 Wat 
			beteken seën vir jou? As jy vra vir God se seën, wat vra jy? As jy 
			sê: Here seën my, wat is dit wat jy verwag? Wat sou jy sê is die 
			definisie van seën en wat verwag jy van die Here as Hy jou seën? Ek 
			het hierdie vraag vir so 30 van my vriende gevra en omtrent 60 
			antwoorde gekry. Ek vertel jou later meer daaroor.
Wat 
			beteken seën vir jou? As jy vra vir God se seën, wat vra jy? As jy 
			sê: Here seën my, wat is dit wat jy verwag? Wat sou jy sê is die 
			definisie van seën en wat verwag jy van die Here as Hy jou seën? Ek 
			het hierdie vraag vir so 30 van my vriende gevra en omtrent 60 
			antwoorde gekry. Ek vertel jou later meer daaroor.
			Dink jy ons kan aanspraak maak op 
			die Here se seën? As die seën dan ontbreek, waar lê die fout? Lees 
			wat met Jakob gebeur by die Jabbokdrif terwyl hy op pad is om met 
			Esau te gaan vrede maak:
			Gen 32:20(b)-32
			Verder moet julle ook nog sê: Jakob kom agter ons aan. Hy wil aan 
			u onderdanig wees.” Jakob het naamlik gedink: met die geskenk wat 
			voor my uit gaan, sal ek probeer om hom in 'n goeie bui te kry. Dan 
			sal ek na hom toe gaan en miskien ontvang hy my dan vriendelik. So 
			is die geskenk voor Jakob uit gestuur, maar hy het die aand in die 
			kamp oorgebly. Die nag het hy opgestaan en sy twee vrouens en sy 
			twee persoonlike slavinne en sy elf kinders gevat en deur Jabbokdrif 
			gegaan. Nadat hy hulle deur die rivier gevat het, het hy ook alles 
			wat hy besit, laat deurgaan. Jakob het alleen daar agtergebly, en 'n 
			man het tot dagbreek met hom gestoei. Toe die man agterkom dat hy 
			nie vir Jakob kan wen nie, het die man, terwyl hy met hom stoei, vir 
			Jakob teen die heup geslaan sodat dit uit die potjie gespring het. 
			Die man het vir Jakob gesê: “Los my, want die dag breek.” Jakob het 
			geantwoord: “Ek sal jou net los as jy my seën.” Toe vra die man: 
			“Wat is jou naam?” en hy antwoord: “Jakob.” Die man het gesê: “Jy 
			sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel , want jy het teen 
			God en teen mense 'n stryd gevoer en jy het dit end-uit volgehou.” 
			Toe sê Jakob: “Sê my tog jou naam,” en die man vra: “Waarom vra jy 
			my naam?” Hy het vir Jakob net daar geseën, en Jakob het die plek 
			Pniël genoem, “want”, het hy gesê, “ek het God van aangesig tot 
			aangesig gesien en tog het ek nie omgekom nie.” Net toe Jakob by 
			Pniël verbygaan, het die son opgekom. Jakob het mank gebly aan sy 
			heup, en daarom eet die Israeliete tot nou toe nie die senuweebondel 
			wat aan die heup vaskom nie, want die man het vir Jakob teen sy heup 
			geslaan, op die heupsenuwee. 
			
			Dis ’n baie interessante stuk waar Jakob met ’n man in geveg is. Wie 
			was daardie man gewees? ’n Engel? ’n Hemelse wese? Of was dit God 
			self? Dit klink of dit nogal ’n stewige geveg was, van net na 
			middernag tot dagbreek. Volgens die Bybel blyk dit dat dit met God 
			self was met wie hy gestoei het en Jakob het dit besef, daarom dat 
			hy sê: “Ek het God van aangesig tot aangesig gesien en tog het ek 
			nie omgekom nie.” Dis interessant dat die Bybel in vers 25 sê dat 
			die man, toe hy agterkom dat hy nie vir Jakob kan wen nie, hom op 
			die heup geslaan het. En hy het vir Jakob gesê: “Los my, want die 
			dag breek.”” Toe sê Jakob: “Ek sal jou net los as jy my seën” en net 
			daar seën die Here vir Jakob. 
			Jakob het besluit hy gaan die Here 
			nie los voor Hy hom seën nie. Nou wonder ek: Waarvoor gryp jy die 
			Here vas en sê: “Ek sal U net laat los as U my seën”?
			Die woord “seën” kom in 132 tekste 
			in die Bybel voor en meer keer in Genesis as in enige ander van die 
			boeke van die Bybel. Die woord “geseën” kom 93 keer voor en ook die 
			meeste in Genesis. Dan kom die woord “seëninge” en “geseënd” ook nog 
			voor.
			Die eerste seën wat treffend is, 
			is in Gen. 1:28: Toe het God hulle geseën en gesê: “Wees vrugbaar, 
			word baie, bewoon die aarde, bewerk dit en heers oor die skepping”.  
			Aanwas is dus ’n seën, om die aarde te bewoon en te bewerk (werk!) 
			is ’n seën, om te heers oor dit wat aan ons gegee is, is ’n seën. Ek 
			en jy is geseënd as ons hierdie dinge kan doen. Is jou werk vir jou 
			’n seën of ’n straf? Hier staan nie: bewerk die aarde in die beste 
			omstandighede vir die meeste geld nie. Jy is geseënd as jy werk het, 
			as jy kán werk. Party mense het ’n werk en ander het net  ’n  “job”! 
			As jy werk lewer jy ’n uitset en word moeg. ’n “Job” is waar jy 
			“demand” en waar jy nie ge-“fire” kan word nie. Dis nie ’n seën nie.
			
			Kyk hierdie mooi seën wat in Gen. 
			12:1-3 opgeskryf is:
			Die Here het vir Abram gesê: 
			“Trek uit jou land uit, weg van jou mense en jou familie af na die 
			land toe wat Ek vir jou sal aanwys. Ek sal jou 'n groot nasie maak, 
			Ek sal jou seën en jou 'n man van groot betekenis maak, en jy moet 
			tot 'n seën wees. Ek sal seën wie jou seën, en hom vervloek wat jou 
			vervloek. In jou sal al die volke van die aarde geseën wees.” 
			
			As ek dit in Willem-vertaling kan weergee, dan sê dit: Ek sal jou 
			seën sodat jy ander kan seën. Die Here seën jou en my sodat ons weer 
			seën kanale kan wees. Ons is óf ’n dam, óf ’n rivier. As ek ’n dam 
			is, hou ek alles wat na my toe kom, ek gaar alles op, dit maak my 
			gierig en ek sê: myne, myne, myne! As ek ’n rivier is, vloei die 
			seën deur my, dit verander my lewe, ek word aangeraak, ek pluk die 
			vrugte daarvan, maar dit loop ook deur na ander wat óók die vrugte 
			daarvan kan pluk en ook geseën word. 
			1 Kron. 4:10 het ook ’n wonderlike 
			seën: 
			Jabes het die God van Israel 
			aangeroep met die woorde: “Stort u seën oor my uit, vergroot my 
			grondgebied, neem my onder u beskerming en weerhou onheil van my 
			sodat geen smart my tref nie.” God het laat gebeur wat hy gevra het.
			
			Die seën waarvoor hier gevra word 
			(en wat die Here laat gebeur!), is:
			·