'N
MAN HALFPAD
Prediker 1 : 2 "Alles
kom tot niks, sê die Prediker, tot niks."
'n Man halfpad met wat?
Halfpad van wat? Halfpad waarheen?
Ek glo elkeen van ons het die afgelope paar minute hierdie vraag gevra.
Die antwoord is eenvoudig, halfpad met jou lewe.
Hier is vandag waarskynlik drie groeperinge van mense:-
1) Die jong manne, wat die
wêreld "oop" voor hulle het. Verstaan nie hoekom die ouer manne
so koekoes raak nie oor hierdie goed nie.
2) Die 40 plussers. Soos ek. Ons het duisend vrae in ons koppe.
3)Die ouer manne, wat klaar deur hierdie goed is, en waarskynlik dikwels
instemmend gaan knik, en vir ons lag, ons dalk selfs jammer kry.
Waarvan praat ek?
MIDLIFE CRISIS!! Of jy het dit, of jy het dit gehad, dit kom...of jy wil
of nie.
En hoekom dan nou die
gesprek?
Groep1:- dat jy nou al die regte besluit maak.
Groep 2:- om dalk nou dinge te verander.
Groep 3:- Om dan ten minste te berus by waar jy ook al nou staan.
Wat gebeur in hierdie
tyd van 'n man se lewe?
Jy begin tel hoeveel jaar jy oor het voor jy 60 is.
Jy probeer die tyd briek soos iemand wat deur sy groot hond vir 'n stappie
geneem word.
Jy begin snaaks aantrek, kam naarstigtelik jou bles toe en dra funny
skoene.
Jy VERPES dit as 'n mooi meisie jou "oom" noem, en probeer
verduidelik dat jy nog nie die titel verdien nie, en trek die heel tyd jou
maag in as jy met haar praat.
Jy oortuig jouself ( en jou vrou), dat die motorfiets 'n puik idee is.
(Lig op brandstof, jy weet?)
Aangesien dit nog net 5 jaar is voor die kinders uit die huis is, is die
Z3 iets wat jy al lankal "verdien". En dan ry jy alleen met hom
rond, vernaam Sondae as die res van die familie kerk toe gaan.
lY kry vir jou kar 'n nommerplaat met jou naam op.
Soveel vir die ligtelike goed.
Maar wat gebeur op 'n ernstiger noot?
Jy het spyt (regrets) oor wat jy nie behaal het nie.
Teleurgesteld in jouself omdat die toekomsplanne nie gerealiseer het nie,
en vang dan die simpelste goed aan om dit dalk tog nog te maak werk.
Jy vervang hierdie onvergenoegdheid in jou met verkeerde dinge.
Jou ego word geweldig gestreel deur die jong dingetjie by die werk wat jou
prys oor jou "wysheid".
'n Derde party begin die plek inneem van jou gesin, bv sport (golf?),
materiële dinge, werk, en dan selfs 'n ander vrou.
Jy sien jou vrou as oor die muur en jou kinders as 'n ondraaglike
irritasie (tieners).
Jy rassionaliseer jouself uit jou verhouding met die Here uit, en raak
totaal afvallig.
Begin ernstig wonder of daar ooit sin in die lewe is, en of dit die moeite
werd is om aan te gaan. Dan word jy depressief en oorweeg jy soms dalk
selfmoord.
Alles kom tot niks, sê
die Prediker, tot niks.
As bogenoemde waar is in
jou lewe, het jy nog nie gesnap wat 'n uitmuntende tweede helfte is nie.
Iemand het gepraat van "ending well".
Die goeie nuus is, as jy slim is, kan dit hierdie naweek verander. Jy hoef
net na jouself te kyk, en wat jy bereid is om saam te neem in jou tweede
helfte in.
Hierdie fases in 'n man
se lewe is alte bekend en voorspelbaar
Voor twintig is die lewe sorgeloos en roekeloos. (Ready to conquer the
world). Ook die tyd wat jy besluit jy gaan op 40 aftree en dan heeldag op
die strand lê. SURPRISE SURPRISE. Dis die tyd wat die meeste manne
bankrot verklaar word.
Daarna begin hierdie ongelooflike gejaag in die "ratrace" na
status en mag. Jy neem jou gesin saam op hierdie dolle jaagtog en dink
"ek gaan dit maak". Direkteur voor 35. Party maak dit, en besef
dan met 'n skok dat dit jou doodmaak, en wil dit nie hê nie; Ander maak
dit nie, en begin in hulleself keer en kwyn weg tot niks.
Na 40 begin die gerem aan tyd, die onvergenoegdheid en dan die mislukte
huwelik. Dan flop die tweede helfte jammerlik.
WAT IS IN DIE BOKS?
In jou boksie is 'n klompie dinge. Huwelik, werk, status, roem, Jesus,
rykdom, godsdiens, gesin, geld, huis, kar,"speelgoed", sondes,
posisie, kwalifikasies, 3de party, sport, vriende, ens.
