|
AS
JY OP DIE WATER WIL LOOP, KLIM UIT DIE SKUIT UIT Matt 14 : 26 - 31
En toe die dissipels Hom op die see sien loop, word hulle ontsteld
en sę: Dit is 'n spook! En hulle het geskreeu van vrees. Maar Jesus het
dadelik met hulle gespreek en gesę: Hou goeie moed, dit is Ek! Moenie
vrees nie. En Petrus antwoord
Hom en sę: Here, as dit U is, beveel my om op die water na U te kom.
En Hy sę: Kom! Petrus klim toe van die skuit af en loop op die
water om na Jesus te gaan. Maar toe hy die sterk wind sien, het hy
bang geword; en toe hy begin sink, roep hy uit en sę: Here, red my!
En Jesus het dadelik Sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesę:
Kleingelowige, waarom het jy getwyfel? Is
jy tans tevrede met jou lewe in terme van:-
Aan die hand van bg 6 elemente vd lewe:-· Wanneer het jy in jou lewe al in geloof uit die skuit geklim? ·
Is daar elemente
van jou lewe waar jy dink jy nog in die skuit vassit? ·
Hoekom verduur ons
soms maar net ons omstandighede? ·
Vir hoe lank in jou
lewe gaan jy nog vasbyt in dinge wat jy weet verkeerd is? ·
Wat verhoed dat JY
uit die skuit klim? Hoekom klim ander so maklik uit die skuit? ·
Het die Here al
dinge op jou pad gebring wat jy geweier het, omdat jy te bang is om uit
die skuit te klim? ·
Wat
is die verskil tussen n rede en n (vrot) verskoning? 1Kron 4:10Jabes
het die God van Israel aangeroep met die woorde:-
Stort U seën oor my uit, vergroot my grondgebied,
neem my
onder U beskerming en weerhou onheil van my sodat geen smart
my tref nie! God
het laat gebeur wat hy gevra het. ·
Wat
dink jy is God se reaksie as ons konstant Sy uitnodigings en geleenthede
weier? Wat
beteken dit om op die water te loop? ·
Om
oorwinning te kry oor AL die fasette van jou lewe waar jy nog water trap.
Geestelik, finansieël, huwelik, verhoudinge, sondes, bedieninge, ens. ·
Om uit die skuit te klim beteken om sake reg te maak, en nie weg te
hardloop van probleme nie. ·
Om jou huweliksmaat gelukkig te maak deur reg te begin optree. ·
Om jou werkgewer te respekteer en te werk asof vir die Here. ·
Om jou geldsake te bestuur soos wat die Here vir ons leer, en te
aanvaar dat dit Sy geld is. ·
Om voluit in n bediening betrokke te raak. ·
Om te besef dat die lewe verby gaan, en die beste te maak met die
tyd wat oor is. ·
Om oorwinning te kry oor die sondes wat jou nog terughou. ·
Deur
jou oog op Jesus gerig te hou en nie op die stormwinde van die lewe nie. Toe
Petrus op die water loop en begin sink, was Jesus daar om sy hand te vat.
Jesus se reaksie was dat hy kleingelowig was en eerder na die stormwind
gekyk het, as na Jesus. Die
vraag is egter:- Hoe het hy
teruggekom in die skuit?
Geswem, het Jesus hom gedra, of gesleep deur die water? OF HET HY
DALK OP DIE WATER GELOOP? HET HY JESUS TOE DALK SOVEEL VERTROU DAT HY DIE
WATER EN SWAARTEKRAG OORWIN HET? Plaas AL jou geloof en vertroue in Jesus. Jy sal verstom wees waartoe jy in staat is!!!Neem vandag n besluit oor wat jy bereid is om verder te verduur, of wanneer jy uit die skuit gaan klim.
|