|
Terug
na HOOFBLAD
STAAN
OP – 4 Augustus 2010
In die weermag het ons gereeld gehoor:-
AF, AF, GAAN AF! Dan AF jy! En dan weer:- OP, OP, OP! Asof die korporaal
nie kan besluit wat hy wil hê nie. Op - af – op - af - op - af!
Klink dit miskien soos jou lewe? Iemand
vra hoe gaan dit, dan sê jy “ so op en af dankie”. Dis nou maar wors,
“what goes up, must come down”.
Elke mens val, of jy nou wil of nie, en
as jy nog nie het nie, sal jy nog, iewers. Met geen mens gaan dit nét goed
nie, en jou Christenskap is geen waarborg dat dit nie met jou gaan gebeur
nie. “Bad things happen to good people”.
Party mense is gewoonte-vallers, ander
is mal oor val, ander val eenkeer en leer so 'n groot les, dat hulle nooit
weer val nie. Maar hulle is in die minderheid. Ander mense val deur
omstandighede en sommige val vir die lekker, want hulle is mal oor
simpatie (gooi gereeld ‘n pity-party en nooi die wêreld uit).
Dus, val is so normaal soos ontbyt eet.
Die vraag is dus nie of jy al geval het in die lewe nie, of hoeveel keer
jy al geval het nie, of hoekom jy geval het nie.
Die vraag is:- “Hoeveel keer het jy al
opgestaan?”
As jy al 300 keer geval het, en jy het
100 keer regtig opgestaan, het jy niks bereik nie. As jy al 300 keer geval
het, en jy het 299 keer opgestaan, is jy niks beter af nie. Wenners staan
1 keer op, net EEN keer op! EEN KEER MEER AS WAT HULLE GEVAL HET. Dit is
die definisie van 'n wenner, ongeag van hoekom jy geval het, of hoe hard
jy geval het.
Geestelike verval
Drie voorbeelde. Dawid, Petrus en Judas.
Dawid
2 Sam 11:1–5
In die lente, die tyd waarin die konings gewoonlik optrek om oorlog te
maak, het Dawid op 'n keer vir Joab en sy soldate en die hele Israel
uitgestuur. Hulle het die Ammoniete verslaan en Rabba beleër, maar Dawid
het in Jerusalem agtergebly. Eendag het hy na sy middagslapie opgestaan en
op die dak van die paleis gaan rondstap. Van die dak af het hy 'n vrou
sien bad. Sy was 'n baie mooi vrou. Dawid het oor haar laat navraag doen,
en iemand het gesê: "Dit is Batseba dogter van Eliam, die vrou van Urija
die Hetiet." Dawid het toe amptenare gestuur en haar laat haal. Dit was
nadat sy haar reinigingsbad geneem het na haar maandstonde. Sy het na hom
toe gekom, en hy het by haar geslaap. Daarna is sy terug huis toe. Die
vrou het swanger geword en vir Dawid laat weet: "Ek is swanger."
Dawid val, liederlik. Miskien op so 'n
manier dat ons kan dink dat hy nooit weer sal verdien om vergifnis te kry
nie. Maar... Dawid kry berou voor die Here, hy gaan smeek om vergifnis en
die Here gee dit vir hom. Hy staan een keer meer op as wat hy geval het,
en die Here gebruik hom; hy word genoem “’n man na God se hart”.
Petrus
Matt 26:69 – 75
Petrus het buite in die binnehof gesit toe 'n diensmeisie na hom toe kom
en sê: "Jy was ook saam met Jesus die Galileër." Maar hy het dit voor
almal ontken: "Ek weet nie waarvan jy praat nie." Hy gaan toe na die
uitgang van die binnehof. Daar sien 'n ander diensmeisie hom en sê vir dié
wat daar staan: "Hierdie man was saam met Jesus van Nasaret." Weer het
Petrus dit ontken en met 'n eed gesê: "Ek ken die man nie. 'n Rukkie later
kom die manne wat daar staan, na Petrus toe en sê: "Dit is waar, jy is ook
een van hulle. 'n Mens kan dit aan jou spraak hoor." Toe begin hy vloek,
en hy sweer: "Ek ken die man nie!" En op daardie oomblik het daar 'n haan
gekraai. Toe val dit Petrus by wat Jesus gesê het: "Voordat die haan
kraai, sal jy My drie maal verloën." En hy het buitentoe gegaan en
bitterlik gehuil.
Petrus se knieë knak toe hy onder druk
kom. Jesus het reeds voorspel wat Petrus gaan doen, maar hy het geweier om
te glo dat dit met hom sal gebeur. Enigiemand behalwe hy!
Toe val hy, liederlik, met soveel
skuldgevoelens dat Hy nie eers by die kruisiging was nie.
Maar... toe kry hy berou, en die
Here laat hom weer opstaan, een keer meer as wat hy geval het! En die Here
gebruik hom – ons lees in Handelinge hoedat duisende tot bekering gekom
het onder sy prediking.
