|
|
|
Terug
na HOOFBLAD Die mens is ‘n
wonderlike wese – geskep met ‘n doel; geskep na die beeld van God.
Vandag wil ek bietjie praat oor die mens aan die hand van die
evolusieteorie. Let wel: teorie. Evolusie is hierdie konsep wat baie mense
liewer ignoreer, die meeste van ons glo dit nie, tog word dit openlik in
skole en tersiêre inrigtings geleer. Só moes my dogter (in matriek) ook
nou onlangs dié goed leer en daaroor eksamen skryf. Haar eie woorde was:
“Pa, hoe kan enige mens hierdie goed verstaan, wat nog glo?” Ek wil
egter in die konteks van ons en ons verlossing daaroor praat. Dus nie
soseer uit ‘n wetenskaplike oogpunt nie. Gen 2:4-7, 18,
21-25 Verder het die
Here God gesê: "Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal
vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke." Toe het die
Here God 'n diep slaap oor die mens laat kom, sodat hy vas geslaap het.
Die Here God neem toe 'n ribbebeen uit die mens, vul die plek met vleis
op, en die ribbebeen wat Hy uit die mens geneem het, bou Hy om tot 'n vrou
en bring haar na die mens toe. Toe sê die mens: "Hierdie keer is dit
een uit myself, een soos ek. Daarom sal sy 'vrou' genoem word; sy is uit
die man geneem." Daarom
sal 'n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle
sal een word. Hulle twee, die mens en sy vrou, was kaal, maar hulle was
nie skaam nie. Só min detail
oor die wyse waarop God die mens tot stand gebring het. Hier is egter ‘n
klompie belangrike punte wat genoem word, nl:
Die teorie van
evolusie hang aan die konsep van “toevalligheid”. Alles het toevallig
tot stand gekom, ook die mens, so sê hulle. Sommer net so, deur die
sameloop van omstandighede. Die probleem is dat daar binne dié teorie
geen plek is (of ‘n nodigheid) vir ‘n skepper nie. Charles Darwin
publiseer in 1859 “The Origin of the Species” waarin ‘n model
voorgestel word wat verklaar dat alles uit een enkelsellige dingetjie tot
stand gekom het, Hierdie rykdom van uiteelopende goggatjies, voëls,
diere, repltiele, visse, alles – uit een dingetjie? Toevallig? Ek het
ongelukkig (of is dit nou gelukkig?) nie die geloof om dit te glo nie. En
dan, volgens die evolusioniste vorm die mens stadig maar seker uit die
aap-rasse. Natuurlik het dit dan nog nie gestop nie … ek wonder watse
spesie ons nageslagte sou wees? Maar… ons weet
vandag die mens is ‘n unieke wese. Hoewel ons baie dinge met ons
dierevriende deel, bv. sien, hoor, ruik, voel, is ons hulle een voor op
talle gebiede. Die mens is baie uniek – hy kan dink, redeneer, lees,
skryf, praat, liefhê, planne maak, besluite neem, ideologië najaag,
keuses maak, ens. Hy kan dinge ontwerp, vernuftig bou, instand hou, sy
lewe verbeter. Alles dinge wat hom totaal onderskei van enige ander
spesie. Ps 139:13-18 Hoekom is hierdie teorie van evolusie ‘n probleem? Hoofsaaklik omdat dit God oorbodig maak.
Jy sien, as evolusie ‘n transformasie van een spesie na ‘n ander
toelaat, moes mense van 2000 jaar gelede ‘n bietjie meer “aap”
gewees het as mens. Iewers moes aap dan heeltemal uitfasseer en ons sal
nou meer mens wees as ons nageslag 2000 jaar van nou af. Met alle respek
gesê, Jesus sou dan meer dier gewees het as wat ons is… ? Ek is jammer,
dit kan ek nie aanvaar nie! Omdat Jesus uniek is, is ons uniek. Omdat Hy
ál die kwaliteite van die mense besit het (en natuurlik nog meer) kan ons
vandag ál hierdie kwaliteite gebruik om gered te word. Ek wonder hoekom
sommige ape besluit het om aap te bly? Ek wonder ook of daar ape was wat
net bietjie kon praat en kommunikeer? Die mens kan
dinge doen wat géén dier kan doen nie…. Geen dier het die vermoë om
sy “godsdiens” te beoefen nie, sy Skepper te ken nie, die Here te loof
en te prys nie. ‘n Dier se keuses is uiters beperk, en hoofsaaklik gerig
op oorlewing. Die mens het kwaliteite wat verlossing vir hom moontlik maak. Daar is slegs een weg tot saligheid, en dit is Jesus Christus. Die mens:
Omdat Jesus
volledig mens was, presies soos ons, kan ons Hom navolg, naboots, en maak soos
Hy gemaak het. ‘n Aap maak anders as ‘n mens. Hy kan dalk fisies meer
doen as ‘n mens, maar ‘n mens uitoorlê hom maklik. ‘n Aap kan nie
tot bekering kom nie, ‘n mens kan. Al wat ons hoef te doen is om die
kwaliteite te gebruik wat ons onderskei van Adoons. |