MAN,
JY IS SPESIAAL
Voel jy nie ook dikwels
ontoereikend - so asof jy nie 'n bepaalde doel het nie, of God jou nie
hoor nie en Hy jou nie aanvaarbaar vind nie?
Natuurlik sit satan dikwels agter hierdie gevoelens van ons, want sy
magtigste wapen is jou eie gewete.
KAN JY JOUSELF VERGEWE?
Die Satan probeer jou konstant aan jou verlede herinner a.g.v:-
· Sondes
· Verkeerde besluite
· Verkeerde keuses
· Ongehoorsaamheid
HOE SIEN DIE HERE JOU?
Ps 8 : 6
"U het hom net 'n bietjie minder as 'n hemelse wese gemaak en hom met
aansien en eer gekroon."
2 Kor 5 : 17
As jy aan Christus behoort, is jy 'n nuwe mens.
Jes 49 : 16
Hy sal jou nie vergeet nie, want jou naam is in Sy handpalms gegraveer.
DIE HERE KEN JOU
Ps 139 : 1 - 6
Hy sien dwarsdeur my
Hy ken my gedagtes
Hy ken al my weë
Hy weet wat ek gaan sê
Hy omsluit my van alle kante
Hy neem my in besit
Hy is vêr bokant my begrip
DIE HERE HET JOU HAARFYN BEPLAN
Matt 10:30 Hy weet presies hoeveel hare is op jou kop
Jer 1 : 4-5 Hy ken my nog selfs voordat ek in die moederskoot gevorm is
Hy het my en jou saam met die skepping beplan
Hand 17 : 26 Hy het selfs bepaal waar jy sal woon
Ps 139 : 14 Hy het jou presies gemaak soos Hy jou wou gehad het (op 'n
wonderbaarlike wyse!!!)
DIE HERE HET JOU AANMEKAARGESIT, ATOOM VIR ATOOM
· Hy het jou gemaak net soos jy is
· Net soos hy jou wou hê
· Met 'n bepaalde doel / om jou te gebruik
DIE HERE IS
ONBESKRYFLIK LIEF VIR JOU
1 Joh 4 : 16 Ons kan Sy liefde ken
1 Joh 4 : 19 Ons kan nou ook liefhê omdat God ons eerste liefgehad het
1 Joh 3 : 1 JY IS 'N KIND VAN GOD - WANT HY HET JOU GEMAAK (atoom vir
atoom)
Matt 7 : 11 Hy het jou selfs meer lief as jou aardse pa!
DIE HERE VERSORG JOU
Ps 71 : 6 Hy het jou gehelp en beskerm vanaf die dag van jou geboorte
Deut 32 : 10 Die Here omhels jou, Hy vertroetel jou soos Sy oogappel
Eks 33 : 12 Ek ken jou op jou naam; Ek is jou goedgesind!
Jak 1 :17 Elke gawe en elke volmaakte geskenk kom van bo
Ps 37 : 4 Hy wil vir jou gee wat jou hart begeer
Ef 3 : 20 Hy is magtig om oneindig meer te doen as wat ons kan bid of dink
Deut 33 : 27 Sy arms is altyd onder jou
Ps 34 : 21 Die Here sorg vir die hele liggaam
DIE HERE IS DAAR VIR
JOU
2 Tes 2 : 16-17 Hy bemoedig en versterk jou
2 Kor 1 : 3 - 4 Hy ontferm Hom oor jou / Hy gee uitkoms / Hy help jou in
allerlei moeilikheid / Hy maak jou ook bekwaam om dit vir ander te doen
Ps 34 : 18 Hy red jou uit jou benoudhede
Jes 40 : 11 Hy dra jou in Sy arms soos 'n herder sy lammetjie
Openb 21 : 4 Hy droog al die trane van jou oë af
Rom 8 : 31 Hy is vir jou, wie kan dan teen jou wees!!
ALLES, SELFS TEN SPYTE
VAN JOU SONDES
2 Kor 5 : 19 Hy hou nie jou oortredinge teen jou nie
1 Kor 13 : 5 Die liefde hou nie boek van die kwaad nie (en God is mos
liefde)
GOD HET UITDRUKKING
GEGEE VAN SY LIEFDE DEUR SY SEUN JESUS CHRISTUS
2 Kor 5 : 18 Hy het ons deur Christus met homself versoen
1 Joh 2 : 23 As jy vir Jesus erken, erken jy die Vader
1 Joh 4 : 9 Hieraan weet jy wat liefde is, Hy het jou sy Seun gegee
LAAT JY DIE HERE TOE OM JOU SPESIAAL TE LAAT VOEL?
Jes 43 : 1 Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne
God wil daar wees vir jou
Jy moet Hom toelaat
Satan sal dit probeer keer!
GOD SE HELE WESE IS
LIEFDE
Dit is nie net 'n karaktertrek nie, dit is Sy wese / GOD IS LIEFDE
As Hy dan nie Sy liefde op jou kan uitstort nie, op wie dan?
Sefanja 3 : 17
DIE HERE JOU GOD IS BY JOU
HY, DIE KRYGSMAN WAT JOU RED,
HY IS VOL VREUGDE OOR JOU
HY IS STIL-TEVREDE IN SY LIEFDE
HY JUBEL EN JUIG OOR JOU
DIE HERE SIEN WAARDE IN JOU, AL SIEN DIE WERELD DIT NIE
Die Bybel sê"-
Dawid was 'n man na God se
hart, ten spyte van………..
Moses was God se vriend, ten spyte van………..
Ek en jy kan dieselfde sê, ten spyte van……..
AS DIE
HERE JOU VERGEWE MOET JY MOS JOUSELF OOK VERGEWE!!!!
MAAR……… MAAK KLAAR MET JOU VERLEDE.
WEES JY NET JY, SOOS
DIE HERE JOU GEMAAK HET
"Wees jy net jy" - deur Leon Ferreira
Eers het jy hard probeer
Om meer te wees soos Dawid
Koning wat regeer
Heers asof jy betaal is
Salomo in sy grysheid
Lewensgroot rolmodel
Deel met jou sy allerwysheid
En jy hoor hoe hy vertel:-
Koor
Wees jy net jy, soos die Here jou gemaak het
Wees jy net jy, ja jy mag selfs jou eie smaak hê
Wees jy net jy, want daar's net een van jou
Jy's gemaak op 'n bloudruk, alles is haarfyn beplan
Die ou in jou is nogal oulik
So kom wees jy net jy
Ek weet wat jy bedoel
Jy voel soms so eenkant
Kry jy ook die gevoel
Jy staan hier aan die alleenkant
Ek wil hê jy moet mooi hoor
Hoor wat ek probeer sê
Luister nou met 'n fyn oor
Jy's gemaak net soos Hy jou wou hê
Koor
Wees jy net jy, soos die Here jou gemaak het
Wees jy net jy, Ja jy mag selfs jou eie smaak hê
Wees jy net jy, want daar's net een van jou
Jy's gemaak op 'n bloudruk, allles is haarfyn beplan
Die ou in jou is nogal oulik
So kom wees jy net jy
TERUG
NA KAMP-ONDERWERPE
|