo & Theuns Wentzel, Hester, Christo & Maxie
Christo, Rudolph en Gerhard Riekie en Rina André & Leatitia
André, Martie, Tiffany en Tiané Dennis & Marietjie Willem & Wilna
Jan    
   


 

Almal daag op en daar heers 'n gevoel van afwagting; sommiges erken later dat hulle aanvanklik maar skrikkerig was, maar vinnig tuis gevoel en ontdooi het.

 

.... en ons kamp en kuier en eet en speel en luister

   

 

 

SPELETJIES
Kenmekaar: wie se skoen is dit dan nou?

Jy het net een minuut om jou ding te doen - en jou span reken op jou!

Kry die koekie in jou mond deur net jou gesigspiere te roer


 

Stilword by die kruis. Ons wy ons aan die Here toe, en verklaar dat ons bereid is om in Sy voetspore te stap

   
 
Seënkaartjies word sorgvuldig gemaak ... vir sommige gaan dit met baie inspanning gepaard

 

 
André, Franna en Charmaine van living ball bedien ons, en ons speel bal saam met Jesus - elkeen 'n WENNER!

 

 

Vinnige pret

 
Konserttyd: sing, dans, grappies, voorlesing - alles met verstommende vrymoedigheid

 


 

Ons seën mekaar en glo die Here bekragtig elke woord

     

Afskeidswoorde - dit bring 'n knop in die keel om te hoor wat die kamp vir elkeen beteken het

Kampbrief geskryf deur Christo du Plooy:

Met opgewondenheid in ons harte daag ons vir een vir een op… ja met versigtigheid in die gemoed word drukkies uitgedeel en die ‘’Welkom hier!’’ woordjies bevestig dat elkeen sowaar welkom is… 

Die gegroet tussen gestremdes loop soms met versigtigheid, maar teen middagete sit ons met mekaar en gesels, lag en daar word gespot en selfs geterg. So vorm ons bande wat blywend gaan wees. 

Die geestelike aanslag van elke kamp spreek net van die liefde van God op die kampe… Hierdie kamp se tema was ‘’Die geseëndes’’, en ons kon nie anders as om geseënd te voel nie. Om die liefde te voel en om  bewus te wees dat God in Sy drie-eenheid by jou is, is soos Wentzel dit gestel het… ‘’net AWESOME…’’’ 

Die voedsel was weereens uit die boonste rakke en die geestelike voedsel vul jou lewe met dankbaarheid… Nie-gestremdes en gestremdes word soos een groot familie… So, ‘’bless’’ ons mekaar met ons glimlaggies en aanvaarding.  

Die sand-kaartjies was ook een van die treffers op die kamp – om dit te maak en om dit uit te deel die volgende dag, was sowaar ‘n ‘blessing’’ oor en oor!!  

Die konsert was ook weereens  ‘n treffer… om te sien hoe outjies wat die oggend ‘’eenkant’’ was, hulle boude skud op die maat van musiek was asemrowend! 

Om afskeid te neem op so ‘n kamp, is hartseer, maar jy kom met ‘n oop gemoed en vertrek met ‘n vol gemoed. Dankie aan elke kamper, die organiseerders en helpers vir ‘n ‘’AWESOME’’ kamp. 

Christo du Plooy

Terugvoer deur André Bredenkamp:

Baie dankie vir die naweek. Dis vir ons 'n groot plesier om deel te kan wees van die kamp. 'n Mens besef net nooit hoe baie bevoorreg ons is totdat jy na ander kyk wat 'n probleem het nie. Hierdie kampe het my 'n ander siening oor die lewe gegee, en oor gestremdes. Hulle is vir ons inspirasie in die lewe en laat ons besef dat ons dankbaar moet wees vir wat ons het. Hierdie kampe het 'n groot impak gemaak in my en my gesin se lewe en ek wil net weereens vir julle baie dankie sê. Mag God julle seën en julle grondgebied vergroot.