|
DIE WAARHEID Johannes 18 : 37 - 38 Wat is waarheid, die hele waarheid, die volle waarheid, en niks anders as die waarheid nie? Is die volle waarheid van elke saak moontlik om te meet? Hoekom hou ons nie altyd van die volle waarheid nie? Ja jitte, leuens, lelike ding. Onwaarheid, lieg, verswyging van feite, jok, wit leuens. Wit leuentjie? So 'n onskuldige storietjie. Nie te erg as ons dit kwytraak nie, of hoe? Las so vier duim by die vis aan wat ons gevang het. Sny so 'n paar honderd rand af van die geld wat ons gesteel het. Het jy ook onlangs gelieg? Hoeveel keer verlede jaar? Gister, dalk vanoggend? Gelieg by die werk, vir die werk, oor die werk, verlofvorm? En dan daardie ander aaklige vorm - wil nie eers sy naam noem nie. Ek hoop jy voel nou saam met my skuldig!!! Wie van ons kan sê dat ons altyd, onomwonde in die waarheid wandel? Nou ja, leuens kom sommer van die begin van die skepping af. Gen 3 : 4 Die eerste wese wat lieg is die slang. "Julle sal beslis nie sterf nie". Satan, die vader van die leuen. En die mens val sommer dadelik in en lieg saam. Eva lieg eers vir haarself, toe vir Adam en toe lieg hulle vir God. Die Here vra vir Adam, "waar is jy? En Adam sê, "ek het weggekruip". Ook 'n vorm van 'n leuen. Die uiteinde is 'n ramp vir die hele wêreld. Maar moet tog nie te hard op Adam en Eva wees nie. As hulle nie gevou het nie, sou ek en jy beslis. En hier, in die paradys, begin die mens met 'n proses om lieg 'n wetenskap te maak. Ons kry dit reg om 'n leuen so keurig en fyn te vertel, dat hy net mooi perfek lyk. Ons noem dit om die waarheid te rasionaliseer. En dan glo ons dit sommer self!! Klink na 'n bargain, of hoe? Die slim mense sê jy hoef 'n storie (leuen) net so tien maal te vertel, dan glo jy dit self. En vernaam as dit so 'n kleintjie is. Ons noem dit mos 'n ou wit leuentjie. Weet jy wat is die kleur van 'n wit leuentjie? Wat sê jy? Wit? Nee - donker, swart, boos, verkeerd. Onthou jy orrels op die maan? Spr 6 : 12 - 13 "Dit is 'n nikswerd mens, 'n mens vol onreg, wat altyd reg is om te lieg, om te bedrieg deur met die oog te knik, met die voet te beduie, met die vingers tekens te gee." Orrels op die maan? Nee, in die hel!! Die Here sê, "laat jou ja jou ja wees, en jou nee jou nee wees." Matt 5 : 33 - 37 Pilatus vra toe vir Hom: Wat is die waarheid? Nou gaan ek 'n lelike ding sê. Dalk gaan jy my kruisig - ek vat dit soos 'n man!! Hoeveel waarheid word in 'n hof gepraat? Hoe dikwels ry 'n onskuldige persoon aan die pen, omdat die regsverteenwoordiger 'n tegniese truuk getrek het? Ek het al gehoor hoe 'n ma met trots vertel het dat haar seun (regspersoon) een van die grootste skelms los gekry het!! Dit is ook so dat onskuldige mense soms aan die pen ry hieroor. Amos 5 : 10 "Julle haat die wat vir die reg opkom in die howe, julle verafsku dit wat die waarheid praat!!" Pilatus sê vir Hom: Wat is die waarheid? So asof dit moeilik is om te bepaal wie lieg. Jou storie, my storie, en dan die waarheid. Vennote - wie het al die oneerlike party ontmoet? Jy sien, weerhouding van inligting is lieg!! Weet jy wat? God sien ALLES raak!! Altyd!! Sagaria 8 : 16 gee goeie raad:- "Wat julle moet doen, is dit: Praat die waarheid met mekaar, laat die waarheid en die reg geld in julle regspraak sodat daar vrede onder julle kan wees." Die volle waarheid getuig van my integriteit. Ps 49 : 4 "My mond gaan suiwer wysheid praat, wat ek gaan sê, sal van insig getuig." Spr 8 : 7 "Ek praat net die waarheid, ek het 'n afsku van wat verkeerd is." Pilatus sê toe vir Hom, wat is die waarheid? Kan die waarheid altyd getoets word?? Ja, as ons verder as die feite kyk. · As 'n persoon jou nie in die oë kan kyk nie
……. Probleem. Ps 50 : 19 "As jy jou mond oopmaak, praat jy
kwaad, jou tong ryg bedrog aanmekaar." Klink dit bekend? Ps 15 : 1 - 5 Dan leef ek in die waarheid, die hele waarheid, en niks anders as die waarheid nie.
|