GELOOFSEKERHEID

* GLO JY REGTIG?
Skryf neer wat jy glo.

* HET JY AL 'n DAMASKUS ERVARING GEHAD? Hand 9 : 3 - 6
Was daar 'n punt in jou lewe waar jy:-
1) 'n Eerste ervaring gehad het (bekering).
2) Dalk na jare van kerkmens die Here uiteindelik aangeneem het as jou verlosser.
3) Dalk geleidelik in jou lewe na die Here gegroei het.
4) Dink jy dalk jy is gered maar is nie seker nie.
5) Weet jy miskien dat jy NIE gered is Nie.
6) Maak dit miskien nie vir jou saak nie.

* WAT GLO JY?
Akommodeer jy in jou gedagtes bloot die bestaan van 'n god / God?
Is Hy regtig vir jou 'n werklikheid?

Ken jy vir Napoleon Boneparte?
Het jy al van hom gelees, met hom gesels? Watter invloed het hy op jou lewe?
Het jy hom al gesien?
Met hom gesels?
Foto's gesien.
Glo jy dat hy gelewe het.

Ken jy vir Bill Gates?
Beinvloed hy jou lewe?
Hy kos jou geld.
Jy is dalk jaloers op hom.
Dalk bewonder jy hom.

Ken jy vir Robert Mugabe?
Is jy dalk bang vir hom?
Het hom al gesien?
Jy het 'n spesifieke dunk van hom. (Miskien haat jy hom).

Ken jy jou eie Pa?
Loop 'n pad saam met hom, is lief vir hom, staan in 'n lewendige verhouding met hom.
Kan hom aan iemand voorstel. Sien hom, praat met hom, bewonder hom OMDAT JY HOM KEN!!
Maar ook liefde!!

Hierdie bg. mense is regtig 'n werklikheid vir jou.

WAT VAN DIE HERE? - KEN JY HOM?
Nog nie gesien nie.
Gelees van Hom in die mees invloedryke boek in die geskiedenis.
Maar wat van 'n lewende verhouding.
Hoor jy Sy stem? Ervaar jy Sy liefde? Doen jy wat Hy vir jou sę om te doen?

* KAN JY SEKER WEES?
1 Joh 5:13b

* IS JY SEKER? Skryf neer.
Het jy al by die punt in jou lewe gekom dat jy REGTIG weet dat jy sal hemel toe gaan?

* WAT MAAK JOU SO SEKER? Skryf neer.
Hoekom sal jy vir die Here sę moet Hy jou in Sy Koninkryk toelaat?

DIE EWIGE LEWE IS 'n GRATIS GESKENK!!! (Rom 6:23)

* KAN JY ONVOORWAARDELIK 'n GESKENK AANVAAR? (Ef 2 : 8 - 9)

* DOEN JY SONDES? (Rom 3:23)
Skryf jou sondes neer op 'n stukkie papier.
Wat is die definisie van sondes?
Jak 4:17 - As jy weet wat jy moet doen maar jy doen dit nie, is dit sonde!

* WIE IS DIE GOD?
As ouers moet ek en jy ons kinders se oortredinge straf al is dit nie lekker nie - so moet God ons straf vir ons oortredinge (en volgens Rom 6:23 is die loon van die sonde die dood) want Hy is 'n regverdige God, maar Hy wil ons nie straf nie, want Hy het ons lief (1 Joh 4:8 - God IS liefde)

* WAT SĘ DIE BYBEL OOR JESUS CHRISTUS? (JOH 1:1 & JOH 1:14)
Jesus is God sowel as mens!

Wat het Jesus kom doen? Vir ons sondes gesterf en opgestaan uit die dood.

ALLES KAN NET VERKRY WORD DEUR GELOOF!

Glo soos die duiwels? Jak 2:19 - NEE
Tydelike geloof soos vir die oplos van 'n krisis? - NEE

Totale oorgawe beteken kruisiging van jouself. Om Jesus onvoorwaardelik aan te neem as jou saligmaker!

MAAR WAT NOU?

Joh 6:47 sę dus dat jou redding lę slegs by jou eie keuse.
Kan ons dan sę dat jy met die verkeerde keuse jouself van die hemel diskwalifiseer?
Wil jy nie vanaand nog daardie keuse maak nie? Dalk weer by hernuwing.

WAT IS DIE BELONING VAN HIERDIE KEUSE?
Openb 3:20 Kyk na nie belofte!
Openb 2:17 Medalje?

VIR WIE ALMAL IS DIE HEMEL BESTEM?
1 Joh 5:12
Jesus en net Jesus!!
Ander gelowe het al probeer om die hemel te "nasionaliseer"!!

Joh 1:12
Maar aan almal wat Hom aangeneem het, die wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word!

 

TERUG NA KAMP-ONDERWERPE