Lees terugvoer van kampers / helpers >>

Hier is "DIE LEEUS" van kamp 11


 'n Groep mense wat so diep in ons harte inkruip, elkeen spesiaal, elkeen inspirerend. Niemand kla, niemand is ontevrede oor wie hy is nie, almal is vergenoeg. Liefde en drukkies word mildelik heen-en-weer uitgedeel.


Reniece, Rina, Corinne, Riekie Hester & Christo
Martin, Essie & Ronald Ria & Rina
Ria, Linda, Tanja, Charlene & Bonnie Rudolf, Sophia, Sonica
Frank & Adele Ansie & Louis
Corrie & Flippie John

Die span werkers wat toegewy en met hope liefde die kampe aanbied - almal sterre!

Dennis & Marietjie Lindie
Ian Noddy & Elsabe
Jan Wilna & Willem

Die program


Ysbreker en kenmekaar
Marietjie help ons om ons hare te laat hang! Allerlei groepspeletjies het ons laat skaterlag en sommer die kompetisie gees bietjie aangewakker. Die Leeu-span, as "King of the Jungle" was die uiteindelike wenners!
Koei -span Donkie-span
Skapie-span Hoender-span
Leeu-span  
 
Stomstreke en 30-seconds
Sit koppe bymekaar om die vuurhoutjie-raaisel op te los

Die Leeu van Juda vs die brullende leeu
Willem lei sy praatjie in met die gedreun van 'n leeu se brul.

Die ou duiwel probeer ook alweer om Jesus na te aap met sy gebrul, daarom loop hy rond SOOS 'n brullende leeu. Daar is egter net één ware leeu, die Leeu van Juda, Jesus Christus. Aan die kruis het Hy die oorwinnings-"brul" gegee, en die vyand verslaan. Wie dit glo, is 'n kind van God en het die ewige lewe.

Willem se tweede praatjie bevestig dat ons as gelowiges die krag van die leeu in ons het. Ons is na God se beeld geskape, en Hy gee vir ons krag en vermoëns - meer as wat ons kan dink. Fil 4:13 sê dat ons tot alles in staat is deur die krag wat die Here vir ons gee. In Jesus is ons wenners en het ons die lewe in oorvloed. 


Wilna verduidelik hoe ons 'n leeu-lappie gaan verf.
   

Buitekant toe vir allerhande speletjies en pret en piekniek - Noddy organiseer alles


Elkeen bou 'n legkaart terwyl ons vir ons braaivleis-aandete wag

Daar word konsert gehou - almal sorg vir groot vermaak!

Die aand word afgesluit met lofprysing. Almal wat asem het prys die Here! Ons doen dit soos 'n leeu wat brul, en nie soos 'n muis wat piep nie ...
Ons kamplied sê:
 

Staan vas in die Naam van die Heer

Staan vas in die krag wat Hy jou gee

Geen wapen wat die vyand teen jou smee sal slaag as jy vasstaan

In die Naam van die Heer

 

Oorwinnaars, ons sal vasstaan op Sy Woord

Oorwinnaars, deur Sy kosbare bloed

Oorwinnaars, ons sal altyd triomfeer

Deur Jesus Christus ons Heer


Sondagoggend praat Dennis met ons oor die karakter van die leeu, en ons gesels saam of ons in die kategorie van 'n dominerende leeu, 'n statusbewuste leeu, 'n spanspeler leeu of 'n omgee-leeu val. Ons gesels ook oor Bybel-persone wat hierdie verskillende eienskappe openbaar.

Ds Ian se preek inspireer ons om reg te loop, sodat wanneer ons in die leeukuil van die wêreld beland, ons soos Daniël toegewyd en sonder kompromieë die regte dinge sal doen en die regte besluite sal neem. Ons kies om, soos Henog, daagliks  met God te wandel en die dinge van Gal 5:19-21 te vermy en die dinge van Gal 5:22 na te streef.

Nagmaal

Elkeen pak 'n wit klippie met sy naam op by die kruis as teken van toewyding aan die Here

Ons sê 'n groot dankie aan Wally en Tina, van Deo Volente Bush Adventures, en al hulle helpers wat ons met hulle gasvryheid en heerlike kos bedien het, en al die fasiliteite tot ons beskikking stel. 

Almal groet en deel wat die kamp vir hulle beteken het


KLIK HIER VIR FOTO's VAN AL DIE VORIGE KAMPE VIR GESTREMDES >>


|Terug na Heuning Hoofblad|