Al hierdie dinge kan nie saam wees in jou lewe (jou boks) nie. Party stoot
ander uit, hef mekaar op en vernietig mekaar. Net jy sal weet wat daar
hoort en wat nie. Dink net vir 'n oomblik watter van hierdie dinge verhoed
'n goeie tweede helfte, en wat hou jou vas in 'n ongelukkige eerste
helfte. Wat moet terugstaan? Wat moet plek maak vir iets anders? Wat moet
bykom? Wat moet uit?
'n Maklike toets sou
wees:- Wat sou jou vrou en kinders sê as jy hulle mening vra?
Ek glo jy weet self, want
dit is wat na jou toe teruggekaats word as jy self daaraan dink. Jou
gewete vertel dit waarskynlik in elk geval vir jou.
Prakties:- Haal die
papiertjies uit jou boksie uit en oorweeg wat daarop staan. Wat is in jou
boks (wees eerlik), en wat moet uit? Dit wat moet uit, is wat verhoed dat
jou lewe beweeg van:-
ordinêr, na voortreflik
ongelukkig na gelukkig
depressief na vrolik
eerste helfte na tweede helfte
Haal die goed uit jou boks uit wat nie daar hoort nie, en kyk wat gebeur
in jou huwelik en gesinslewe.
Neem elke papiertjie uit die boksie en besluit wat dit vir jou werd is.
Wat van hierdie dinge is jy bereid om saam te neem in jou tweede helfte
in?
Kom ons kyk hoe hierdie dinge ons beinvloed?
Werk
As jy dit "gemaak" het, is jy tevrede daarmee?
As jy dit nie "gemaak" het nie, kan jy dit aanvaar?
Het die gejaagdheid die gewenste resultate gelewer?
Moet jy dalk vir eens en vir altyd vrede maak met jou omstandighede?
Moet jy dalk 'n tree terug gee?
Moet jy dalk "bold" wees en sommer 'n nuwe opwindende koers
inslaan?
Iemand beskryf 'n volmaakte werksituasie as:- "Jy sal dit wat jy nou
doen selfs sonder vergoeding doen"
Huwelik en gesin.
Is jy lief vir jou vrou? Is jy lief vir jou kinders?
Hou jy van jou vrou?
Hou jy van jouself?
Het jou kinders 'n pa?
Maak jy tyd vir jouself, sonder om jou gesin af te skeep?
Het jy 'n Geestelike mentor?
Die Here.
Hou jy stiltetyd?
Het jy enigsins 'n Geestelike lewe?
Stry jy teen sondes in jou lewe?
Het jy 'n Geestelike toekomsplan?
Weet jy of jy hemel toe gaan?
Soms moet ons stilstaan en
kyk wat die prioriteite in ons lewens is.
As al die bogenoemde dinge in plek is, kan jy sê jy is in 'n suksesvolle
tweede helfte.
Dit is nou die tyd om te gaan stilstaan, diep asemhaal, en in die
wegspringblokke te kom van ordinêr, na voortreflik. Van eerste helfte, na
tweede helfte.
STAYING IN THE GAME, BUT ADJUSTING THE PLAN.
Weet egter een ding, geld
gaan dit nie vir jou doen nie. Ek ken min ryk gelukkige manne, Nog minder
ouens wat op die punt gekom het dat hulle besluit hulle het nou genoeg
geld gemaak.
Ongeag van hoe oud jy is, kan jy steeds oorskakel na 'n voortreflike
tweede helfte.
IT'S TIME TO JUMP, PERHAPS
BACKWARDS!!!!
Hoe sou jy wou hê moet jou geliefdes jou onthou?
Kom ons skryf gou 'n grafskrif:-
Wat sou jou familie daarop sit? "'n Goeie man, maar geen pa of
huweliksmaat"
Wat sou jou baas daarop sit? "'n Uitmuntende werker, selfs ten koste
van sy familie. Hy het my lekker ryk gemaak"
Jou vriende? "Hy kon lekker grappe vertel, en hy het maklik 'n rondte
betaal, hy was daar vir ons"
Wat sou die Here daarop sit? "Ek ken hom nie" (Matt 7 : 23)
Wat sou jy daarop sit? " "
Dink 'n paar oomblikke hieroor en skryf neer wat jy graag daarop sal wil
skryf.
HIER RUS __________ . " "
'N SUKSESVOLLE TWEEDE HELFTE IS NET MOONTLIK AS JESUS HEEL BO IN DIE BOKS
IS.
Met Jesus in die boks MOET 'n paar ander dinge uit. Die res moet in die
regte balans wees, elkeen met sy regmatige plek, sonder om iets anders te
vernietig.
IS JY REG VIR 'N UITMUNTENDE TWEEDE HELFTE?
Pred 12
: 1 "Dink aan jou Skepper in jou jong dae, voor die swaar dae kom,
die jare aanbreek waarvan jy sal sê: "Ek het daar niks aan nie"
TERUG
NA KAMP-ONDERWERPE
|