Ek het die
voorreg om op mannekampe lesings aan te bied, en stel graag hier van dié
lesing-opsommings beskikbaar. Die onderwerpe is nie noodwendig net vir
mans nie, en sal vir enige iemand van toepassing wees. Die lesings is
gewoonlik in 'n Bybelstudie formaat, waar die skrifgedeeltes ingelees
moet word, en waar daar geleentheid is om vrae persoonlik te beantwoord,
lewens-besluite te neem en "commitments" te maak.
Mag daar iets hier wees wat jou kan help om
in jou verhouding met Jesus te groei.
~ Willem |