|
|
|
WAS JESUS DAN 'N LEUENAAR? 'n Baie kontroversiële vraag - iets wat ons elkeen onsself teen moet toets. 'n Vraag wat net 'n ja, of 'n nee antwoord het. Niks anders nie. Iets wat ons Geestelike lewe tot op die been raak. Was Jesus dan 'n leuenaar? Hy het baie goed gesê, baie beloftes gemaak, baie vermaan en baie gedoen, maar:- Was Hy dan 'n leuenaar? Wat moet ek vandag glo van hierdie verhaal van hierdie Man wat 2000 jaar gelede op aarde geloop het? Voor ons kyk wat Hy gesê het, kom ons beredeneer eers 'n paar dinge. Was daar regtig so iemand soos Jesus? Het Hy regtig bestaan, of is dit maar 'n fiktiewe karakter wat een of ander persoon of groep geskep het om die Bybel 'n mooi kleurtjie te gee? Het Hy regtig geleef? Wel, as dit so is, presteer hierdie karakter beter as enigiets wat ons nog gesien het wat uit Hollywood of Disneyland gekom het. Vergewe my asb as dit klink of ek sonder respek praat, maar ek vergelyk Jesus nie met 'n strokieskarakter nie. Ek vra wel, as Jesus fiktief was, hoe weeg die figuur op teen Mickey Mouse, James Bond, die tandmuis, kersvader, ens? Daar is mos geen vergelyking nie. Maar is dit nie wat die wêreld met ons Koning doen nie? Om Hom as't ware in dieselfde kategorie te plaas? Is dit nie hoekom die Liewe Jesus figuur in die krip so maklik wêreldwyd afgaan oor Kerstyd nie? Ek vra die vraag, was Jesus dan 'n leuenaar? As Jesus dan nie net 'n fiktiewe karakter was nie, bly daar net een alternatief oor. En dit is dat Hy werklik geleef het. Dat daar so iemand moes wees. As dit dan so was, waar los dit vir my en jou? Wat het Hy gesê, wat het Hy gedoen, of belowe? En was dit dan alles leuens? Dit lyk vir my of daar nie te veel twyfel wêreldwyd bestaan dat Jesus regtig geleef het nie. Die probleem is net, wat maak ons daarmee? Daar is 'n paar alternatiewe: 1. Jy ontken dat daar hoegenaamd so
iemand is. Om nr 4 te doen, moet jy bereid wees om onvoorwaardelik te glo wat Hy gesê het. Anders geld een van die drie ander opsies. Dan moet jy bereid wees om onomwonde Hom op Sy woord te vat en alles, maar alles te glo wat Hy gesê het. Joh 6 : 26 - 36 Jesus aan die woord. Hoekom glo mense so moeilik? Vers 36 "Julle sien My, en tog glo julle nie in My nie". Net so gebeur dit vandag. Hoeveel bewyse is daar nie, hoeveel getuienisse, hoeveel lewens wat daagliks verander. Geen persoon was nog ooit op aarde soveel bespreek, besing, bebid, oor getuig, oor geskryf, gefilosofeer, beredeneer as hierdie Jesus nie. En tog, maak die wêreld Hom as leuenaar. Wat het hierdie Jesus dan gesê?:- "Elkeen wat die Vader vir My gee, sal na My toe kom; en ek sal Hom wat na My toe kom, nooit verwerp nie." "Dit verseker Ek julle, wie in My glo, het die ewige lewe". "My liggaam is die ware voedsel en My bloed is die ware drank. Wie My liggaam eet en My bloed drink, bly in My en Ek in hom". "Wat Ek die mense leer, kom nie van Myself af nie, maar van Hom wat My gestuur het". "As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink". "Ek is die lig vir die wêreld. Wie My glo, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee". "Eers as die Seun julle vrymaak, sal julle waarlik vry wees". "Wie van julle kan sonde by My aanwys, as Ek dan die waarheid praat, waarom glo julle nie in My nie". Hier kom die kruks. Of ons glo Jesus onvoorwaardelik, of ons sê Hy is 'n leuenaar. Want as ons dan nou nie in Hom glo nie, maak ons Hom af as 'n leuenaar. Ons kan ook nie net party goed glo nie, dis óf alles, óf niks. Maar nou vra ek jou, Jesus het sulke ongelooflike goed gesê, wat maak dat ons dit nie wil glo nie? Is dit nie wonderlik as ons hierdie pragtige beloftes kan glo nie? Alles is net goed, en net ter wille van ons, nie van Jesus self nie. Was Jesus dan 'n leuenaar? Kom ons kies wie ons glo. Joh 13 : 12 "Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen, en Hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader toe gaan". Watter van Jesus se uitsprake en beloftes glo jy? Ek kies om eerder te glo wat Jesus gesê het. Alles, maar alles. "Ek is die brood wat lewe gee". "Ek gaan weer terugkom om julle te kom haal". Ek glo dat Jesus gesê het " Ek gaan die tempel afbreek en weer opbou". In drie dae. Ek glo Hy gaan my kom haal. En dan nou die ander partye? Die geleerdes wat Jesus tot leuenaar maak? Hoekom sal ek 'n sondige wese se woord neem eerder as Jesus s'n? Hoe lyk hierdie "ongelowiges" se track record? Hoe lyk Jesus s'n? Jesus het nie gelieg nie, nie een keer nie. Kom ons vat Hom onomwonde op Sy woord. Vernaam as Hy sê Hy is lief vir jou.
|