GEHOORSAAM
GOD IN GELOOF
"Is jy seker?"
WAT SOU HIERDIE
STELLING VIR JOU BETEKEN: "Gehoorsaam God in geloof" ?
Gehoorsaam om te glo (Heb 11:1)
Gehoorsaam om gered te wees (Joh 6:47)
Gehoorsaam om te doen (Gal 3:12)
Gehoorsaam om te leef (Heb 10:39)
NIE ALLE GELOOF RED NIE: Geloof vs Ateïsme / Godsdienstigheid
Wat glo 'n gelowige?
Wat is godsdiens beoefening?
Wat glo 'n ateïs?
Wat glo 'n Christen / geredde?
Wie van hierdie drie gehoorsaam wat, of wie?
DIE GELOWIGE
'n Gelowige kan 'n gevaarlike ding wees.
Die Moslemgeloof is 'n "geloof", wat beteken dat daar een of
ander rede moet wees om dit na te volg.
Baie "Christene" is gelowig op dieselfde manier as 'n Moslem:-
· Omdat dit lyk of dit die regte ding is om te doen
· Omdat jou ouers jou so geleer het
· Omdat jy nie van beter weet nie
Die probleem met
bogenoemde is dat daar wel 'n ewigheidsperspektief is, maar geen sekerheid
nie, met 'n "mogge troffe" mentaliteit. Vir die meeste wat dit
so doen, is dit selfs lekker om van iets deel te wees!!
GODSDIENS BEOEFENING
Boedisme en Hindoeisme val per definisie in hierdie groep. Die primêre
doel om die organisasie aan te hang het weining te doen met 'n
ewigheidsperspektief, of met jou saligheid. Daar word gepraat van
innerlike vrede, 'n "goeie" lewensstyl, liefde vir almal, ens.
Baie "Christene"
is baie besig met Godsdiensbeoefening:-
· Omdat die gemeenskap daarvan hou
· Omdat ons ouers dit so gedoen het
· Omdat ons nie die Woord van God verstaan nie
ATEÏSME
Ateïsme beteken VERSEKER nie die afwesigheid van geloof nie. Dit is 'n
geloof opsigself, want dit beteken dat hy teen alles moet glo. Elke mens
het 'n ingeboude soeke na 'n opperwese, sonder enige kennis of insig soos
ons in die Sondagskool geleer het.
Baie Christene se
lewensuitkyk kan met dié van 'n ateïs vergelyk word:-
· Hulle verstaan nie die erns van God se plan nie
· Besef nie dat daar 'n keuse gemaak moet word nie / glo nie regtig in
die hel nie
· Ignoreer dag vir dag die stem van God
So 'n "Christen"
is nie op pad hemel toe nie!
WARE CHRISTENSKAP (GELOOF WAT RED)
'n Wedergebore Christen se lewe bevat wel elemente van "Geloof"
en "Godsdiens beoefening". Maar daar is iets meer. 'n
Wedergebore Christen weet dat "om God te gehoorsaam in geloof"
'n dieper betekenis het, en ons gaan daarna kyk aan die hand van 'n risiko
analise.
'n "Gelowige" glo 'n risko analise is nie nodig nie, want ek glo
mos aan iets.
'n "Godsdienstige" glo ek doen genoeg
'n Ateïs glo hy gaan nêrens na afsterwe nie
'n Christen verstaan die uiteinde, en maak 'n keuse
Risiko kan maklik bereken word
Risiko = waarskynlikheid x
gevolg
Risiko
Die kans dat iets sleg kan gebeur, en besef dat Saligheid is per default
nie daar nie. Die wete dat ek dalk nie die ewige lewe kan haal nie. Die
besef dat daar meer as een uitkoms kan wees, waarvan net een die regte een
is.
Waarskynlikheid
Jou kans om die Lotto te wen is 1 uit 14 000 000! Jou geld wat jy neersit
is dus onder geweldige risiko. Jy gaan dit HEEL WAARSKYNLIK VERLOOR. Mense
speel die Lotto omdat die GEVOLG volgens hulle nie baie groot is nie.
Daarom is die risiko klein.
Gevolg
Dis waar die probleem is. Die meeste mense besef nie die erns van hierdie
besluit -of gebrek aan besluit - nie.
It's too awfull to contemplate!
Eers as mens die gevolg verstaan, besef jy hoe groot die risiko is. (Gal
3:10)
Daar is 'n hel en 'n hemel, ongeag of jy dit glo of nie!
Daar is "Christene" wat dit nie gaan maak nie, ongeag of jy dit
glo of nie. (Matt 7:22 - Nie almal wat vir my sê Here Here nie……….)
Hoe lyk jou som?
Wiskundige beginsels sê dat enigiets maal 0 = 0. Die gevolg van die
verkeerde besluit kan nooit verander word nie, want DAAR IS 'n HEL!!
Gevolg kan nooit 0 wees nie.
Al wat ons kan doen is om die WAARSKYNLIKHEID af te dek. Maak dit 0 en die
risiko is weg!!
HOE DOEN EK DIT?
Deur God op Sy Woord te neem.
Joh 1:9 "Almal wat
Hom aangeneem het, die wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van
God genoem te word."
1 Joh 5:12 "Wie die Seun het, het die lewe. Wie nie die Seun van God
het nie, het ook nie die lewe nie."
Joh 6:47 "Dit verseker ek julle, wie in My glo, het die ewige
lewe."
Openb 3:20 "Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand My stem
hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die
feesmaal hou, en hy saam met My.
GEHOORSAAM GOD IN
GELOOF
Nou weet jy waarheen jy
gaan, maar wat gebeur intussen, tot jou aardse afsterwe?
God vra vir jou om in
gehoorsaamheid te leef!
· Om heilig te wees. 1 Pet 1:16 "Wees heilig, want Ek is
heilig."
· Doen wat Hy jou beveel. Matt 28:19 "Gaan dan na al die nasies toe,
en maak die mense My dissipels"
· Weet Hy kan jou gebruik, net soos jy is. Heb 4:15 "Want ons het
nie 'n Hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een
wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde."
Moses, Dawid, Gideon, Jona, Ragab. Mense wat nie volmaak is nie, maar God
gebruik hulle.
· Wend jou talente aan tot eer van Sy Naam (Moenie jou talente onder die
maatemmer sit nie)
· Koning, Priester en Profeet van jou huis te wees.
Loop in Jesus se voetspore
Joh 14:6 Jesus antwoord hom: "Ek is die Weg en die Waarheid en die
Lewe….."
Doen soos God vir jou wys
om te doen. Gebruik Jesus as voorbeeld.
Joh 5:17 "En Jesus het hulle geantwoord: My Vader werk tot nou toe,
en Ek werk ook."
Joh 5:19 - 20 "Jesus het toe geantwoord en vir hulle gesê: Voorwaar,
voorwaar Ek sê vir julle, die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die
Vader dit sien doen nie. Want alles wat Hy doen, dit doen die Seun ook net
so. Want die Vader het die Seun lief en toon Hom alles wat Hy self doen.
En groter werke as hierdie sal Hy Hom toon, sodat julle verwonderd kan
wees."
Joh 14:12 "Wie in my glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen."
KEN GOD
SE WIL, OORDINK SY WOORD DAG EN NAG, EN VOLG IN SY VOETSPORE. LEEF NABY
AAN DIE HERE EN WEET DAT HY JOU KAN - EN WIL - GEBRUIK. ONS IS DIE MENSE
WAT NA DIE HEMELVAART AGTERGEBLY HET. HY WIL JOU STUUR!!!
TERUG
NA KAMP-ONDERWERPE
|