|
|
|
Lewe... Wat is
lewe? Fisiese lewe. Hierdie toestand waarin jy VERSEKER op hierdie oomblik
verkeer, of jy wil of nie, en of jy so dink of nie. Jy haal asem, jou
liggaam dring aan op sy porsie versorging en jy
put een of ander voordeel daaruit. Dis waaroor hierdie stukkie
gaan. Solank daar lewe
is... Hierdie toestand waarmee jy opgeskeep sit vanaf geboorte, tot so
bykans 80 jaar, aldus die Bybel. Hierdie fase wat met vrolikheid en
hartseer gepaard gaan, en met lekker en sleg. Die probleem is, ons is so
vasgevang in gister, dat ons nie kans sien vir môre nie. “Vandag is môre
se gister”, was die titel van 'n boek van Fanus Rautenbach. Gister was toe al
die tyd nie te sleg nie, of hoe? Gister waaroor jy eergister so gestres
het. En verlede maand het jy nogeens oorleef, terwyl jy verlede jaar
gedink het jy sien nie nog een jaar nie. Maar toe het jy, ellende en al.
Maar môre, ooooo môre, is alles verby..... Die meeste mense wat hulle
eie lewens neem, sien nie kans vir “môre” nie. Gelukkig het die Woord van God weereens die antwoord. Pred 9:4 Hoe hou jy daarvan? Swaarkry is sleg, maar hoop is net vir die lewendes beskore. Is dit nie so dat vandag toe wel beter lyk as wat jy gister gedink het nie? “Yesterday is
history, tomorrow is a mystery, but today is a blessing”. 1 Kor 13 : 13 “En
nou; geloof, hoop en liefde bly, maar die grootste hiervan is die
liefde”. Wel, as die grootste die liefde is, lyk dit vir my of hoop kort op sy hakke aangestorm kom. Solank daar lewe
is... Dus, as daar nou lewe is, is daar nou hoop. Moenie opgee nie, dis
nooit te laat om jou VOLLE vertroue op die Here te plaas nie. Vandag is
die dag!!!! Jy sien, dit maak nie saak HOE “groot” Christen jy is nie, swaarkry kan jou pad net so kwistig kruis as dié van enigiemand anders. Maar, ek en jy het 'n geweldige voorsprong. Meer as wat enige mens self kan skep of kan orkestreer. Klaagliedere 3:21
– 30 Om dié rede bly
ek hoop; deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie. Daar staan
nie:- “deur die liefde van die Here het ek nie swaargekry
nie...” Daar staan:- “het ons nie vergaan nie”. Daarom is dit
krities noodsaaklik dat jy met alles wat in jou is aan die lewe sal bly
vasklou. Want dan is daar hoop. Met alles in jou mag moet jy bly lewe,
sodat die deurbrake kan kom. “n Hond wat lewe, is beter as 'n leeu
wat dood is”. Solank daar lewe
is... Deurbrake kan tog net in die toekoms gebeur, verseker nie in die
verlede nie. Net so is hoop beperk tot die toekoms. Vasbyt en nuwe
besluite kan niks aan die verlede verander nie. Vertroue op die Here is
ook net “nodig” vir die toekoms. Die Here het tog klaar in die verlede
gewerk, of hoe? En dan ook alles ten goede laat meewerk, al het ons op 'n
tyd nie so gedink nie. Kan jy ook getuig
hoe jy die Here in die verlede moes vertrou, maar gedink het niks gaan
uitwerk nie? Onthou jy hoe Hy toe die legkaart wel laat pas het? Wel, as
jy daarvan kan getuig, kan jy dit gerus weer doen, want Hy is gister,
vandag en môre dieselfde. Sy beloftes van twee duisend jaar terug is nog
net so geldig as toendertyd. Dalk het jy al gedink die Here het jou moedswillig weggestoot en sommer net so laat staan. Hier is egter so 'n stukkie goeie nuus. Klaag 3:31 – 33 As jy my vra of
ek hierdie teks verstaan, sę ek onomwonde NEE, maar as jy vra of ek dit
glo, sę ek JA, want ek het dit al SOVEEL keer in aksie gesien. Maar dan
moet jy die voorwaarde nakom, en dit is om te bly lewe. Solank daar lewe
is, is daar hoop.
Klaagliedere 3 :
24 “Ek sę vir myself: Die Here is my lewe, daarom hoop ek op Hom” Pragtig, nę? |