|
|
|
1 Korintiërs 13 vir Pa Al sou ek die mooiste huis in die buurt hê en met die duurste BMW ry, maar my vrou en kinders geniet nie die weelde van my teenwoordigheid nie, dan is ek so waardeloos soos 'n bankkrediet met 'n nulbalans. Al het ek die gawe van woorde sodat ek 'n direksie met my argumente kan swaai, of skares na my preke kan laat stroom, en ek het nie die liefde om na my kinders te luister nie, doen ek meer kwaad as goed. Al ken ek die geheimenisse van die Beurs en die Reserwebank, en al besit ek al die kennis van rugby- en krieketreëls, en al het ek al die geloof dat ons hierdie land met gebed kan verander, maar ek het nie die liefde om my kinders die gevare van baie geld te leer, langs die baan te staan as hulle speel of hulle te leer bid nie, dan het ek niks bereik nie. Al gee ek 'n dubbele tiende vir die armes, en al beroem ek my dat ek in elke liefdadigheidsraad op my dorp dien en vakansies my gesondheid opoffer om in malariagebiede sendingwerk te doen, en ek is te moeg om saans vir my kinders boeke te lees of naweke in die veld te gaan stap, baat dit my alles absoluut niks. 'n Pa wat liefhet, is geduldig met
kinders wat sukkel met wiskunde, 'n Pa verbly hom nie oor 'n kind se
foute met: Daarom wil ek my kinders se skandes
met liefde bedek, 'n Opregte drukkie en 'n intieme
gesprek van 'n ouer bly lank in 'n kinderhart. Maar die preek of toespraak
wat ek liewer in die tyd wou skryf sal oormôre weer vergeet wees. Toe ek 'n jong man was, was ek
gesteld op my voorkoms, my motor en my geleerdheid, Nou kyk ek nog vas teen rebelse
tienergesigte, En nou:
|