'N
ONOOPGEMAAKTE GESKENK IS NUTTELOOS
Wat is 'n geskenk?
Dalk iets wat jy graag wil hê, of dalk nie
Soms ongewens
Wil nie altyd aanvaar nie
Nie altyd wat jy graag wil hê nie / nie jou passie nie
Dalk te goed om waar te wees
Help veel jy het dit, maar gebruik dit nie
Wat maak ek met 'n
ongewenste geskenk wat ek nie regtig wil hê nie?
Word deel van die pakkamer
Pas dit nie goed op nie
Wys dit vir niemand nie / dalk word ek selfs daardeur
"embarrass"
Gebruik dit nie, maar gooi dit ook nie weg nie
Wil ook nie die skenker seermaak nie
Wat van daardie geskenk
wat ek regtig begeer, maar wat toegemaak bly?
Het geen voordeel aan die gebruiker nie
Hou net aan begeer
Kan niks daarmee doen nie
Verander niks aan my lewe nie
So is die geskenk van
God se genade vir elkeen wat dit gebruik
Ef 2 : 8 - 9 "Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof.
Hierdie redding kom nie uit julleself nie, dis is 'n gawe van God. Dit kom
nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op
homself trots te wees nie."
Gegee, betaal, gratis, 'n geskenk.
Die vraag is, het jy al hierdie geskenk gevat, dit aanvaar en oopgemaak?
Indien nie, bly dit 'n toegemaakte, nuttelose geskenk wat gaan stof
opgaar.
Watter nuwe 4 x 4 sal
jy graag wil hê?
Sê nou iemand gee dit vir jou, sal jy dit aanvaar?
Wat het jy nodig om die volle potensiaal van hierdie geskenk te ontsluit?
'n Sleutel gee jou toegang tot die geskenk, en :-
· Maak jou die wettige eienaar
· Gee jou toegang tot die gebruik van die voertuig en al die funksies
· Laat jou deel hê aan al die pret wat daarmee saamgaan
Die geskenk word dus nuttig.
Hoe lyk die sleutel
waarmee jy die lewe aanpak?
· So klein plastiek sleuteltjie? 'n Plastiek sleuteltjie gaan saam met 'n
plastiek karretjie.
· Die verkeerde sleutel vir die voertuig?
· Die sleutel sonder die afstandbeheer (vir die immobiliseerder)?
Die verkeerde sleutel maak die geskenk nutteloos.
Jesus is die sleutel
waarmee ons die volle potensiaal van die lewe ontsluit
Joh 10 : 9 - 10 "Ek is die ingang; as iemand deur My ingaan, sal hy
gered word. Hy sal in en uit gaan en weiding kry. 'n Dief kom net steel en
slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in
oorvloed."
Die vraag is:- Hoe sien
jy die potensiaal van hierdie "Sleutel" ?
So klein plastiek sleuteltjie? Onmagtig? Praat ons nog van "Liewe
Jesus"?
Lê die sleutel in 'n laai en doen niks? Bybel onder in die kas?
Soms weet ons nie waartoe hierdie Sleutel in staat is nie.
Joh 6 : 35 Maar Jesus sê vir hulle: "Ek is die brood wat lewe gee.
Wie na My toe kom sal nooit weer honger kry nie, en wie in my glo, sal
nooit weer dors kry nie".
Ons besef nie dat hierdie Sleutel toegang tot alles gee nie.
Om die sleutel egter
rond te swaai, beteken nie jy het die voetuig nie
2 Tim 3 : 5 "Hulle sal nog die uiterlik skyn van die godsdiens hê,
maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie."
Om die Sleutel te besit
en reg te gebruik, ontsluit die volle potensiaal, met al die funksies.
Joh 14 : 6 - 7 Jesus het vir hom gesê: "Ek is die weg en die
waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe, behalwe deur My nie.
As julle My ken, sal julle my Vader ook ken. En van nou af ken julle Hom
en sien julle Hom."
Volle toegang maak dat al die vermoëns van die voertuig gebruik kan
word
4 x 4 met difflock vir opdraendes, chassis twisters, los gruis. Elke
moontlike hindersins kan oorkom word.
Matt 11 : 28 - 30 "Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is,
en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is
sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My
juk is sag en My las is lig."
Al die recovery toerusting is ingesluit, al die lekker aksies.
Neem die
Sleutel, en kry alles. Sonder die Sleutel is daar niks.
Maak die geskenk oop, gebruik dit, spog daarmee, lewe daarmee, dis klaar
betaal.
GENIET DIT!!!!
TERUG
NA KAMP-ONDERWERPE
|