HANTERING VAN KOMMER EN PROBLEME

Wat is die definisie van bekommernis?s
Almal van ons beleef daagliks bekommernisse en probleme. In 'n neutedop kan ons sê dat almal met dinge worstel wat voel of dit buite ons beheer is.

'n Paar tipiese bekommernisse waarmee ons almal deesdae worstel
Finansies
Ongesonde huwelik
My werksituasie
Gesondheid
My en my gesin se toekoms
My kinders
Ons land se toekoms

Lees 2 Kor 11:27 - 28 oor Paulus se bekommernis
Paulus skryf in 2 Kor 11:27 - 28 oor sy bekommernisse:
"Daar was vir my harde werk en swaarkry, dikwels nagte sonder slaap, dikwels honger en dors; en dikwels was ek sonder kos, sonder skuiling of bedekking teen die koue. Behalwe dit alles was daar nog die daaglikse bekommernisse, die besorgdheid oor al die gemeentes."

'n Paar basiese feite oor bekommernis
Minder as 5% van dinge waaroor ons bekommer, is regtig 'n probleem.
Bekommernisse is dikwels net 'n slegte gewoonte.
Aan die meeste dinge waaroor ek my bekommer kan ek niks doen nie.

Wat sê die bybel oor bekommernis?
Pred 2 : 22 - 23
Matt 6 : 25 - 34
Spr 12 : 25
Pred 11 : 10
1 Kor 7 : 32
Fil 4 : 6

Fil 4 : 7 stel vrede as teenvoeter vir bekommernis
"En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus."

Wat steel jou vrede?

Die woord vrede kom voor in die woord tevrede.

'n Vinnige selftoets:- antwoord die volgende vrae vir jouself eerlik.

Is jy tevrede met:-

Jou werksituasie (salaris, jou baas ens)
Lees Pred 2 : 17 - 19

Jou vrou
Lees Spr 5 : 15 - 21

Jou finansies
Lees Spr 30 : 8 - 9

Jou kinders
Jou self
Jou toekomsvisie

Baie mense hou nooit op jaag nie. Sy kinders presteer nie goed genoeg nie, sy vrou hou nie by nie. Die sporte by die werk kan net nie hoog genoeg nie.

Al hierdie dinge dra by tot opbou van spanning, ongelukkigheid, onvergenoegdheid, onvrede en geen vreugde. Uiteindelik word dit probleme wat ek nie kan hanteer nie en dit word nie verwerk nie.
DAARNA NOEM ONS DIT STRES.

Hoe hanteer ek dan hierdie probleme en bekommernisse?
'n Paar praktiese wenke:

Verstaan dat kommer nog nooit 'n probleem opgelos het nie.
Dit help absoluut niks om wakker te lê oor probleme nie.
Kry al die feite wat nodig is oor die saak
Kyk na die rekord. Besluit of hierdie saak enige kommer werd is.
Moenie saagsels probeer saag nie. Los 'n ding agter jou en hou op tob.
Tel jou seëninge, nie jou probleme nie.
Wanneer die noodlot 'n minus na jou toe stuur, verander dit in 'n pluspunt.
Sien probleme eerder as 'n uitdaging.
Sien ander se nood raak en raak daarby betrokke, dan word jou probleme gewoonlik baie kleiner.
Los die probleem onmiddelik op as jy die nodige feite het, moenie toelaat dat dit buite beheer groei nie.
Verander wat jy kan, aanvaar wat jy nie kan verander nie.

'n Praktiese metode om 'n probleem op te los
Besluit wat dit is wat jou op die oomblik die meeste onderkry:-
Antwoord die volgende vier vrae oor die saak en bedink dit.

1) Wat is die probleem?

Defineer in jou eie woorde presies wat jou kwel. Bedink al die feite wat jy tans oor hierdie saak beskikbaar het.

2) Wat is die oorsaak van die probleem?
Verwoord in detail al die inligting wat jy hieroor beskikbaar het.

3) Wat kan ek nou daaraan doen?
Besluit of daar enige stappe is wat jy nou kan neem om die probleem te verlig. Miskien kan die probleem nie ten volle opgelos word nie, maar dalk word die proses ten minste aan die gang gesit.

4) Wanneer gaan jy daarmee begin?
Maak vandag die "commitment" om dadelik aan die probleem aandag te gee.

Ten slotte
Onthou, soms word 'n probleem opgelos deur bloot al die feite te kry.
Soms moet ek die onvermydelike aanvaar
Soms moet ek die eerste stap neem
Bid daaroor, maar moenie nalaat om jou kant te bring nie.
Vertrou die Here om jou te help met 'n oplossing.

 

TERUG NA KAMP-ONDERWERPE