Judas
Matt 27:3–5
Toe Judas, die verraaier, sien dat Jesus tot die dood veroordeel is, het
hy spyt gekry. Hy het die dertig silwermuntstukke teruggebring na die
priesterhoofde en die familiehoofde toe en vir hulle gesê: "Ek het
gesondig. Ek het 'n onskuldige man verraai." Maar hulle antwoord: "Wat het
ons daarmee te doen? Dit is jou saak!" Judas het toe die geld in die
tempel in gegooi, weggeloop en homself gaan ophang.
Judas kry spyt, maar dis nie goed
genoeg nie, want Judas het nie berou gekry nie. Hy het sy spyt gaan
uitspreek voor mense, en nie voor die Here berou gehad nie. Met die gevolg
dat hy toe nie opstaan nie, maar gaan selfmoord pleeg. Hy het een keer
minder opgestaan as wat hy geval het.
DIS 'n verloorder!
So val ons maar almal. Hoofsaaklik agv
sonde. MAAR... Jesus tel ons nie uit soos die skeidsregter in ‘n boksgeveg
nie. NOOIT NIE. Hy gee altyd nog 'n kans. Genade is om elke keer eenkeer
meer vergewe te word as wat ons gesondig het. Dit doen Jesus elke keer.
Jer 8:4 So sê die Here: Sal iemand
val en nie opstaan nie, of wegdraai en nie terugdraai nie?
Maar, ons val (verval), nie net in sonde
nie.
Terugslae maak dat ons tot 'n val kom, soos byvoorbeeld:
·
Depressie. 'n Vreeslike
siekte, wat mens se hele lewe aantas. Moeilik om te hanteer, en te
bestuur. Dit maak mens se hele lewe donker, en tas mens se menswees
ernstig aan.
·
Gestremdheid
·
Trauma. Verlies van 'n
lewensmaat of 'n geliefde is slegte omstandighede wat mens se hele lewe
inmekaar kan laat tuimel. Dit laat mens alleen agter en “trigger” ook
dikwels depressie.
·
Onverwagte siekte
·
Werksverlies
·
Misdaad
·
Gebroke huwelike
·
Kinders wat moeilikheid
maak
·
Resessie wat lei tot slegte
finansies
·
Ongeluk
·
Verslawing
Kan ons vra waar die Here is as ons val?
Is Hy kwaad vir ons? Straf Hy ons noodwendig? Gaan Hy weer uitkoms bring?
Gaan ons NOG 'n val oorleef? Hoe gaan ons aan met die lewe as ons weet dat
daar nog 'n val voorlê?
Wat gebeur met mense
wat val?
Daar is die wat bly lê
Party mense sien net nie weer
kans vir nog 'n opstaan nie. Ons het al almal gehoor van 'n boemelaar wat
eens op 'n tyd een of ander belangrike, geleerde persoon was. Verloor dan
sy belangrike posisie, en ook sy vrou, en dan gaan staan die wêreld. Hy
staan net nooit weer op nie.
Daar is die wat in “ontkenning” ingaan
Hulle weier om te aanvaar dat daar 'n krisis is. Verwerk dit nie, “deal”
nie daarmee nie, neem nie verantwoordelikheid nie, en verval net verder en
verder. Neem meer en meer verkeerde besluite en val net dieper en dieper.
Trots en hoogmoed is hier dikwels 'n groot probleem.
Daar is die “blame-shifters”
Mense wat alewig vir ander die skuld gee, of sy verlede blameer, sy ouers
verkwalik of sommer net die wêreld die skuld gee. Hulle glo die “goeie ou
dae” was beter, en kleef aan die verlede.
Daar is die opstaners
·
Mense vir wie geen probleem
te groot is nie
·
Hulle sien elke keer se val
as 'n leerskool
·
Word elke keer sterker en
sterker
·
Leer ander in die proses
·
Leer die Here beter ken
·
Bou karakter
Wat het met Jesus gebeur toe Hy gedink het Hy val?
·
Vra vir Sy Vader dat die
beker verby sal gaan
·
Erken dat Sy Vader die
beste weet
·
Aanvaar Sy lot
·
Gaan deur die krag van Sy
Vader
·
Sien die doel van Sy “val”
·
Sterf met waardigheid
·
STAAN DAN OP!
Moet nooit die pad alleen stap nie –
opstaan is makliker as jy iemand het wat jou kan ophelp
Pred 4 : 9 – 12
Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets. As die een val, kan
die ander hom ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om
hom op te help nie. As twee langs mekaar slaap, word hulle warm, maar hoe
sal een wat alleen is, warm word? Een alleen kan oorweldig word, twee saam
kan weerstand bied. 'n Driedubbele tou breek nie maklik nie.
TERUG
NA LYS MET TEMAS
|